Page 1 of 1
KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 9:33 am
by avo
More,
net n vraag, my 9mm aansoek le nou amper 3 weke op - payment recieved-
Toe ek gaan navraag doen by DFO word daar vir my gese dat hulle eers n kluis inspeksie moet afhandel voordat my aansoek enigsins aangestuur word na provinsiaal..
Nou is die nou n nuwe ding?
kluis inspeksie word mos eers gedoen nadat jou lisensie goedgekeur is. Of is my dfo besig om net bietjie vakansie te hou...
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 9:41 am
by Aceofspades
Avo, sover ek dit het moet die kluis inspeksie vooraf gebeur. Party DFOs pas dit reg toe en ander nie. Local DFO is gelukig met net gedetaileerde fotos en 'n "kluis vorm". Ek kan nie onthou wat dit presies genoem word nie.
Sent from my BV8900 using Tapatalk
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 9:43 am
by Ratel
avo wrote: Mon Dec 11, 2023 9:33 am
More,
net n vraag, my 9mm aansoek le nou amper 3 weke op - payment recieved-
Toe ek gaan navraag doen by DFO word daar vir my gese dat hulle eers n kluis inspeksie moet afhandel voordat my aansoek enigsins aangestuur word na provinsiaal..
Nou is die nou n nuwe ding?
kluis inspeksie word mos eers gedoen nadat jou lisensie goedgekeur is. Of is my dfo besig om net bietjie vakansie te hou...
Nee die kluis inspeksie is deel van hulle werk voor hulle lisensie goedkeur. Ek twyfel egter baie sterk dat sulke inspeksies ooit gebeur. Wel met my het dit nog nie gebeur nie. Hulle is seker veronderstel om dit te doen en sekere DFO mag dalk streng wees daarmee. Het jy duidelike fotos van jou kluis met binnekant waar rollbolts geinstalleer is? Dit help ook om die reeks nommer en SABS merk fotos ook aan te heg by jou aansoek.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 9:56 am
by avo
yes ja alle nodige fotos is bygesit, en ek het al ander wapens op my naam en daar was geen probleme nie.
As jy op Saps website lees verduidelik hulle dat na jou lisensie geodgekeur is moet n beampte kluis inspeksie doen en nodige vorm word ingehandig by DFo en jy kry jou print out.
Maar die rondte is anders.. blykbaar n groot backlogg met die inspeksies ook nog...
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 10:07 am
by Ratel
avo wrote: Mon Dec 11, 2023 9:56 am
yes ja alle nodige fotos is bygesit, en ek het al ander wapens op my naam en daar was geen probleme nie.
As jy op Saps website lees verduidelik hulle dat na jou lisensie geodgekeur is moet n beampte kluis inspeksie doen en nodige vorm word ingehandig by DFo en jy kry jou print out.
Maar die rondte is anders.. blykbaar n groot backlogg met die inspeksies ook nog...
Ek vermoed DFOs het verskillende interpretasies oor wanneer moet wat gebeur. Miskien dalk die DFO op 'n mooi manier nader en vra hoe kan jy die proses versnel. 'n Ou wil ook nie hulle moerig maak dat hulle aspris langer vat nie.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 11:10 am
by DWB
Hier is die vorm:
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 11:50 am
by Johann Smit
More,
My 2c is dat kluis nie noodwendig SABS stempel hoef te hê nie.
Ek het met my eerste wapen, my eie kluis gebou, volgens SABS se voorskrifte. 3mm plaat wande, en 6mm deur, weggesteekte skarniere en die regte slot. My kluis is geinspekteer deel van my wapen aansoek, en goedgekeur. Ek het nou al Haelgeweer en 308 bygevoeg. Laasgeneomde is eers nou in Junie van 2023 aansoek gedoen voor, en ek het net gedetaileerde foto's gegee as deel van die aansoek. Nie inspeksie gedoen nie.
Verder, is Rawl Bolts nie nodig nie, maar coat screws ook aanvaarbaar. Solank die bout met 'n 17mm socket of spanner vasgedraai kan word.
Hoop dit help.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 12:41 pm
by Ratel
Johann Smit wrote: Mon Dec 11, 2023 11:50 am
More,
My 2c is dat kluis nie noodwendig SABS stempel hoef te hê nie.
Ek het met my eerste wapen, my eie kluis gebou, volgens SABS se voorskrifte. 3mm plaat wande, en 6mm deur, weggesteekte skarniere en die regte slot. My kluis is geinspekteer deel van my wapen aansoek, en goedgekeur. Ek het nou al Haelgeweer en 308 bygevoeg. Laasgeneomde is eers nou in Junie van 2023 aansoek gedoen voor, en ek het net gedetaileerde foto's gegee as deel van die aansoek. Nie inspeksie gedoen nie.
Verder, is Rawl Bolts nie nodig nie, maar coat screws ook aanvaarbaar. Solank die bout met 'n 17mm socket of spanner vasgedraai kan word.
Hoop dit help.
Ek weet ja oor die SABS. Wat ek probeer se is dat as jou kluis so 'n merk het dit voordelig is om dit in te sluit by die foto. CFR hou van prentjies kyk eerder dan lees.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 2:13 pm
by avo
dankie, ek gaan more terug met die form en dalk n streetwise 2.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 6:46 pm
by OosKaapJagter
Ek verstaan dat streng gesproke moet jou DFO 'n kluis inspeksie doen. Nie almal is egter ewe fluks nie....
As jy dus namens hom/haar foto's neem en saambring is die meeste van hulle baie gelukkig met jou inisiatief.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 10:35 pm
by Cobus Wessels
Ek weet logika speel geen rol in ons reëls nie - maar sekerlik maak inspeksie voor lisensie meer sin. Gelukkig kon ek nog altyd net goeie duidelike fotos gebruik.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Mon Dec 11, 2023 11:43 pm
by Ds J
Ons het tot nou toe altyd baie gewillige en bekwame DFO's gehad. Hulle het geweet dat dit baie makliker en vinniger is om die SAPS vorm te gebruik as om van huis tot huis te ry vir inspeksies.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Tue Dec 12, 2023 3:13 pm
by Forester
Paarl DFO doen inspeksies, dit het 'n paar weke by my wagtyd gesit.
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Thu Dec 14, 2023 7:39 am
by avo
Net so vir terugvoering, die lank en kort is dat daar nou maar gewag moet word tot die persoon wat aangestel is om die inspeksie te kom doen besluit hy wil dit doen. Daar is n skrywe deurgegee aan hulle dat elke aansoek deur dieselfde proses moet gaan [inspeksie] glad nie na provinsiaal gestuur mag word sonder die nodige dokumente wat anddui dat inspeksie gedoen is nie.
Hurry up and wait.....
Re: KLUIS INSPEKSIE..?
Posted: Tue Dec 19, 2023 9:49 pm
by Cobus Wessels
Ek is duidelik gelukkig en gaan definitief nie krap waar dit nie jeuk nie....maar tans loop lisensies vlot in baie van Pretoria se areas. Dankie aan die manne en dames wat die proses vlot hou. Kudos
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk