Page 1 of 1

Nuwe Skerpskutter Wêreld Rekord deur Ukraine

Posted: Sat Apr 27, 2024 7:31 am
by Dumbluck
Ietsie vir die ELR manne.

Ukraine het die rekord weggeneem van die Canada, 3.8km.
https://www.ndtv.com/world-news/video-u ... ay-4591145
https://www.wsj.com/world/europe/ukrain ... s-2b1c820e

Die wildcat wat gebruik was is baie interessant, omtrent 'n kanon!
https://www.youtube.com/watch?v=zLEl6uG-aN8

Re: Nuwe Skerpskutter Wêreld Rekord deur Ukraine

Posted: Sat Apr 27, 2024 1:17 pm
by OosKaapJagter
Na die "Ghost of Kyiv" sage sal ek maar enigiets wat die spul in Oekraïene opdis met 'n knippie sout neem. Dit is mos wêreldwyd verkondig hoe een van hulle Mig 29 vlieëniers glo 6 Russiese vliegtuie afgeskiet het. Die oomblik toe dit behoorlik nagevors was, moes hulle erken dit was maar eintlik 'n mitiese figuur en die storie was bedoel om die moraal van die bevolking te lig.

Een van die eerste slagoffers in enige oorlog is die waarheid. Beide kante gebruik maar propaganda. Videomateriaal kan deesdae so maklik gemanipuleer word. Ek sê nie dit is onmoontlik nie, maar ek sal nie die storie vir die waarheid oorvertel nie........

Re: Nuwe Skerpskutter Wêreld Rekord deur Ukraine

Posted: Sat Apr 27, 2024 2:53 pm
by LUAN
OosKaapJagter wrote:Na die "Ghost of Kyiv" sage sal ek maar enigiets wat die spul in Oekraïene opdis met 'n knippie sout neem. Dit is mos wêreldwyd verkondig hoe een van hulle Mig 29 vlieëniers glo 6 Russiese vliegtuie afgeskiet het. Die oomblik toe dit behoorlik nagevors was, moes hulle erken dit was maar eintlik 'n mitiese figuur en die storie was bedoel om die moraal van die bevolking te lig.

Een van die eerste slagoffers in enige oorlog is die waarheid. Beide kante gebruik maar propaganda. Videomateriaal kan deesdae so maklik gemanipuleer word. Ek sê nie dit is onmoontlik nie, maar ek sal nie die storie vir die waarheid oorvertel nie........
Ek stem sal dit ook nie sommer glo. Oekraiene is eintlik outgunned deur die Russe maar die media sal vir jou n ander storie wil laat glo. Net soos hul jou wil laat glo n Ev moet jy nou kry want dit is die groen ding om te doen al moet daar baie diesel verbrand word om hom te kan charge. Koolstof dioksied is ook sleg vir ons so beeste sal moet uitgewis word want hul poepe veroorsaak dat daar te veel koolstof in die atmosfeer is. Insekte en plante sal jy moet vreet in die toekoms.

Sent from my SM-A245F using Tapatalk

Re: Nuwe Skerpskutter Wêreld Rekord deur Ukraine

Posted: Sun Apr 28, 2024 9:38 am
by Capt. Yoda
Ja nee

Re: Nuwe Skerpskutter Wêreld Rekord deur Ukraine

Posted: Sun Apr 28, 2024 2:55 pm
by Alwin
So op die oog af het die teleskoop se basis nie genoeg elevasie ingebou om te kan mik waar 'n 9 of 10 sekonde vlugtyd die A-Max gaan laat val nie. Daar is ook nie 'n Tarac Charlie of ander prisma om genoeg elevasie te gee nie.

Goeie propagandapoging. Ek vermoed hulle raak nou desperaat...

Re: Nuwe Skerpskutter Wêreld Rekord deur Ukraine

Posted: Sun Apr 28, 2024 4:26 pm
by Supacow
Darem is die rekord pryse vir komponente n werklikheid

Re: Nuwe Skerpskutter Wêreld Rekord deur Ukraine

Posted: Mon Apr 29, 2024 7:57 am
by Capt. Yoda
Daai keeper of the Royal Armories museum weet van ballistics omtrent wat juju van houtwerk weet