Baie positiewe ervaring by Honeydew DFO
Posted: Wed May 08, 2024 11:32 am
Ek deel graag dat ek vanoggend 'n baie aangename ervaring gehad het by die Honeydew SAPD se DFO. Ek het 'n kollega bygestaan met sy hernuwingsaansoek, en ons was baie vriendelik en hulpvaardig ontvang en gehelp. DFO's van ander polisiestasies kan gerus by hulle gaan kersopsteek oor hoe om die publiek te bedien. As jy dus in die Honeydew SAPD se jurisdiksie val, hoop ek jou ervaring is dieselfde. Die hele proses was binne 20min afgehandel.