Page 1 of 1

Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 3:17 pm
by Zack Benade
Hallo Almal

Ek wil graag dit met julle deel.  Ek het 'n jaar terug 'n uitslag onder my voet gekry wat lyk soos skim wat baie jeuk.
In die jaar was ek by twee dokters wat elke keer vir my duur salf voorgeskryf het met 'n voorskrif.  Die laaste keer het een my verwys na 'n vel spesialis.  Gelukkig het ek die afspraak afgestel.


Desember met vakansie toe wys ek dit vir 'n ou oom en tannie waar ons met die karavaan kamp.  Binne sekondes se sy vir my dat dit 'n sandwurm is.  Nadat ek op die internet geklim het het ek 100% saamgestem met die foto's wat net soos myne lyk.
Sandwurms kry jy meestal in Natal by die see op die seesand.  Dit kom van hond en kat pie en afval.  Dit maak sin want ek maak dit 'n punt om kaalvoet te loop tydens vakansie.

Die ou tannie se raad was toe 100% reg en het my niks gekos nie.
Boere raad.  :angel: :angel: Vat 'n blik doom en gee een kort spuit op die plek van die skim.  Vryf dit in sodat dit in jou vel intrek.  Doen dit nog twee keer. ;) ;)

Dit het vir my gewerk.  Haar woorde was dat ons jong mense ons te veel laat voorskryf deur dokters.  die salf elke maand was R230 sonder twee besoeke aan dokters.

Groete
Zack

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 3:26 pm
by SV MAD (Henk)
Het dit ook gehad toe ek 'n kind was. Op my groottoon. Het met Cutex my toon toegeverf, toe "versmoor" die wetter daar binne.

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 3:47 pm
by PITSMIT
zack

as ek na die nuwejaar en kers fotos van durban kyk is dit nie net van kat en hond bollie nie hoor :o :o

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 3:52 pm
by Beretta
PITSMIT
Hulle se dit is die land van die tripple kkk 's
Beretta

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 3:58 pm
by BLOK
Hahahahaha

Lekker lag ek nou oom Beretta

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 4:29 pm
by axe942
Wat word van die wurm onder jou vel as hy dood is ?

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 4:58 pm
by grumpy
Droe wors!

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:14 pm
by blaser
Oom beretta
Waarvoor staan kkk

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:28 pm
by Francois Marais
Frans

Gebruik jou ryke verbeelding.......

Mooi loop
Francois

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:37 pm
by Beretta
Oom Remington
Kougom
Koeldrank
Karre
;D ;D ;D ;D ;D

Re: Sandwurm

Posted: Fri Feb 17, 2012 8:27 pm
by Francois Marais
Beretta
Kougom
Koeldrank
Karre
Wou ek ook mos se..... :o :o

Mooi loop
Francois

Re: Sandwurm

Posted: Sat Feb 18, 2012 10:42 am
by DWB
Dit is een van die mees onaardigste dinge wat ek al teegekom het. Het een in Mauritius gehad. Jy wil doodgaan van die heukery. Ek het myne selfs met 'n mes probeer uitgrou.

Dokter het hom toe gevries met liquid nitrogen

Re: Sandwurm

Posted: Sat Feb 18, 2012 11:50 am
by Dawie D
Manne

Sal dit nie dalk ook help as julle net julle voete gereeld was nie, bv elke aand as julle gaan shower. ;D

Ek vra maar net :angel: ;D ;D

Re: Sandwurm

Posted: Sat Feb 18, 2012 12:00 pm
by Boertjie
Dawie

Hoe dink jy waarvoor staan die KKK ?Ek wonder net.Ek glo nie FM en Beretta se stelling nie.

Boertjie

Re: Sandwurm

Posted: Sun Feb 19, 2012 9:13 am
by Zack Benade
Pietsmit---- Jy kan doom ook op die KKK gebruik. ;D ;D ;D

Op 'n ernstiger noot.  Die rooi strepie wat hy los is slegs die spoor wat hy los.  Die wurm is 'n bietjie verder as waar die rooi streep ophou.  Die juik maak jou mal.

As ek daai wurmpie gekry het sal ek R10 000 betaak om 'n trofee van hom te maak.  ;D ;D ;D
Ek glo hy sal die rowland rekord gebreuk het. ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Sandwurm

Posted: Sat May 19, 2012 6:18 pm
by Danie Nortje
Fries hom met lighter gas. Werk soos n bom. Net nie te lank spuit nie anders gaan jy jou vel brand.