Page 1 of 1
.375 270gr lood koeëls
Posted: Thu Sep 28, 2023 8:41 pm
by Fanta300
IMG_5238.jpeg
Ken iemand hierdie koeëls? Sal hulle werk vir iets anders as baan skiet?
Re: .375 270gr lood koeëls
Posted: Fri Sep 29, 2023 6:58 am
by Ds J
n Ou oom in ons eerste skietklub het slegs met loodkoeëls gejag. Hy het gesê dat niks so goed penetreer soos lood nie. Omdat die lood sag is deflekteer hy nie maklik nie. Hy vervorm en hou redelik koers. Dit geld veral op skuins skote, en wanneer been getref word.
Die nadeel is dat hy relatief stadig is, en sonder n plastieklagie besmeer hy die loop.
Re: .375 270gr lood koeëls
Posted: Fri Sep 29, 2023 7:51 am
by HeinM
Ds J wrote: Fri Sep 29, 2023 6:58 am
n Ou oom in ons eerste skietklub het slegs met loodkoeëls gejag. Hy het gesê dat niks so goed penetreer soos lood nie. Omdat die lood sag is deflekteer hy nie maklik nie. Hy vervorm en hou redelik koers. Dit geld veral op skuins skote, en wanneer been getref word.
Die nadeel is dat hy relatief stadig is, en sonder n plastieklagie besmeer hy die loop.
Die oom het seker baie goed bekruip. Hulle werk net goed op kort afstande (stadige spoed)...
Re: .375 270gr lood koeëls
Posted: Fri Sep 29, 2023 7:52 am
by LoopSoosStroop
Met naby skote in die bos sal daardie koeel meeste wild in SA gemaklik doodskiet.
Re: .375 270gr lood koeëls
Posted: Fri Sep 29, 2023 4:01 pm
by Koos Barnard
Fanta
Ek het baie bokke met loodkoeëls geskiet soos dié in die foto. Myne weeg 250gr en ek het hulle in my .375 gelaai teen 1750vps. Sulke koeëls is dodelik op enige wildsbok van steenbok tot koedoe (ek het nooit 'n eland daarmee geskiet nie). Dis egter 'n koeël vir kort afstande. Myne het ek tot 'n maksimum van 100m gebruik. Ek dink een swartwildebees het ek wel op 120m geskiet. DS J, as koeëls vervorm dan hou hulle juis nie rigting nie... dit het ek baie getoets. Die loodkoeëls teen stadige spoed vervorm nie so baie soos koeëls teen hoë spoed nie. Penetrasie is gewoonlik baie goed veral as die koeël swaar is. Jy kry ook dieselfde effek met gewone loodkern/gemantelde koeëls as jy hulle teen lae snelhede skiet - uiters goeie penetrasie agv die feit dat die koeël nie vervorm nie. Dis egter slegs vir korter afstande want later bereik jy 'n punt van "no returns" as die koeel uiteindelik té stadig trek. Ek het ook 270gr, 300gr en selfs 350gr, .375-koeëls gebruik (laasgenoemde het iemand spesiaal gemaak maar ek kan nie onthou wat sy naam was nie. Ek het net 100 van hulle kon koop en toe nooit weer nie).
Ek gebruik S335 vir verminderde ladings (44 tot 47gr) in my .375 en gebruik dan 'n pluisie dacron om die kruit naby die slagdop te hou. Sommige loodkoeëls skiet baie akkuraat maar in sommige gewere sukkel jy om loodkoeëls mooi te laat groepeer. Hulle moet 'n gascheck op hê anders kry jy baie loodsmeer in die loop (gas checks is eintlik daar om die basis van die koeël te beskerm teen vervorming maar dit help om die loodsmeer hok te slaan).
Mooi loop
Re: .375 270gr lood koeëls
Posted: Fri Sep 29, 2023 6:01 pm
by Ds J
Dankie Oom Koos!
Re: .375 270gr lood koeëls
Posted: Fri Sep 29, 2023 7:24 pm
by TFDADD
by Koos Barnard » 29 Sep 2023 16:01 -
Ek gebruik S335 vir verminderde ladings (44 tot 47gr) in my .375 en gebruik dan 'n pluisie dacron om die koeël naby die slagdop te hou.
Koos, moet hierdie nie soos volg lees nie?
Ek gebruik S335 vir verminderde ladings (44 tot 47gr) in my .375 en gebruik dan 'n pluisie dacron om die koeël kruit/dryfmiddel naby die slagdop te hou.
Re: .375 270gr lood koeëls
Posted: Fri Sep 29, 2023 7:46 pm
by Koos Barnard
Ja ekskuus... dit is om die kruit naby die slagdop te hou. Ek sal reg maak