Page 1 of 1

Nuwe lid-David van Schalkwyk

Posted: Mon Jan 15, 2024 8:59 pm
by Viathevine
Naand Julle

Ek is deur 'n vriend aan beveel om hier aan te sluit. Ek geniet kamp,4x4,jag en vis vang...die dinge wat lyk my hier bespreek word. Ons is bevoorreg om is die Kaap te woon so kan ook nie anders as om ook deel te wees van ons wyn kultuur hier nie. Ek sien uit om julle raad te ontvang en deel te wees van bespreekings. (Ek ry 'n Ford en skiet met 'n 270, dus kan jul agter kom dat ek in 'n paar manne se oë heelwat het om te bespreek)

Re: Nuwe lid-David van Schalkwyk

Posted: Mon Jan 15, 2024 9:52 pm
by Rawstorne
Goeie naand David

Baie welkom by die forum!

Laai daardie 270, druk die Ford se neus Noord en kom jag in die Bosveld.

Re: Nuwe lid-David van Schalkwyk

Posted: Tue Jan 16, 2024 8:43 am
by tripodmvr
Baie welkom. (Ons sal die 270 en Ford oorsien op hierdie stadium). Kom gesels saam.

Re: Nuwe lid-David van Schalkwyk

Posted: Tue Jan 16, 2024 12:01 pm
by Friedland
Welkom maat. Ons sal die Ford oorsien, julle maak darem goeie wyn.