Bekostigbare jag geleentheid - Tomburke rigting Swartwater op R572
Posted: Wed May 08, 2024 12:07 pm
Ek adverteer hierdie namens my broer - kontak hom direk indien u belangstel om by hom te jag teen sy baie redelike pryse.
HEIN GELDENHUYS BOERDERY
E-Pos: heing.bloemhof@gmail.com
Sel: +2776 453 6209
Rest. Bloemhof LR 10
Tomburke
0621
Limpopo
VAT/BTW No.: 444 011 4678.
2024 JAG PRYSLYS
01 Mei tot 31 Julie 2024
Spesie Vroulik Manlik Horing =>
Rooibok R1 200-00 R1 500-00 23" plus R3 500-00
Koedoe R4 000-00 R7 000-00 48" plus R20 000-00
Vlakvark R1 000-00 R1 000-00
Zebras R4 500-00 vir beide geslagte.
Nota: Pryse is BTW uitgesluit.
GEEN ANDER SPESIES MAG GEJAG WORD NIE
VOORWAARDES
Dag tariewe beloop R200-00 pppd selfsorg.
Geen onderskeid tussen dagfooie vir jagter en nie jagters nie.
Akkomodasie vir voorskool kinders is gratis.
Die jagters is verantwoordelik vir eie beddegoed, tioletpapier, eetgerei, kos en drank.
Bloemhof voorsien oornagfasiliteite met sonkrag ligte binne, beddens, gasstoof, gasyskas, tafels, stoele en koue water. Warm water kan op versoek verskaf word.
Een krat hout word voorsien – daarna kan sakkies hout aangekoop word.
Ons laai en slag die karkaste. Bloemhof beskik oor slaggeriewe en koelkamer waar karkaste verkoel kan word.
Verwerking van karkaste word op addisionele koste gedoen.
JAG VOORWAARDES
NB. Tree altyd eties korrek op en respekteer die natuur en alle geskrewe sowel as ongeskrewe jagreëls.
Geen aanry of bymekaarmaak van brandhout word toegelaat.
Gebruik beskikbare brandhout asseblief oordeelkundig.
Natuurlike artikels byvoorbeeld houtstompe, skulpe, voëleiers, kremetartvrugte, klippe, plante, skilpaaie ens. mag nie uit die veld verwyder of beskadig word nie.
Geen rommelstrooiing (Ingesluit sigaret stompies) of enige ander derglike aksies wat die natuur kan benadeel word toegelaat nie.
Misskote betaal u R500-00 per skoot.
Kwesskote betaal u VOL PRYS vir die bok.
Die term “Jagter” impliseer ’n persoon wat met sy eie wapen in ‘n jagkamp jag.
Wapen veiligheid is die jagter se verantwoordelikheid en in alle opsigte toepaslik.
Alle vuurwapens moet ontlaai wees op voertuie, in die jagkamp en by die slagplek.
Oop slot reël is die veiligste.
Inskiet van gewere mag slegs plaasvind op die aangewysde skietbaan.
Probeer asseblief die minimum skote afvuur. U geweer moet reeds ingestel wees voor u arriveer.
Geen jagter onder die invloed van drank sal toegelaat word om te jag nie.
Ons kuier in die kamp en jag in die veld, maar ons meng nie die twee nie.
Moet nie nader storm na ‘n skoot geskiet is nie. Gee die wild ‘n paar minute kans om weg te beweeg voordat u stadig en stil nader gaan.
Wapens word in die kluis toegesluit na jag sessies.
Jag vind plaas vanaf eerste lig tot 17:00.
Nagjag word onder geen omstandighede toegelaat nie.
Moet asseblief geen drank op enige stadium aan die gidse gee nie. ‘n Koeldrank, as u wil, is meer as voldoende.
Fooitjies vir gidse word aan die einde van die jag aan hul gegee.
‘n Magtigingsbrief sal aan u uitgereik word vir die vervoer van wild gejag.
Vervoer van vlakvark word op eie risiko gedoen.
Ek hoop en vertrou dat u ‘n aangename ervaring sal hê en ons Bosveld sal geniet.
BANKING DETAILS :
H Geldenhuys
ABSA SPAAR LEPHALALE
Branch : 334547
Acc Nr.: 938 0294 861