Page 1 of 1

Swart ryp datum

Posted: Sun Apr 14, 2024 9:15 pm
by ettiene.xtremetr
Wil graag uitvind by boere

1. Waar kan ek uitvind wat die ryp datum behoort te wees die winter. Woon in vanderbijlpark en moet groente toemaak.

2. Het ongeveer 2200 - beet, broccoli, uie, knoffel, spinasie en wortels in die grond wat baie goed groei. Gaan nou mulch met tef maar moet ek wel alles toemaak vir winter of net sekere.

3. Wat is beste metode en moet die cover daagliks gelig word voordat hul kan verder groei

4. Het 18 vrugte bome eerstejaar. Perske, appel, pruim, pomegranate en VY. Moet ek hul individueel ook toemaak vir winter of los voor ek hul af snoei teen augustus.

Dalk dom vrae en dankie vir voorreg om kenners te kan vra.

Sent from my SM-S908E using Tapatalk


Re: Swart ryp datum

Posted: Mon Apr 15, 2024 6:31 am
by Ds J
Swart ryp vind plaas onder sekere atmosferiese omstandighede. Iets veroorsaak dat die temperatuur baie vinnig ver val maar ek onthou dit nie nou nie.

Vind uit hoe dit werk en kyk dat jy daarvoor voorberei / gereed staan.

Re: Swart ryp datum

Posted: Mon Apr 15, 2024 6:55 am
by Fanta300

Re: Swart ryp datum

Posted: Mon Apr 15, 2024 7:01 am
by Fanta300
Skakel week nie lekker nie

Swart ryp kom voor as temperatuur onder vriespunt daal maar daar is nie genoeg vog in die lug om gewone ryp te vorm nie.

Re: Swart ryp datum

Posted: Mon Apr 15, 2024 9:25 am
by tripodmvr

Re: Swart ryp datum

Posted: Sun May 05, 2024 5:05 pm
by Fanta300
Lyk nie eers of ons wit ryp gaan kry hierdie jaar nie!!

Re: Swart ryp datum

Posted: Mon May 06, 2024 8:11 am
by win270
Dit bly besonder matig, veral die dae, maar selfs ook nagte. Hier is regtig groot veranderinge in die natuur aan die gang, onvoorspelbare gevolge en dit maak mens onrustig.

Re: Swart ryp datum

Posted: Mon May 06, 2024 12:43 pm
by Fanta300
Nee wat. Normale siklus wat al duisende jare aan die gang is. Almal blameer die CO2 in die atmosfeer. Kyk bietjie wat is die konsentrasie CO2 in die lug. Amper niks.

https://www.google.com/search?q=co2%20c ... MM&vssid=l

Re: Swart ryp datum

Posted: Mon May 06, 2024 1:47 pm
by win270
As mens GOOGLE kan glo . . .

The global concentration of carbon dioxide in the atmosphere – the primary driver of recent climate change – has reached over 400 parts per million (ppm) for the first time this year. The safe level of carbon dioxide in the atmosphere is 350 parts per million.