Suidwes roep!!

Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Suidwes roep!!

Post by Koos Barnard »

Dis 'n vaal en reënerige dag hier in Stilbaai. Ek het vroegoggend gaan stap en die laaste 600m of so terug huis toe in 'n motreëntjie gestap. Nadat ek klaar gestort het, het ek voor my rekenaar gaan sit en so 'n bietjie na jagfoto's begin kyk want ek verlang vandag erg na my geboorteland. By foto's van vriend Dolf de Wet se plaas (naby Grünau) het ek vasgehaak. Dis waar Dolf en Kinna in die verlede die bekende Withuis-gastehuis bedryf het (hul seun Dolf jnr, is deesdae in beheer daar). Dis 'n kaalgatwêreld, maar een waar jou siel kan rus in die groot stilte. En soos met sommige ander woestynagtige plekke is daar baie lewe... jy moet net mooi rondom jou kyk. Dolf se plaas, Mickberg, is een wat ek ontsettend baie geniet het. Bedags het ek te voet gejag en soms het ons in die nag gaan bokke oes want springbokvleis was altyd op Die Withuis se spyskaart.

Die droë lopies op Mickberg is jou vriende as jy daar jag. Jy moet maar kyk in watter rigting die springbokke beweeg en dan al met die droë lopies langs bekruip. Soms werk dit en soms nie. Omdat ek my skote tot ongeveer 250m beperk het daar, het dit soms harde bekruip gekos. Ek is nie 'n langafstandjagter nie, om bokke te snipe voel nie vir my soos jag nie. Dus het dit soms maar gesukkel, maar ek kon darem altyd my kwota vol skiet.

Hierdie ram is met my .243 vanaf die koppie in die agtergrond (Bakenkop) geskiet. As ek reg onthou was die afstand 243m.

My ou groot vriend Dolf de Wet en ek (hy hou die roer vas) by 'n gemsbokbul wat ek met my .243 geskiet het. Die afstand was 205m en die skoot is net agter die regteroor in. Die ammunisie? 70gr Sierra Blitzking. Ek het 'n dag of twee tevore ook twee koedoes met die .243 en dieselfde ammunisie geskiet. Die eerste was 'n groot bul ook seker op so 200m (ons het nie die afstand gemeet nie). Die skoot het net onder die linkeroog skuins van voor getref en die bul het op die plek geval. Hy het nog asemgehaal toe ons by hom kom en ons moes hom keelafsny. Ek was baie skrikkerig om die skoot te neem maar Dolf het gesê, "Skiet, hy sal val". Die koei is met 'n nekskoot van agter op seker so 150m geskiet.

Dolf is in 2021 aan Covid oorlede. Vir my 'n baie groot verlies want ons was groot vriende.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Sat Mar 16, 2024 8:36 pm, edited 1 time in total.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Suidwes roep!!

Post by Koos Barnard »

Nog 'n paar foto's

Dolf se Uri-spinnekopkar. Ek het die jagkar baie gebruik tydens my dae op Mickberg. Die springbokram is met my .223 Savage geskiet. Die afstand kan ek nie meer uit my kop onthou nie maar dit was seker ook in die omgewing van 150 tot 200m. Ek het 55gr Nosler BT gebruik. Een van die agterste waters op Mickberg is Adam se Water. Ek het altyd my bakkie of die Uri onder hierdie kameeldoringboom gelos en dan van die veepos af gejag. Met my terugkoms om die bakkie te haal om die bokke te gaan herwin het ek dan gewoonlik eers koffie gemaak en daar onder die boom gedrink.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Sat Mar 16, 2024 8:37 pm, edited 1 time in total.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Suidwes roep!!

Post by JohanvB »

Al die lekkerste kos by daai Withuis ge-eet!!
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 982
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Suidwes roep!!

Post by partner »

Baie dankies weer Koos. Vir lekker storie en fotos.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Suidwes roep!!

Post by sako 30-06 »

Dankie Oom Koos, dit klink na wonderlike herinneringe.
Jammer vir Oom se verlies.
Post Reply