Page 1 of 1
Geweer hake(brackets)
Posted: Mon Sep 04, 2023 1:24 pm
by NicoO
Middag julle,
Ek het n kluis in my huis ingebou, is opsoek na staal hake (brackets) wat ek vas kan sit teen my muur waarop die gewere gaan staan. Ek het 2 besighede hier in Tzaneen wat belowe maar daar gebeur niks met die vervaardiging nie. Weet nie of iemand my dalk in die regte rigting kan wys nie. Ek gaan foto oplaai vir idee..
Dankie
06e81ba2-bbb4-4c26-9b74-88c7f28b16dc.jpeg
Re: Geweer hakke(brackets)
Posted: Mon Sep 04, 2023 1:48 pm
by NicoO
NicoO wrote: Mon Sep 04, 2023 1:24 pm
Middag julle,
Ek het n kluis in my huis ingebou, is opsoek na staal hakke (brackets) wat ek vas kan sit teen my muur waarop die gewere gaan staan. Ek het 2 besighede hier in Tzaneen wat belowe maar daar gebeur niks met die vervaardiging nie. Weet nie of iemand my dalk in die regte rigting kan wys nie. Ek gaan foto oplaai vir idee..
Dankie
06e81ba2-bbb4-4c26-9b74-88c7f28b16dc.jpeg
Re: Geweer hake(brackets)
Posted: Mon Sep 04, 2023 4:17 pm
by Zuku
Een opsie is om die verstelbare rakke te kry wat "Retail stores" gebruik. Sny die dwars snitte om die vorm van wapen te pas en sit rubber om, om skrape te vermy
Iets soos die
https://www.google.com/url?sa=i&url=htt ... AdAAAAABAE
Of n verstelbare agter grond soos die
https://gunpegboard.com/
https://www.barrdisplay.com/firearm-dis ... twall.html
Of kry n goeie skrynwerjer met goeie idees
https://za.pinterest.com/pin/530861874808354215/
Alles is plaaslik beskikbaar
Re: Geweer hake(brackets)
Posted: Mon Sep 04, 2023 8:39 pm
by JAGTERSREG-JRM
Naandse
Ek het U brackets gekoop by builders warehouse en laat oortrek met leer. Nie te sleg uitgedraai nie
Re: Geweer hake(brackets)
Posted: Mon Sep 04, 2023 10:10 pm
by Rawstorne
Goeie naand Nico
Ek hou van die idee om die staal met leer oor te trek.iu
Ek kan jou na die volgende mense in Pietersburg verwys:
Presiese staalwerk:
Wimpie Grimbeek
(nul82) 533-nul nul 91
Sy seun doen pragtige leerwerk.
Besonderse Houtwerk:
Hannes Veldman
(nul82) 33twee-6998
Vrede!
Re: Geweer hake(brackets)
Posted: Tue Sep 05, 2023 5:44 am
by NicoO
Baie dankie vir julle insette! Ek kyk solank na elke opsie!
Re: Geweer hake(brackets)
Posted: Tue Sep 05, 2023 10:42 am
by Toxxyc
Ek kan seker plan maak met staalwerk as jy regtig wil. Houtwerk ook. Ek kan templates bou soos jy dit wil hĂȘ, en dan copy sodat almal dieselfde lyk. Jy's welkom om my te kontak.