Page 1 of 1

Wors maak van maalvleis

Posted: Mon Dec 04, 2023 1:01 pm
by J le Roux
My boerewors is ongelukkig op en almal by die huis is ongelukkig daaroor. Ek sit met nog so 30 pakkies x 1kg gevriesde vacuumpack wildsmaalveis (met beesvet).

Het iemand al probeer om boerewors van maalvleis te maak? Ek glo die vleis/vet/speserye meng beter as dit saam gemaal word, maar hoe suksesvol kan dit wees om die speserye na die tyd by te voeg en te meng?

Ek hoor graag
Groete

Re: Wors maak van maalvleis

Posted: Mon Dec 04, 2023 2:57 pm
by Fanta300
Ons maal maar altyd eers ons vleis en meng dan alles in vir die wors. Werk 100!

Re: Wors maak van maalvleis

Posted: Mon Dec 04, 2023 3:17 pm
by Riaan Kriel
Jou proses sal seker wees om die maalvleis te ontvries, dan te meng met die speserye en die stopwerk te doen en dan weer pakkies wors te maak en weer te vries.

Al wat my pla is die ontvries en dan weer weer vries van die maalvleis... manne met meer ervaring van vleisbewerking as my beperkte kennis sal kan sê of dit moontlik 'n probleem kan veroorsaak

Re: Wors maak van maalvleis

Posted: Tue Dec 05, 2023 2:14 pm
by Dolf014
Jy kan so maak;
1. ontvries maalvleis
2. gooi lag maalvleis, dan bitejie spice.....herhaal
3. maal dan alles weer. Die meul meng die vleis en spices baie goed.
4. stop nou jou wors.

Ek dink nie die een keer ontvries en weer vries sal die vleis sleg maak nie.

Groet.

Re: Wors maak van maalvleis

Posted: Tue Dec 05, 2023 3:22 pm
by J le Roux
Dankie
Julle.

Ek sal beproef en laat weet.

Re: Wors maak van maalvleis

Posted: Wed Dec 06, 2023 9:53 am
by sako 30-06
Mince word gewoonlik fyner gemaal as boerewors, as jy dit weer gaan maal gaan dit dalk probleme veroorsaak.
Ontvries mince in die yskas, maak seker die mince bly koud en nie kamer temperatuur nie anders gaan die vet sag begin word.

Los jou speserye op in n water, gooi ys in sodat die mengsel yskoud is en meng dan in jou mince in. (Sal ook help om makliker te stop)
Meng dit mooi deur maar moenie die vleis oorwerk of saampers nie.

Re: Wors maak van maalvleis

Posted: Wed Dec 06, 2023 1:44 pm
by Willie
Ek gebruik ook Sako 30-06 se metode en dit werk 100% vir my

Re: Wors maak van maalvleis

Posted: Thu Dec 07, 2023 3:34 pm
by Methos
Ek is besig om 'n biltong, droëwors en boerewors besigheid te begin hier in Frankryk. Ek bestel gemaalde bees brisket by my local butcher - ek het vir hom die 20-80 vet ratio verduidelik - dan meng ek spices, asyn en worchestershire sous by en dan stop ek. Meng hom net genoeg sodat die spice lekker deur gemeng is en die myosin vorm en dan is dit nie 'n probleem.