Page 1 of 1

168gr TTSX in 30-06

Posted: Sun Aug 13, 2023 4:21 pm
by rudib
Is dit moontlik om Barnes 168gr TTSX te laai met S365 in n 30-06?

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Sun Aug 13, 2023 4:23 pm
by Supacow
Wie of wat gaan jou keer?

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Sun Aug 13, 2023 4:32 pm
by rudib
Somchem wys dit nie, wou graag hoor of enige lede dit al beproef het en hulle vindinge.

Dankie

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Sun Aug 13, 2023 5:11 pm
by Glocked
Ek is besig met huiswerk en 'n toets of 2 vir 150gr TTSX en 168gr TTSX in 3006, s365 sal moontlik kan werk, maar RL17 en Varget is beter opsies

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Sun Aug 13, 2023 5:49 pm
by Arnold
Ek het 165gr Interbonds en 165gr Ballistix Huntac koeels gelaai met S365 so sien nie hoekom mens nie 168gr TTS met S365 sou kon laai nie.

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Sun Aug 13, 2023 5:52 pm
by Giepie
Ek is ook besig met ladingontwikkeling vir Barnes 168gr TTSX vir my 30-06. (As ek net hierdie week kans kan kry om skietbaan toe te gaan. 8) ) Ek het ook gekyk na die moontlike kruite. Die een wat vir my die beste lyk is Reloder 17. Dit is dan ook die kruit waarmee ek sover die beste resultate met ander jagkoeëls gekry het.

S365 is 'n bietjie stadig vir die Barnes TTSX 168gr. Volgens QL is die dop 100% vol met 52,9gr S365, met 'n spoed van 2624v/s teen baie lae druk en dan is dit vir 'n 22" loop tussen 2 nodes. Om dan by 'n node te kom gaan dit nog stadiger wees.

By hierdie draad viewtopic.php?p=888657#p888657 het ons ook bietjie gesels oor dit. Ek sal eerder S355 gebruik wat dit vinniger sal stoot, wat jy met hierdie koeëls wil hê, maar met Reloder 17 is die berekende spoed vir my geweer is 2803v/s.

Die wrywing van die koper van die TTSX maak dat jy vinniger kruit moet gebruik.

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Sun Aug 13, 2023 6:01 pm
by rudib
Dankie julle

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Mon Aug 14, 2023 10:08 am
by Stef1274
Hy sal mooi loop. Leer QL of GRT gebruik. Of kontak my as ek kan help om vir jou toetsladings te kan uitwerk.
0827750254

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Mon Aug 14, 2023 11:50 am
by tripodmvr
S365 se brandtempos het van Lot na Lot verskil. Indien jy van die vinniger Lotte het of kan kry werk dit baie mooi met die 150 en 168 Barnes koeëls. Ek gebruik Lot 81 en dit gee vol dop en baie goeie spoed. Met my gekalibreerde QL lading vir my 150gr kry ek dat die 168gr by 2800vps gaan kuier. Soortgelyk as die RE17. My Ruger het 'n 22 duim loop.

Re: 168gr TTSX in 30-06

Posted: Mon Aug 14, 2023 12:13 pm
by rudib
Dankie baie