Page 1 of 1

Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 10:28 am
by Smirre
More
Daar is blykbaar 'n toestel wat klanke uitstuur en sodoende jakke en katte verjaag

Dra enige van julle dalk kennis van die toestel?

Smirre

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 11:55 am
by BLOK
Ek sien niemand antwoord jou nie, hier by ons wat jakke lekker verjaag is die geluid van my 300H&H se slotaksie, as daai klank deurkom is hier n reun jakkals wat soos blits weghol. Vra net dat Geno by jou kom kuier hy leer hulle weghol vir daai klank.

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 11:58 am
by PITSMIT
ja mens kry n paar

243
223
308
22-250
ens ens

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

sorry smirre kon nie daai een weerstaan nie  sien blok dink dieselfde as ek

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 12:06 pm
by Frikkie die Rot
Smirre, ek het ook al van so 'n toestel gehoor. Stuur glo 'n supersoniese geluid uit wat net ondiere pla.

Klink vir my na TV advertensie snert (soos die een wat my vrou gekoop het om die muskiete weg te hou, en ek later moes voor 'n vuur pelaton vernietig!!)

Moet saamstem met die kerels hierbo, as die slot dit nie regkry nie, verseker die klap! Hopelik ry die pes bakkie daarna!

Groetnis,
Frik

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 12:14 pm
by Smirre
Blok,
Daai geluild is die verkeerde een wat hy moet hoor
Pit,
Kan jy dalk uitbrei

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 12:19 pm
by PITSMIT
gewoonlik is dit die laaste geluid wat hy hoor voor hy van die plaas verdwyn ;)  agter op die bakkie natuurlik ;D ;D

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 12:26 pm
by Smirre
Manne
As die jakkals jou hoor het jy MIS geskiet!!!!

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Feb 16, 2012 1:46 pm
by Mac
Dinner bell

Re: Klanktoestel

Posted: Thu Mar 08, 2012 1:20 pm
by Jacques Kotze
Smirre

Ek dink die een waarna jy soek is die "Skaapwagtertjie". Iewers op jaracal is dit al bekend gestel. Ek weet ook wie die ou wat die ding maak en bemark se pa is, siende dat hy hier in Vredendal omgewing boer. Laat weet my en ek kan ten minste sy telefoon nommer vir jou stuur. Ek sien nou dat ek die pamflet van die ding het en kan dit ook vir jou stuur as jy wil. Nou dat ek daaraan dink... ek sal moet flippen vra vir kommisie!

Cheers
Jacques