Jakkalsroep

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
PJ8010VH
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Feb 20, 2024 4:23 pm

Jakkalsroep

Post by PJ8010VH »

Middag manne. Is noordwes net buite Rustenburg. Ek beplan om donderdag aand bietjie te gaan roep. Gaan vir die eerste keer my handheld thermal Hikmicro lynx lh15 probeer. Ek het n gewone foxpro patriot met die roepe wat ge pre-load met sa geluide is. Het julle dalk vir my enige raad wat dié tyd van die jaar in ons omgewing werk?
Byvoorbaat dank
Flip
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Jakkalsroep

Post by Francois Hugo »

Goeie dag,

Die jakkals praat is maar min deesdae op die groep, so as jy werklik goeie raad wil kry, gaan loer onder Tafjak se tips, dink ek was die onderwerp se opskrif....

Daar is werklik goeie raad.

Belangrikste is dat man seker maar eers 'n kursus of twee doen of saam met 'n ou hand uitgaan, voordat jy self begin roep, nie seker wat jou ondervinding is nie en wil ook nie prekerig oorkom nie. :(

Kos klanke werk goed die tyd van die jaar, met die jongetjies lekker op loop, sal jy verbaas wees hoe die spul mekaar probeer troef om eerste by die roeper te kom. Dis nou die jongetjies, die ou hande laat hulle nie sommer so flous nie. :(

Ek sal maar versigtig begin raak met jakkals klanke, aangesien ons al amper in Maartmaand begin kom.(soos al die ou hande op hulle kursusse aanbeveel) Maar dalk so effense gestoei onder die kwaaddoeners probeer na die einde toe, kan nog werk op die jonges en as jy gelukkig is op 'n "bekommerde" ma dalk.

My 2c soos die ou manne op die groep altyd reken, is om eerder nie uit te gaan nie, as jy nie ervare is nie.

Probeer dalk eerder 'n ervare man nader, om te kom jag as die nood druk. Doen dan self eers ondervinding opdoen op saam met 'n ou hand, (of kursus loop) Dit sal darem help dat jy nie beskuldig word van JY maak jakkalse slim nie. As jy self boer sal die raad dalk van die beter goed wees wat jy ontvang, oor watter klanke jy moet gebruik ;D , 'n skelm jakkals wat jyself slim gemaak het gaan jou en jou bure baie geld kos as jy met skaap boer. :(

Die roep is die maklike deel, die regte dinge doen om seker te maak jy kry die jakkals elke keer as hy wel inkom, is die eintlike moeilike deel van ongediertes jag. ;D

Hoop jy kom reg as jy wel al genoeg ge-oefen het!! ;D

Groete uit die Namakwaland

Francois Hugo
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkalsroep

Post by jaracal »

PJ
Daar is baie kleintjies wat nou rond hardloop so indien jy gaan roep probeer om op 'n oop land te staan. Jakkalse kan ontsettend vinnig inkom en met jou thermal kan jy hulle maklik mis as jy nie 'n groot genoeg afstand het wat hulle moet inkom nie.
Klein hasie klanke werk baie goed maar so ook jakkals geluide. Vlekkie D is veral goed om te hoor waar die jakkalse is en dan moontlik vandaan sal kom, so ook elsneus en mooihuil.

Roep min met baie stiltes ens sterkte. Maan is nogal vol nou so 4-5 dae na volmaan sal hulle jou nie maklik op 'n kaal land of oop deel sien nie.
Laat weet ons hoe jy gevaar het en plaas 'n paar fotos.

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Post Reply