Page 1 of 1
Handwapen jag fotos
Posted: Wed Apr 10, 2024 2:00 pm
by Dries Skiet
Hi Manne. Ek het nou bietjie deur my fotos geblaai en gedink ek sal die met julle deel.
Ruger Super Redhawk .44Rem mag 9.5" loop, Leupold 4x scope, 300gr Horady XTP, 18.2gr S265 kruit
Rooibok op 20m by die kamp se hek geskiet
Kameelperd koei 60m van tweepoot stok
Wees veilig, bekruip saggies, skiet mooi.
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Wed Apr 10, 2024 2:04 pm
by Dries Skiet
Sal die jaar weer poog om iets vir die pot te skiet.
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Wed Apr 10, 2024 2:05 pm
by JAGTERSREG-JRM
Baie netjies deel bietjie meer van die kaliber en spesifikasies. Handwapen jag is n lekker uitdaging, het al paar diere gejag maar nog nie baie nie.
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Wed Apr 10, 2024 2:11 pm
by Dries Skiet
JAGTERSREG-JRM wrote: Wed Apr 10, 2024 2:05 pm
Baie netjies deel bietjie meer van die kaliber en spesifikasies. Handwapen jag is n lekker uitdaging, het al paar diere gejag maar nog nie baie nie.
Ek het so bietjie bygelas daar bo.
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Wed Apr 10, 2024 4:57 pm
by Capt. Yoda
Netjiese Camelhorse daai!
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Wed Apr 10, 2024 6:05 pm
by Lapua
Netjies gedoen. Baie geluk
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Mon May 13, 2024 10:28 am
by Drenalinjunkie
As ek mag bydra. Ek het ook so paar diere met my handwapens al gejag oor die jare.
Die kameelperd was planke toe met die eerste skoot uit my 454 Casull. Soos wat sy gehardloop het het ek wel n backup skoot geskiet maar dit was glad nie nodig nie. Eerste skoot was op die blad in en het op die oorkantste blad gestop. Die tweede skoot was op die regter boud agter in en ons het die koeel op die skouer links voor gekry. Ek dink mens kan die voldoende penetrasie noem.
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Mon May 13, 2024 10:28 am
by Drenalinjunkie
Nog so paar.
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Sun Jun 16, 2024 6:18 pm
by ThinusS
Nie 'n besonderse trofeë nie, maar 'n uitdagende jag, S & W mod. 19 .357 mag, 4" loop met oopvisiere, 158gr PMP JSP winkelpatroon, net onder 40 treë.

Re: Handwapen jag fotos
Posted: Sun Jun 16, 2024 6:59 pm
by ThinusS
Vlakvark, S & W mod. 19, 158gr LEE RF gegote koeël, 7 treë.

Re: Handwapen jag fotos
Posted: Sun Jun 16, 2024 9:41 pm
by Koos Barnard
Netjies Thinus!
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Mon Jun 17, 2024 6:13 am
by ThinusS
Dankie Koos. Ek verlang terug na die dae toe ek nog met oopvisier kon jag.
Re: Handwapen jag fotos
Posted: Tue Jun 18, 2024 3:24 pm
by vossie1
Baie geluk Thinus.