Page 1 of 1
Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 11:39 am
by Basjan123
Hallo Almal,
Ek soek bietjie raad ek is in die mark vir bg Bakkie vir my dogter budget so R 400 000 Double Cab tot R 450 000 indien dit Extended Cab is. Ek myself ry Toyota , en ek moet bieg alle ry goed is net buitensporig duur. Is hier dalk Motor verkoop mense op Jaracal? Hulle kan my direk kontak 083 22 52 005...Ek hoor ek moenie na die ouer weergawe Ford met 2.2 Engins kyk nie. Ek is glad nie meganies aangele nie

so enige raad sal welkom wees.
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 11:49 am
by jdpretorius
Boeta jy kan n mooi 2de handse isuzu 2.5 kry vir daardie geld.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 12:05 pm
by Stefan Fourie
Kry verkieslik iets met 'n waarborg en moontlikheid vir extended warranty ook.
Indien moontlik, probeer uitvind of die voertuig ge-chip was, indien wel, hou verby.
Diegene wat Nissan mense ken, kan julle hulle asb afpers, dreig of moer om die Navara 'n extended cab te maak.
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 12:25 pm
by Koos Barnard
Ek het vir vyf jaar 'n extended cab-bakkie gery en alhoewel die bakkie my goeie diens gegee het, het ek tog al meer begin voel die extended cab is eintlik net vir mense wat seker is dat hulle nooit enige passasiers gaan wil vervoer nie. Jy het altyd die probleem dat as 'n derde of vierde persoon wil vervoer dit nie gedoen kan word nie... of liewer dit kan gedoen word maar dis onwettig en jy moet dus die spietkops dodge en die mense wat agter sit, sit bitter ongerieflik. Toe ek weer 'n dubbelkajuit koop, het ek gewonder hoekom ek so dom was om 'n extended cab te koop. Hy werk goed vir sekere jobs maar 'n dubbelkajuit werk beter. Dink dus goed of jy wel 'n extended cab wil hê.
Mooi loop
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 12:55 pm
by Basjan123
jdpretorius wrote: Mon Feb 26, 2024 11:49 am
Boeta jy kan n mooi 2de handse isuzu 2.5 kry vir daardie geld.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Dankie Johan jy moet meganies met my praat....ek is 'n pen pusher!!

Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 1:01 pm
by Basjan123
Stefan Fourie wrote: Mon Feb 26, 2024 12:05 pm
Kry verkieslik iets met 'n waarborg en moontlikheid vir extended warranty ook.
Indien moontlik, probeer uitvind of die voertuig ge-chip was, indien wel, hou verby.
Diegene wat Nissan mense ken, kan julle hulle asb afpers, dreig of moer om die Navara 'n extended cab te maak.
Dankie vir daai raad oor die chip besigheid en die waarborg is nogal belangrik vir my, ek ken iemand by Nissan maar hy is groter as ek!!

Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 1:06 pm
by JohanvB
Sjoe, ek like my extended cab, pas my soos ‘n handskoen!
Altyd plek vir een, ok miskien LOL!!
Double cab het seker sy plek, ons kampbakkie is double cab, verruil daai spasie met die agtersitplek uit vir niks!!
Passasiers, nee wat ry met jou bakkie!
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 1:17 pm
by Basjan123
Koos Barnard wrote: Mon Feb 26, 2024 12:25 pm
Ek het vir vyf jaar 'n extended cab-bakkie gery en alhoewel die bakkie my goeie diens gegee het, het ek tog al meer begin voel die extended cab is eintlik net vir mense wat seker is dat hulle nooit enige passasiers gaan wil vervoer nie. Jy het altyd die probleem dat as 'n derde of vierde persoon wil vervoer dit nie gedoen kan word nie... of liewer dit kan gedoen word maar dis onwettig en jy moet dus die spietkops dodge en die mense wat agter sit, sit bitter ongerieflik. Toe ek weer 'n dubbelkajuit koop, het ek gewonder hoekom ek so dom was om 'n extended cab te koop. Hy werk goed vir sekere jobs maar 'n dubbelkajuit werk beter. Dink dus goed of jy wel 'n extended cab wil hê.
Mooi loop
Hallo Koos dankie vir jou insette! Die enigste rede hoekom ek na die Extended Cab kyk is omdat ek die BTW vir besigheids doeleindes kan terug eis en my dogter-hulle het 'n Strarlet motor as hulle meer as 2 persone moet wees om iewers heen te ry. Op die stadium "verkrag" hulle die Starlet , want hulle travel nie lig nie, daars fietse wat saam karwei moet word etc....Ek besef ook dat die Extended Cab VS Double Cab die Double Cab eintlik die wenner is want loop kostes is maar dieselfde, net die BTW is die verskil!!
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 1:19 pm
by Basjan123
JohanvB wrote: Mon Feb 26, 2024 1:06 pm
Sjoe, ek like my extended cab, pas my soos ‘n handskoen!
Altyd plek vir een, ok miskien LOL!!
Double cab het seker sy plek, ons kampbakkie is double cab, verruil daai spasie met die agtersitplek uit vir niks!!
Passasiers, nee wat ry met jou bakkie!
As jy saam my wil ry met my Extended Cab kan jy altyd agter op sit!!!

Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 1:22 pm
by Basjan123
Ry iemand dalk die Isuzu 1.9 Extended Cab ? Enige terug voering oor die bakkies?
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 1:36 pm
by JohanvB
Basjan123 wrote: Mon Feb 26, 2024 1:19 pm
JohanvB wrote: Mon Feb 26, 2024 1:06 pm
Sjoe, ek like my extended cab, pas my soos ‘n handskoen!
Altyd plek vir een, ok miskien LOL!!
Double cab het seker sy plek, ons kampbakkie is double cab, verruil daai spasie met die agtersitplek uit vir niks!!
Passasiers, nee wat ry met jou bakkie!
As jy saam my wil ry met my Extended Cab kan jy altyd agter op sit!!!
Jy sien!!!
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 3:52 pm
by sako 30-06
Basjan123 wrote: Mon Feb 26, 2024 11:39 am
Hallo Almal,
Ek soek bietjie raad ek is in die mark vir bg Bakkie vir my dogter budget so R 400 000 Double Cab tot R 450 000 indien dit Extended Cab is. Ek myself ry Toyota , en ek moet bieg alle ry goed is net buitensporig duur. Is hier dalk Motor verkoop mense op Jaracal? Hulle kan my direk kontak 083 22 52 005...Ek hoor ek moenie na die ouer weergawe Ford met 2.2 Engins kyk nie. Ek is glad nie meganies aangele nie

so enige raad sal welkom wees.
Hallo Basjan
Ek is nie seker wie het jou die raad gegee oor die Ford nie, maar ek het n Ford Ranger DC 2.2 (2015 model). Die bakkie het 220 000km op die klok en ek het nog nie enige engine probleme gehad nie. As ek reg onthou was dit die 2.5 wat ratkas probleme gegee het, maar ek dink ook dit was die 2014 en ouer modelle. Kyk maar as jy koop of jy die vorige eienaar kan kontak, party manne ry mos maar n bakkie soos n GTI.
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 4:52 pm
by Wielie Waps
Ek ry die 1.9 Isuzu Ext Cab
Het al 90 000 kilos met hom gedoen en kan nie kla nie.
Nou wel nie swaar goed gesleep nie , maar vir elke dag ry is hy baie lekker.
Jy kan my kontak indien jy meer wil weet.
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 5:36 pm
by Capt. Yoda
Pel van my Pa se 2015 2.2 double cab Ranger loop nou nog op 579k km en daai bakkie ry weekliks met n vol vrag. Net gearbox onlangs vervang en hy gaan nog sterk
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Mon Feb 26, 2024 9:44 pm
by Basjan123
Dankie vir al die raad en info manne. Hoe is die 2de handse waarde van die Ford en Isuzu bakkies wat te sprake is. Ek weet uit ondervinding Toyota is redelik goed. Wielie Waps my sel no is 0832252005. Stuur my more net 'n boodskap en ek bel jou terug asb.
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Tue Feb 27, 2024 6:38 am
by jdpretorius
Boeta net my 1/2c ....ek hou van Toyota maar selfs hulle 2nd-hand waarde is bietjie rof. Hulle het ook n reputasie dat hulle gereeld gesteel word.
Die Ford het weer n bietjie issues gehaad met o.a. turbos wat kalf....so is baie katvoet vir hulle.
Ek ry nou my 3rde Isuzu en het die voriges verkoop met 320k+ km op...die laaste een was al 17 jaar oud, so ek kan nie kla oor betroubaarheid nie.
Amarok sou ek persoonlik ook na kyk.
Ns. Ek kan nog nie lekker vat plek kry aan die kleiner enjin nie, bv. die 1.9 lt .....dit voel net vir my of daardie klein enjin swaar werk met n groot body van n bakkie.
Ek doen altyd "due diligence" en bel die handelaars vir info oor die voertuig se vorige dienste. Met my laaste koop het ek die voorige eienaar ook bietjie ge "stolk" op FB om te sien of hy dalk windgat was met die bakkie en wat hy als met hom aangevang het.

