Page 1 of 1

.223Rem QL info asseblief

Posted: Tue Oct 17, 2023 9:57 pm
by JF123
Ek will asseblief sien wat die benodigde ladings is vir my 223

Looplengte is 600mm
Dop kapasiteit is 30.8gr H2O
Koeƫl is Berger VLD 75gr, PN 22421
COAL is 62.8mm met 0.4mm sprong
Kruit is S341
24gr gee spoed van 2755, ES 60 oor 10 skote
24.8gr gee spoed van 2854, ES 16 oor 5 skote

Met die bogenoemde data, is ek naby 'n node en is daar 'n veilige node wat bietjie vinniger is? Ek wil graag rondom 2910 wees indien moontlik. Die geweer is 'n Tikka so is geproef op CIP druk.

Ek dink my batch van S341 is die stadige batch wat ontrek was. Ek het die notification te laat gekry.

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Tue Oct 17, 2023 10:05 pm
by Alwin
Hoe is die spoed gemeet? Labradar, Magnetospeed of gekorrigeer na werklike trompspoed?

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Tue Oct 17, 2023 10:05 pm
by JF123
Labradar.

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Wed Oct 18, 2023 8:46 am
by tripodmvr
Watter nommers verskyn onder op die houer van die S341. Die prestasie wys dat die dryfmiddel amper soos S321 brand.

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Wed Oct 18, 2023 5:01 pm
by JF123
437-17
-0.77%

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Wed Oct 18, 2023 5:41 pm
by tripodmvr
438/2019 S341 0.00
437/2017 S341 0.70
436/2016 S341 -0.40
435/2015 S341 -0.70
434/2014 S341 0.50
434/2014 S341 0.50
429/2007 S341 -2.30

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Wed Oct 18, 2023 5:44 pm
by JF123
437/2017 S341 -0.70

Verkeerd getik.
IMG_20231018_174534_170~2.jpg

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Wed Oct 18, 2023 5:57 pm
by tripodmvr
Dit lyk asof die wat nie kan lees en skryf die data opgestel het.

Met jou opset en die spoed verkry is daar die volgende :-

1. 1/2 node by 24,5gr en 2824vps. Druk 52K psi
2. Vol node by 25,5gr en 2930vps. Druk 58K psi (Maks van 62K)

Jy sal dalk met so 0,1gr moet speel om spoed reg te kry. Kyk hoe maak die groepe.

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Wed Oct 18, 2023 6:13 pm
by JF123
Dankie Tripod.

Die tyd wat die label gedruk was, was daar 'n klompie foute by Rheinmetal. Verkeerde labels op blikke, verkeerde poeier in blikke. Het self een keer gebel om 'n fout op 'n plakker te bevraagteken. Hopelik is hulle personeel probleme nou opgelos.

Re: .223Rem QL info asseblief

Posted: Wed Oct 18, 2023 9:13 pm
by tripodmvr
Hiermee saam dieselfde berekening as met S341, maar ek het die verstekwaardes (defaults) van S321 net so aanvaar. Die spoed is nou verstommend naby aan wat jy werklik gekry het. Katvoet loop daar buite.

temp 223 S321.png