Page 1 of 1
Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Mon Jan 29, 2024 11:42 am
by Hano243
More Manne
Ek het n Winchester mod 70 watse kolf ek graag weer nuwe lewe wil gee en hom weer mooi maak. Dit was my oupa se geweer waarmee hy vir n groot meerderheid van sy lewe mee gejag het. Die kolf het nog die blink vernis laag op.
As julle dalk iemand kan voorstel wat die job kan doen, sal dit gaaf wees. Ek sou dit self doen, maar aangesien die geweer baie sentimele waarde het, wil ek dit graag reg en professioneel laat doen.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Mon Jan 29, 2024 12:38 pm
by J le Roux
Indien daar nie groot skade is nie sou ek jou motiveer om dit self te doen, juis agv. die sentimentele waarde.
Daar is baie inligting beskikbaar, en gereedskap bestaan 95% uit elbow ghries en geduld.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Mon Jan 29, 2024 1:15 pm
by Hano243
J le Roux wrote: Mon Jan 29, 2024 12:38 pm
Indien daar nie groot skade is nie sou ek jou motiveer om dit self te doen, juis agv. die sentimentele waarde.
Daar is baie inligting beskikbaar, en gereedskap bestaan 95% uit elbow ghries en geduld.
Die kolf self het nie rerig skade nie, jy kan maar net sien aan die duikies en krappies op hom dat hy al n paar keer in die veld was. Ek het nie veel kennis oor dit nie maar ek het wel op n paar hulpvolle posts af gekom hier op die forum.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Mon Jan 29, 2024 4:32 pm
by J le Roux
Dis jou besluit Hano. Orpen wapens net buite Rustenburg is darem nie vêr van jou af nie.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Mon Jan 29, 2024 5:35 pm
by tripodmvr
Skuur die vernis af, behandel die duike met stoom en water en gee die kolf dan 'n London Oil afwerking of iets soortgelyk.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Mon Jan 29, 2024 8:40 pm
by Ds J
Ek het dit al enkele kere gedoen. Hier is heeltemal genoeg inligting op die forum om dit self te doen. Vra gerus - die manne gee graag goeie raad. Die enigste redes om dit nie self te doen nie, is indien jy werklik onhandig is, óf allergieë het.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Mon Jan 29, 2024 9:28 pm
by Fanta300
Elke ou soen maar sy vrou op sy manier en ander ouens gaan nie met my saamstem nie maar hierdie manier werk vir my!
https://youtu.be/PKMzNfd-mXQ?si=eVaXpM7x8Apa2m1K
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 6:09 am
by Ds J
Die eenvoudigste teorie is baie maklik: skuur af en olie
Versigtig om nie vlakke of duike te skuur nie. Ek gebruik n lemmetjie om die vernis en ou vuilgoed te verwyder. Dan skuur ek versigtig af: 120 grit, 200 grit, en dan staalwol.
Daarna olie van jou keuse. Ek verkies die "london oil finish", maar dit is onnodige ekstra werk.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 8:15 am
by Hano243
Baie dankie vir almal se instette. Ek was maar net huiwerig om dit self te probeer siende dat dit n erfstuk is. Ekt klomp informasie al gekry so ek gaan dit n go gee.
tripodmvr wrote: Mon Jan 29, 2024 5:35 pm
Skuur die vernis af, behandel die duike met stoom en water en gee die kolf dan 'n London Oil afwerking of iets soortgelyk.
Oom Marius, is skuur die beter opsie om die vernis af te kry? Ek sien baie gebruik vernis vewyderaar of ander chemicals? Hoe werk die stoom en water om duike te handel?
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 9:17 am
by Capt. Yoda
Nee wat gooi hom paint stripper en borsel die checkering met n tandeborsel om te begin en daar na kan jy hom al hoe gladder skuur tot jy tevrede is, jy gaan jou moeg skuur om daai ou vernis af te skuur.
Jy vat n nat lap en sit dit op die merk/duik wat jy wil uit lig en hou dan n strykyster teen die nat lap sodat dit stoom, die stoom lig die duik dan uit en jy kan hom dan mooi skuur.
Om te oli kyk da na Oom Fanta se video link
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 9:35 am
by Toxxyc
Duram maak 'n "organic" paint stripper wat stadig werk, maar hy werk. Hy maak nie jou asem seer en brand orals waar hy raak nie. Dit kan werk.
Jy gaan na die tyd in elkgeval moet skuur. Ek sal aanbeveel jy skuur met die hand, met goeie skuurpapier, in stepping up grits - 120, 150, 180, 220, en laastens sal ek 'n goeie papier hier rondom 400 grit soek. Een velletjie van elk sal genoeg wees.
Jy kan die kolf olie of jy kan hom vernis. Hou net in gedagte dat as jy 'n olielaag opgesit het, jy nie weer 'n waterbasis finish kan opsit nie. Jy kan olie oor 'n waterbasis sit mits die waterbasis droog is, maar nie andersom nie.