.....manne like mos van brag.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Tue Feb 27, 2024 7:52 am
by Ds J
Ons leef in bakkiewêreld.
Die meeste boere het n dubbelkajuit of stasiewa as gesinsvoertuig, en n gewone enkelkajuit of verlengde kajuit vir n werkvoertuig.
Die dubbelkajuit se bak is te klein vir ernstige werk, en die verlengde kajuit werk regtig lekker as n mens gereeld waardevoller items moet saamry wat kan skade kry op die bak, bv n geweer, rekenaar, medisyne ens.
Ek het n gewone enkelkajuit, en die spasie agter die sitplek is soms net n bietjie knap om alles in te pas.
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Wed Feb 28, 2024 10:58 am
by Basjan123
Dankie manne waardeer die insette baie, lyk my ekt reg gekom met 'n extended cab Toyota. Ek is ook bekommerd oor die diefstal , genadiglik bly hulle op Graaf Reinete so dit is "stiller" daar as seker daar in die ander sentras , nie dat dit , nie kan of sal gebeur nie. Ek moet eerlik wees ek was baie jare terug 'n Isuzu man gewees, hulle doen dit nou glad nie meer vir my nie. Die looks is baie oudtyds selfs die binne ruim lyk bietjie afgeskeep. Dit is maar net my gewaar wording. Nogmaals dankie vir almal se insette!!
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Wed Feb 28, 2024 8:22 pm
by Francoisv
Ja die diefstal ding...Ek hoor gerugte van 240 per maand in Pretoria. Kan dit waar wees?
Sent from my CPH2359 using Tapatalk
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Thu Feb 29, 2024 1:03 am
by Ds J
Basjan123 wrote: Wed Feb 28, 2024 10:58 am
Dankie manne waardeer die insette baie, lyk my ekt reg gekom met 'n extended cab Toyota. Ek is ook bekommerd oor die diefstal , genadiglik bly hulle op Graaf Reinete so dit is "stiller" daar as seker daar in die ander sentras , nie dat dit , nie kan of sal gebeur nie. Ek moet eerlik wees ek was baie jare terug 'n Isuzu man gewees, hulle doen dit nou glad nie meer vir my nie. Die looks is baie oudtyds selfs die binne ruim lyk bietjie afgeskeep. Dit is maar net my gewaar wording. Nogmaals dankie vir almal se insette!!
Kry n lekker dik ou ketting, en trek hom oor met vrolike, bont plastiekpyp. Dan ryg sy die ketting deur die stuurwiel en die handvatsel by die deur, met n stewige slot.
Francoisv wrote: Wed Feb 28, 2024 8:22 pm
Ja die diefstal ding...Ek hoor gerugte van 240 per maand in Pretoria. Kan dit waar wees?
Dis ou statistiek

Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Wed Mar 06, 2024 2:01 pm
by Dries Skiet
Ek ry maar die Hilux 4.0 V6, niemand wil hom steel nie.
Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Wed Mar 06, 2024 4:40 pm
by Capt. Yoda
Dries Skiet wrote: Wed Mar 06, 2024 2:01 pm
Ek ry maar die Hilux 4.0 V6, niemand wil hom steel nie.
Want die sleg etters moet die petrol self koop

Re: Extended of Double Cab Bakkie
Posted: Thu Mar 07, 2024 9:28 am
by Dries Skiet
Net so.