Page 1 of 1

Monza gewere

Posted: Tue Sep 12, 2023 10:23 am
by DeVilliers
More almal,

Ek sien Irene Arms verkoop Monza.
Daar's n 308 wat ek darem maar baie van hou, maar ek het geen idee van Monza nie.
https://monzarifle.com/

Is hier iemand wat een het wat dalk bietjie terugvoer van gee?

Dankie

Re: Monza gewere

Posted: Tue Sep 12, 2023 12:50 pm
by snakker
DeVilliers wrote:More almal,

Ek sien Irene Arms verkoop Monza.
Daar's n 308 wat ek darem maar baie van hou, maar ek het geen idee van Monza nie.
https://monzarifle.com/

Is hier iemand wat een het wat dalk bietjie terugvoer van gee?

Dankie
Watter features laat hom vir jou uitstaan? Ek het ook gekyk maar hy hou nie vir my voordeel bo die Howa waarde-opsie nie

Sent from my M2101K6G using Tapatalk


Re: Monza gewere

Posted: Tue Sep 12, 2023 1:13 pm
by joe rocket
Monza is mos n Opel Kadet met 'n "boot". Nooit geweet hulle maak gewere nie. Soos Snakker sê hou by Howa of Tikka...

Re: Monza gewere

Posted: Tue Sep 12, 2023 1:18 pm
by DeVilliers
Tikka is te duur en die Howa se kolf moet jy vervang meeste van die tyd.
Die val so tussen die twee prys gewys ook. Dis hoekom ek vra.

Re: Monza gewere

Posted: Tue Sep 12, 2023 1:40 pm
by Stef1274
Hoekom moet jy die Howa kolf noodwendig vervang?

Ek sou defn Howa verkies. As mens begin storage, aansoeke, teleskoop, ammunisie ens bytel, dan word die relatiewe verskil baie klein. Nie vir my werk om so 'm groot kans te waag op iets wat mens vir dekades wil he nie.

Ek persoonlik sou na Rem 700 ook kyk, asook tweedehandse gewere. Ek sou 'n Brno ZKK of selfs goeie Musgraves bo enige van die opsies kies.

Jammer ek weet jy het nou nie mense se opinie oor jou keuse gevra nie, maar dink mooi voor jy R2000 probeer spaar. Geweerkoop is nie perdekoop nie

Re: Monza gewere

Posted: Tue Sep 12, 2023 1:52 pm
by DeVilliers
Nee, geen probleem met opinies nie. Daar's baie 2nd hand opsies, en ek het n 308, so niks desperate spronge nodig nie.
Wou net hoor of iemand een het en hoe is die ervaring. Ken glad nie die brand.

Re: Monza gewere

Posted: Tue Sep 12, 2023 9:33 pm
by Giepie
Ek weet daar is baie en goeie 2de handse gewere. Ek is net nou by 'n punt waar ek eerder nuut sal koop, veral na my Howa koop. Die nuwes se kolwe makeer ook niks, behalwe as jy 'n spesiale kolf wil hê. Ek weet niks van die Monza maak nie, so kan nie sê nie. Maar as jy een wil koop, ek dink nie 'n swak produk sal ingevoer word nie, die kompetisie is te groot.

Re: Monza gewere

Posted: Thu Sep 14, 2023 9:16 pm
by phyllox
DeVilliers
Ek het nie self so roer nie maar het vir jou n PM gestuur.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Monza gewere

Posted: Fri Sep 15, 2023 8:08 am
by Capt. Yoda
Ek sal nou maar daai ou wees, daai is seker die lelikste ding wat ek nog gesien het. EK koop enige dag n 2nd hand musgrave voor ek so plastiek bargain koop.

Re: Monza gewere

Posted: Fri Sep 15, 2023 8:29 am
by snakker
Capt. Yoda wrote:Ek sal nou maar daai ou wees, daai is seker die lelikste ding wat ek nog gesien het. EK koop enige dag n 2nd hand musgrave voor ek so plastiek bargain koop.
Iemand moes dit sê Image

Sent from my M2101K6G using Tapatalk


Re: Monza gewere

Posted: Fri Sep 15, 2023 11:09 am
by DeVilliers
Is die Howa's dan n ander stuk plastiek bargain? :) :)

Re: Monza gewere

Posted: Fri Sep 15, 2023 1:24 pm
by Gerhardu
DeVilliers wrote: Fri Sep 15, 2023 11:09 am Is die Howa's dan n ander stuk plastiek bargain? :) :)
Ja net n bietjie beter plastiek. Haha.

Re: Monza gewere

Posted: Fri Sep 15, 2023 4:15 pm
by Gideon@1
Daai Monza lyk soos van die Gamo windgeweertjies. Wonder of sy nek ook kan of gaan knak….