Daar is BAIE goeie finishes vandag beskikbaar wat die werk maklik sal maak. Houtwerk is lekker, belonend en nie moeilik nie.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 9:46 am
by Hano243
Capt. Yoda wrote: Tue Jan 30, 2024 9:17 am
Nee wat gooi hom paint stripper en borsel die checkering met n tandeborsel om te begin en daar na kan jy hom al hoe gladder skuur tot jy tevrede is, jy gaan jou moeg skuur om daai ou vernis af te skuur.
Jy vat n nat lap en sit dit op die merk/duik wat jy wil uit lig en hou dan n strykyster teen die nat lap sodat dit stoom, die stoom lig die duik dan uit en jy kan hom dan mooi skuur.
Om te oli kyk da na Oom Fanta se video link
Dankie Cappie, ek waardeer.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 9:48 am
by Hano243
Toxxyc wrote: Tue Jan 30, 2024 9:35 am
Duram maak 'n "organic" paint stripper wat stadig werk, maar hy werk. Hy maak nie jou asem seer en brand orals waar hy raak nie. Dit kan werk.
Jy gaan na die tyd in elkgeval moet skuur. Ek sal aanbeveel jy skuur met die hand, met goeie skuurpapier, in stepping up grits - 120, 150, 180, 220, en laastens sal ek 'n goeie papier hier rondom 400 grit soek. Een velletjie van elk sal genoeg wees.
Jy kan die kolf olie of jy kan hom vernis. Hou net in gedagte dat as jy 'n olielaag opgesit het, jy nie weer 'n waterbasis finish kan opsit nie. Jy kan olie oor 'n waterbasis sit mits die waterbasis droog is, maar nie andersom nie.
Daar is BAIE goeie finishes vandag beskikbaar wat die werk maklik sal maak. Houtwerk is lekker, belonend en nie moeilik nie.
Dankie, as ek die vernis af het gaan ek hom net olie, sal nie weer die vernis roete gaan nie.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 1:19 pm
by J le Roux
Jy gaan dit baie geniet, laat weet ons hoe dit gaan.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 1:46 pm
by Lategan1
Vorige gesprek, dalk goeie info.
viewtopic.php?t=86101&hilit=Kolf+olie
Beste.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Tue Jan 30, 2024 5:46 pm
by Capt. Yoda
Nuutste nou is om jou kolf n epoxy laag te gee, manne gebruik Marine Tex wat in die hout in trek en jou dan n harde finish gee wat soos water lyk as hy droog is. Ek sal dit nou nie op een van my Walnut kolwe doen nie nie maar ek is baie lus vir so toets op n laminate maar ek wil hom eers bq kleur en dan met cleanwrap n afwerking gee
So iets, daai kolf is wel gespray met 2k automotive clear en nie epoxy nie maar dit is die afwerking wat jy kry met verf en cleanwrap wat jy jou kaas in toe draai
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Wed Jan 31, 2024 9:01 am
by Toxxyc
Hano243 wrote: Tue Jan 30, 2024 9:48 am
Toxxyc wrote: Tue Jan 30, 2024 9:35 am
Duram maak 'n "organic" paint stripper wat stadig werk, maar hy werk. Hy maak nie jou asem seer en brand orals waar hy raak nie. Dit kan werk.
Jy gaan na die tyd in elkgeval moet skuur. Ek sal aanbeveel jy skuur met die hand, met goeie skuurpapier, in stepping up grits - 120, 150, 180, 220, en laastens sal ek 'n goeie papier hier rondom 400 grit soek. Een velletjie van elk sal genoeg wees.
Jy kan die kolf olie of jy kan hom vernis. Hou net in gedagte dat as jy 'n olielaag opgesit het, jy nie weer 'n waterbasis finish kan opsit nie. Jy kan olie oor 'n waterbasis sit mits die waterbasis droog is, maar nie andersom nie.
Daar is BAIE goeie finishes vandag beskikbaar wat die werk maklik sal maak. Houtwerk is lekker, belonend en nie moeilik nie.
Dankie, as ek die vernis af het gaan ek hom net olie, sal nie weer die vernis roete gaan nie.
Hou ingedagte mens kry deesdae penetrating oil finishes wat na die tyd funksioneer soos 'n vernis, maar hy is nie 'n vernis nie. Woodoc se exterior en Marine sealants kom in my gedagtes op. Die goed sit maklik op en werk baie mooi. Jy kan ook kies tussen blink en mat en satin finishes, afhangend wat jy soek.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Wed Jan 31, 2024 10:51 am
by Hano243
Ek het gister so vinnig gekyk of die paint stripper die vernis af kry, lyk darem of dit die job sal doen. Ek sal so stuk stuk aan gaan met hom.
Ek het ook rond gekyk vir tru oil maar dit lyk vir my of dit n skaars item is.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Wed Jan 31, 2024 6:11 pm
by Fanta300
Champions in Vereeniging en Outdoor & Allsales in Meyerton het Tru Oil. Darem nie te vêr van jou af nie.
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Posted: Thu Feb 01, 2024 7:39 am
by Hano243
Dankie Oom Fantie. Ek kom darem redelik gereeld daar.