Page 1 of 1

Het hulp nodig met hernu van wapen lisensie

Posted: Wed Jan 31, 2024 8:38 pm
by henning
Ek het nou regtig lanklaas die forum besoek maar hoop nou om hier raad te kry.
Ek moet nou my geweer se lisensie hernu maar haak vas met een gedeelte van my papier werk.
Ek het paar jaar gelede gejag en het nie nou kontak met n jag plaas om n uitnodiging te kry om te jag en julle weet ek het so uitnodiging nodig as deel van my wapen hernuwing lisensie aansoek.
Ek het n wilds plaas hier in die Wes Kaap genader om my van so jag uitnodiging brief te voorsien maar hulle het nie belangstelling nie.
Ek voel ongemaklik om sommer enige plaas te nader met so n versoek en weet nou nie hoe verder nie.

So my versoek hier is of iemand my kan raad gee by wie ek n uitnodiging om op n plaas te kan jag kan kry sodat ek die uitnodiging brief in my wapen aansoek kan sit.

By voorbaat dank
Henning

Re: Het hulp nodig met hernu van wapen lisensie

Posted: Wed Jan 31, 2024 9:08 pm
by Ds J
Henning, ek het vanaf 2000 slegs een keer n brief van n plaaseienaar aangeheg. Vat jou huidige roere, gaan skiet op n skietbaan, en gebruik daardie as bewyse dat jy skiet oefen.

Re: Het hulp nodig met hernu van wapen lisensie

Posted: Wed Jan 31, 2024 9:16 pm
by Alwin
As jy toegewyde status het, dan dien jou sertifikaat en lidmaatskapsertifikaat as bewys van aktiwiteite.

As jy geleentheidsjagter is, moet jy 'n ander bewys indien.
Ek glo een of meer van die volgende behoort voldoende te wees:
1. 'n paar teikens met gate in, ingescan en gedruk.
2. Jagfoto's of jagpermitte.
3. Fotostaat of foto van 'n baanregister met jou naam ens op.

Ek is seker jy kan 'n plan maak met iets wat binne die afgelope 10 jaar val?

Re: Het hulp nodig met hernu van wapen lisensie

Posted: Wed Jan 31, 2024 10:15 pm
by Eduard Venter
Naand oom Henning. Ek kan help met 'n uitnodiging om te jag. Kontak my op nul723345015

Groete

Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Het hulp nodig met hernu van wapen lisensie

Posted: Sun Feb 04, 2024 5:00 pm
by henning
Ek wil net hier op die forum se baie dankie vir Eduard.
Hy het my sommer baie gou reg gehelp met n uitnodigings brief. My bekommernis vinning op n einde.

Sien ook dat sy wilds pryse lyk baie redelik.

groete
Henning

Re: Het hulp nodig met hernu van wapen lisensie

Posted: Sun Feb 04, 2024 7:29 pm
by Capt. Yoda
Net jammer die man is altyd vol geboek