Karooplaas Jag
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Karooplaas Jag
Die Karooplaas (tussen Riversdal en Vanwyksdorp) waartoe ek toegang het, het hierdie jaar baie goeie reën ontvang. Soms het ons in mistige, nat weer gejag, maar as die son uitkom was dit pragtig... en veral die blomme het hul mooiste kleure gewys. Hierdie een word die sonskynvygie genoem.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karooplaas Jag
Koedoes op die plaas. Ek het hierdie jong bul op 160m geskiet met my .270 Win en 140gr Sierra HPBT. Skoot is agter linkeroor in.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karooplaas Jag
Daar is ook mooi gemsbokke. Die plaas is 7200ha groot en die terrein sluit in vlaktes en hoë berge.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karooplaas Jag
Ek bekruip gereeld wild of gaan sit iewers in die veld en neem foto's. Hierdie swartkorhaan en vaalkorhaan het my die kans gegee om hulle mooi af te neem. Die steekvlieg is ene wat hierdie jaar vir die eerste keer in 'n lang tyd sy verskyning gemaak het in die Karoo na die goeie reën. Hy het nie 'n algemene noemnaam nie maar sy geleerde naam is Rhigioglossa. HIerdie steekvlieë het my lewe moeilik gemaak toe ek die koedoe gejag het. Hulle byt is veel seerder as die gewone blindevlieë s'n wat ook in die Karoo voorkom.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Karooplaas Jag
As daar nou iets is wat my hartklop opjaag, is dit Koedoejag. Veral as hulle op ver afstand vir jou staan en kyk, met ‘n smile in hulle gedagtes en die groot ore wat ook vir jou kyk! Net daar begin die jag.
Mooi, dankie Koos.
Beste.
Mooi, dankie Koos.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: Karooplaas Jag
Julle is bevoorreg om toegang tot allerhande besonderse plekkies te he, oom Koos. Dankie vir die deel!
Ek hou baie van jou aanslag tot jag. Dis duidelik dat dit oor baie meer gaan vir jou as sneller trek, en primer n geleentheid is om die natuur te geniet en die ervaring wat daarmee saam gaan. Dit herinner my daaraan dat dit belangrik is om, in die jagveld maar ook in die lewe, somtyds te moet stop 'to smell the roses', soos die ingelsmanne dit mooi se.
Groetnis
Ek hou baie van jou aanslag tot jag. Dis duidelik dat dit oor baie meer gaan vir jou as sneller trek, en primer n geleentheid is om die natuur te geniet en die ervaring wat daarmee saam gaan. Dit herinner my daaraan dat dit belangrik is om, in die jagveld maar ook in die lewe, somtyds te moet stop 'to smell the roses', soos die ingelsmanne dit mooi se.
Groetnis
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karooplaas Jag
Dankie Pietskiet. Ja, ek is inderdaad bevoorreg om vrye toegang tot so 'n paradys te hê. Dit lawe my siel om tyd daar deur te bring en daar is soveel meer om te geniet as bloot om bokke dood te skiet.
Mooi loop
Mooi loop
-
partner
- Hero Member

- Posts: 982
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Karooplaas Jag
Baie dankies Koos.