Page 1 of 1

Takbokke in edenburg

Posted: Wed Feb 15, 2012 5:17 pm
by Schalkvzyl
My een vriend boer tussen edenburg reddersburg en so 8 maande trug het daar  3 takbokke opgedaag en hulle bly nou sommer daar in die popelierbosse en is elke dag opi lusern lande! Nou sondag wat verby is was daar 6 gewees! van waar af dink julle kom die bokke en watse soort takbok sal julle se isit?
???

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Wed Feb 15, 2012 5:19 pm
by Gerhard
Fallow deer.

Hulle kan lekke rond trek.

Jy moet sien hoe mooi klim n ram deur n draad met daai stel horings van hom.  ;D

Baie lekker eet vleisies

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Wed Feb 15, 2012 5:20 pm
by Boskraai
Schalk,

Ek dink julle moet dadelik vir my die GPS koordinate stuur sodat ek my takbokke kan kom haal :police:(Met die boog) :angel:.

Jammer maar die takbok is nog op my lys, kan nie so kans net laat verby gaan nie. :laugh:

Mooi loop.
Boskraai

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Wed Feb 15, 2012 5:24 pm
by Schalkvzyl
Ek en my vriend wou daai ram al platgetrek het mar sy pa is biekie vol nonsens :police: !! maar ek sal nooit ophou karring ni haha!

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Wed Feb 15, 2012 5:30 pm
by BLOK
Gee kans sy pa gaan een van die dae smeek om hulle te skiet een of ander tyd gaan die lyndrade sulke lekker groot stukkend getorringde gate in he. As julle nie wil skiet nie bel my ook maar juis lus vir so stukkie wilde skaapvleis.

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Wed Feb 15, 2012 10:56 pm
by Schalkvzyl
Glo my ek smag om daardie ram op te  dop

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Thu Feb 16, 2012 11:23 am
by Zack Benade
Hi

Dis die beste nuus vir die jaar sover.  Sommige boere het die vlakvarke in die Windburg omgewing ook beskerm en wou nie toelaat dat hulle geskiet word nie.  Deesdae is daar amper meer varke as jakkelse.

Takbokke het die lekkerste vleis.  Ek geniet dit veral as jy maalvleis en wors maak.

Oor 'n jaar of wat gaan ons almal lekker jag in Bloemfontein.

Groete
Zack

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Thu Feb 16, 2012 2:00 pm
by SV MAD (Henk)
Takbok met die boog is nog op my bucketlist!

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Thu Feb 16, 2012 2:04 pm
by visstok
Ons takbokke het goeie maniere, hul spring draad, nog nooit gesien dat hulle draad kruip nie, ook nog nooit enige skade aan drade gekry nie! Groete visstok

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Sun Feb 19, 2012 10:49 am
by Jakkalsgat
Wanneer jy die dag besluit jy wil Takbokke aanhou, moet jy as volg te werk gaan:

Vat Bonnox heining vir kleinwild met di kleinste gate, span hom dan dubbeld en 1/3 hoer as normaalweg, wanneer jy klaar is toets dit as volg:

Neem 5l emmer vol water en gooi dit na die heining, as jy 'n natkol opmerk aan die anderkant moet jy weet Takbok sal kan deur en jy was onsuksesvol, dink dan mooi of jy nog takbokke wil aanhou. Wat jy ook kan doen is om hulle op jou buurman se grond af te laai, jy het dan beter kans dat hulle meer tyd op jou grond sal spandeer.

Groete
Jaco

Re: Takbokke in edenburg

Posted: Sun Feb 19, 2012 11:05 am
by Zack Benade
jakkelsgat,  Nou verstaan ek ook hoe werk 'n takbok se kop ;D ;D