Page 1 of 1

OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Mon Apr 29, 2024 8:51 pm
by Johann Marais
Hallo julle,

Ek sukkel my asem uit om my lading vir die 243 Win reg te kry om die OBT te toets.

Hy se vir my: Initial gas pressure higher than 10% Pmax, bullet lead time 10% Pmax (BLT) for OBT calculation and therefore invalid.

Hoe en wat verander ek om dit reg te maak. Ek sit met dieselfde probleem op die 22 Hornet met Sierra se 40gr punte.

Ek heg 2 skerm skote aan van my waardes.

Ek sal julle hulp erg waardeer.

Groete

Johann

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Mon Apr 29, 2024 8:53 pm
by Jacques.308
Jou kruit is te min en spoed te stadig

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Mon Apr 29, 2024 9:15 pm
by tripodmvr
@Jacques is reg. Druk is nog laag. Hier is my QL berekening wat Node 6 betref.
Johann Marais 243W S365 Vmax87.png

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Mon Apr 29, 2024 9:20 pm
by tripodmvr
Node 5 is nou naby 50K psi waar die dryfmiddel beter ontbrand. Dit kan dalk effe minder vat om die spoed te kry synde brandtempo soms met druk toeneem. Ek moet noem dat ek 2760vps as die spoed by 37,5gr gebruik het.
Johann Marais 243W S365 Vmax87 Node 5.png

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Tue Apr 30, 2024 8:12 am
by Gawie(13mm)
Ek volg die een.
Marius, Johan se spoed is met 'n Magneto by die tromp gemeet.

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Tue Apr 30, 2024 9:19 am
by tripodmvr
My keuse van 2760vps is gedoen omdat ek die laer spoed betwyfel. Met hoër druk kan die ES afneem en dan kan mens 'n beter spoed invoer.

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Tue Apr 30, 2024 12:25 pm
by Johann Marais
Jacques.308 wrote: Mon Apr 29, 2024 8:53 pm Jou kruit is te min en spoed te stadig

Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Hi Jacques, ek het gedink dit is waar een van die probleme le. Ervaar jy dit met al die ladings wat te laag is dat GRT so reageer?

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Tue Apr 30, 2024 12:37 pm
by Johann Marais
tripodmvr wrote: Tue Apr 30, 2024 9:19 am My keuse van 2760vps is gedoen omdat ek die laer spoed betwyfel. Met hoër druk kan die ES afneem en dan kan mens 'n beter spoed invoer.
Baie dankie Marius,

Ek is baie versigtig vir S365. Ek het met Gawie vanoggend gesels en hy het 'n paar van my bekommernisse die hok geslaan het rondom S365.

Ek waardeer jou input vreeslik baie. Ek sal vanmiddag daardie 2 ladings skiet en laat weet hoe dit gaan.

Groete

Johann

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Tue Apr 30, 2024 12:39 pm
by Johann Marais
Gawie(13mm) wrote: Tue Apr 30, 2024 8:12 am Ek volg die een.
Marius, Johan se spoed is met 'n Magneto by die tromp gemeet.
Baie dankie dat jy my gebel het en met my gesels het.

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Tue Apr 30, 2024 1:55 pm
by Stukkies
Hi
Vir die van julle wat graag meer wil weet van GRT, kan vir Riaan Schutte kontak. Hy en Cassie Nienaber wat gehelp het om GRT te ontwikkel bied 'n opleidings program aan spesifiek gemik op die GRT sagteware (Dit kos R700 vir die twee sessies). Ek het dit 'n maand terug gedoen en geweldig baie daarby baat gevind.

Riaan Schutte Gordons Reloading Tool
+27 82 908 8549

Re: OBT calculation op GRT - ek sukkel

Posted: Thu May 02, 2024 2:29 pm
by Johann Marais
Baie dankie vir al julle hulp. Ek gaan dit verseker probeer