Howa .22lr

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Howa .22lr

Post by Friedland »

More almal,

Ek is opsoek na n .22. Sal meerendeels wees vir meerkaaie en tarentale op die plaas, vir ouboet se upgrade van die windbuks en sommer bietjie skyfksiet. Ek sien op youtube van die manne se die howa is nie so akkuraat soos hulle centre-fire stalmaats nie. Het iemand n howa .22 en hoe doen hy?

Indien nie die howa nie, wat is opsie 2?

Groete
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Howa .22lr

Post by Toyrsi »

Het nog nie met n Howa geskiet nie maar hoor dieselfde.
Jy kan altyd na n Brno Mod2 kyk, hulle is baie betroubaar en skiet n bars hou met die regte ammo.
As jy wil nuut koop kyk na die CZ455 of CZ 457.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Howa .22lr

Post by Kolhasie »

Familie lid van my het n howa .22 na baie soorte rontes en baie geld besluit hy maar om te verkoop en koop maar brno nou is hy baie gelukkig
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Howa .22lr

Post by Ammion »

Tikka T1x - die beste akkuraatheid wat jy in daardie prysklas gaan kry. Ek het nog nie van 1 gehoor wat nie skiet nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Howa .22lr

Post by Arnold »

Die tikka se prys het nou amper verdubbel in die laaste paar maande :(
Gerardliebenberg
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Fri Aug 12, 2022 4:19 pm

Re: Howa .22lr

Post by Gerardliebenberg »

As ek n opinie mag lewer. Ek het self .22 roete gegaan, maar het baie kort daarna besef om eerder te kyk na 'n 223rem. Eks nie n dag spyt nie.Ja ammunisie is baie duurder, maar vir toekomstige gebruik met intree tot jag van klein wild was dit die beste opsie in my geval.
Albei die kleinspan het suksesvol gejag(rooibokke, blesbok en baie tarentale) met die 223rem die jaar.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa .22lr

Post by Capt. Yoda »

Ek sou ook dadelik somer 222 of 223 gegaan het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Howa .22lr

Post by Ammion »

Arnold wrote: Wed Aug 16, 2023 8:25 am Die tikka se prys het nou amper verdubbel in die laaste paar maande :(
Dit verander my opinie ...... sou dan kyk na CZ
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Howa .22lr

Post by LoopSoosStroop »

Capt. Yoda wrote: Wed Aug 16, 2023 8:51 am Ek sou ook dadelik somer 222 of 223 gegaan het
Nee man mens kort 'n 22 LR. Vir 'n klein kind is daar 'n wesenlike verskil tussen 'n 22LR en 'n 223.

En mens hoef nie te laai nie, dankie tog. En dis darem nog steeds relatief goedkoop.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Howa .22lr

Post by Ds J »

Ek het n CBC Mod 122 .22 - spesifiek vir die kinders. Die sneller is grof en swaar, en akkuraatheid is beperk tot 50m. Nogtans is dit voldoende om duiwe, meerkatte, tarentale ens te skiet. Kry vir die kinders n .22 - dit is oor en oor die moeite werd!
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Howa .22lr

Post by Klein Chris »

Plan B is n PCP windbuks in .22kal
Skiet bly maar lekker
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa .22lr

Post by Capt. Yoda »

Klein Chris wrote: Wed Aug 16, 2023 1:35 pm Plan B is n PCP windbuks in .22kal
Dis maar hoe myne leer skiet het, toe hy groot genoeg was om te praat was hy al op die 222.
My .22 staan in my Pa se kluis en ek het regtig nog nooit gedink ek kort hom nou by my nie, wa die PCP met n JSB heavy nie kan by kom nie sal die .22 ook nie en verder as dit is iets soos n 222 met n 40gr vmax baie meer pret imo maar n half ordentlike PCP kos deesdae baie geld
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Howa .22lr

Post by Klein Karoo »

Ek geniet myne, dit is nie n ELR geweer nie maar vir die prys die moeite werd.
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

Re: Howa .22lr

Post by Stef1274 »

LoopSoosStroop wrote: Wed Aug 16, 2023 11:15 am
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 16, 2023 8:51 am Ek sou ook dadelik somer 222 of 223 gegaan het
Nee man mens kort 'n 22 LR. Vir 'n klein kind is daar 'n wesenlike verskil tussen 'n 22LR en 'n 223.
Stem. En as OP wou hoor of hy 22 of 223 moes gaan, sou hy dit so gevra het.
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa .22lr

Post by Capt. Yoda »

Stef1274 wrote: Fri Aug 18, 2023 11:19 am
LoopSoosStroop wrote: Wed Aug 16, 2023 11:15 am
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 16, 2023 8:51 am Ek sou ook dadelik somer 222 of 223 gegaan het
Nee man mens kort 'n 22 LR. Vir 'n klein kind is daar 'n wesenlike verskil tussen 'n 22LR en 'n 223.
Stem. En as OP wou hoor of hy 22 of 223 moes gaan, sou hy dit so gevra het.

Imagine hoe verveelig n forum sou wees as mens nie eers in die algmeen afdeling kon gesels nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Howa .22lr

Post by J le Roux »

Ek kon as erfstuk tussen 'n .22LR en .222Rem kies.

Geldelik gewys sou die .222 seker 'n hoër herverkoopwaarde hê. Maar ek sou hom bitter min gebruik. Die .22 aan die amder kamt her al 'n paar bakstene RWS Subsonics uitgeskiet en vir vele klein plesiertjies gesorg.

PS, ek verkoop bitter swaar iets, en nog nooit 'n geweer nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Howa .22lr

Post by Friedland »

Ek het toe vandag by die skietwinkel ingestap om vir die jongman windbukspatrone te koop. Toe wys hulle vir my die Webley en Scott Xocet .22. Die ene met die gewrapte barrel en klaar gethread vir R7k. Die geweertjie voel lekker in die skouer, aksie is glad en hy lyk vir my spiekeries.

Die reviews op die web praat heel goed van hom en ek dink hierdie ene sal dalk huistoe kom.

Vir die manne wat praat van die .222 of .223. Hier is darem al reeds n .243 op die werf. En meerkaaie skiet net lekker met n .22

https://www.webleyandscott.com/products ... ull-barrel
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: Howa .22lr

Post by Gideon@1 »

Gaan lees asb die “reviews” op die skakel wat jy geplaas het.
Die “reviews” lyk nie goed nie!!!
Maak seker voor jy koop!!

Groete
Post Reply