Page 1 of 2
QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 6:09 pm
by Cobus Wessels
Goeienaand menere
Ek voel asof ek al hierdie hele naweek my stert jaag met 'n lading. Ek gaan binnekort darem nog 'n keer bos toe. Ek het regtig goed gedoen sover hierdie jaar met my 30-06 en Oryx 180g punte.
Daar gaan egter 'n vriend saam wat nie sy eie geweer het nie. Hy is goed bekend met 308win- was 'n skerpskutter in die SAPS.
Ek het gedink ek gaan "gou-gou" 'n goeie bosveld lading vir my 308win ontwikkel. Nodeloos om te sê ek sukkel my jis af....
Ek sal raad vreeslik waardeer!
Merkel 510mm loop
CFE223
45g gee 2516fps (met SD van 30)
OAL van rondte 69.24mm
Lapua gevuurde volume is 56.34g water
Oryx 180g punt.
Absoluut geen tekens van druk
Die reguit terugtrek slot steek maklik vas en is nog heeltemal normaal.
Asb manne...die een maak my regtig dommer lyk.
By voorbaat dank
Cobus
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 6:47 pm
by Jacques.308
Node 6 = 44,46 gr vir spoed van 2483 fps
Node 5,5 = 45,14 gr vir spoed van 2524 fps
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 6:47 pm
by Jacques.308
Jacques.308 wrote:Node 6 = 44,46 gr vir spoed van 2483 fps
Node 5,5 = 45,14 gr vir spoed van 2524 fps
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Ek het gewerk op 1:10 twist rate wat ek op internet gekry het. Laatweet of die twist rate anderste is
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 7:06 pm
by Cobus Wessels
Ek kan net baie dankie sê. 1:10 is reg. Ek skuld jou groot...laat asb weet as die S335 tekort jou inhaal. Ek help jou graag.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 7:08 pm
by Cobus Wessels
Ek gaan nou rondom 44g ladings begin laai
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 7:50 pm
by tripodmvr
Ek het Jacques se berekening ook gedoen en sy Node 6 is korrek by 45.1 en 2524vps. Ek sou eerder oplaai na die halfnode na bo om beter druk te kry. Kyk na 46.1gr en 2577vps. Druk dan by 57K psi (Maks 62K psi).
As dit nie werk nie, maak net seker van jou geweer afmetings - dopvolume en looplengte asook akkurate spoedmetings.
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 8:06 pm
by Cobus Wessels
Baie baie dankie. Volumes is gem. van 5. Spoed met Labradar. Lengte van die vervaardiger maar ek dink die twist is in metries. Mag dalk eerder 11 wees.
Nogmaals dankie
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 8:24 pm
by tripodmvr
Merkel Helix het 'n 1 in 12 groefdraai. Kan dalk die rede vir swak groepe wees. Ek sou liefs afgaan na 150gr en verseker wees van stabilisasie. Sal ook aanvanklike platter trajek gee. Dit is ook genoeg koeël vir meeste grootwild.
Meet die loop dan werk ons met die regte mate.
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 8:48 pm
by swc-tr
Oryx 180gr is nie n lang .30kal koeël nie. Die .308Win skiet al amper 70 jaar 180gr sagte punt loodkern koeëls in klein bondeltjies uit die standaard SAAMI spec 1-12" twist lope.
Soek eerder die "fout" op ander plek, twist is gladnie die oorsaak hier nie.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 10:33 pm
by Cobus Wessels
Ek neem kennis. Aan my kant kan ek primers opgradeer na Match. Ladings dalk op 2 skale doen. Ek doen tans nie neck turning op Lapua vir jag nie. Iets wat ek mis? Teleskoop is Z3. Ek kan soos almal van sandsakke af redelik skiet. Hierdie doppe is nuut dus geen annealing nie.
Sal terugvoer gee
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Sun Aug 06, 2023 11:38 pm
by JF123
Wat is nou eintlik die probleem met die lading?
Net die wisselvallige spoed of is die groepering te groot?
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 7:17 am
by obasch
Cobus,
Ek was in dieselfde bootjie 'n klomp jare terug. My ou skoolvriend sou my Brno 308 leen en ek het op daardie stadium nie geskikte selfgelaaide ammunisie nie.
Die antwoord was om gou 'n pak of twee PMP Bruinboks ammo aan te skaf en groot was my verbasing dat dit akkurater was as my eie ladings.
Spaar jouself die angst en gaan koop vir jou SAPS skerpskutter vriend n pak of twee S&B of PPU by Zimbi.
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 7:32 am
by Cobus Wessels
Die groepering is maar rof. Ek neem aan die vertikale verspreiding is weens spoed variasie. Die heel linkerkantste skoot was nie deel van die groep nie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 7:34 am
by Cobus Wessels
Ja ek het darem nog goeie Fabrieks Norma Accubond maar hulle kom teen net 2300fps uit en is ook maar effens bont. Sal aanhou probeer maar dalk eindig ek daar op.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 7:45 am
by tripodmvr
Daardie groep sou skoot vir skoot vleis huis toe bring tot op 200m. Wat weeg die geweer?
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 7:54 am
by Cobus Wessels
Ek sal moet weeg maar dit is ligte geweertjies. Merkel se ou Explorer. Ek het juis die 19mm loop opgesit vir bietjie gewig. My beplanning tans is vir geen knaldemper. Baie klein en hanteerbare pakket.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 8:23 am
by Capt. Yoda
Cobus Wessels wrote: Mon Aug 07, 2023 7:54 am
Ek sal moet weeg
maar dit is ligte geweertjies. Merkel se ou Explorer. Ek het juis die 19mm loop opgesit vir bietjie gewig. My beplanning tans is vir geen knaldemper. Baie klein en hanteerbare pakket.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Daai vertical kan heel moontlik wees van gun handeling, van wat af skiet jy?
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 10:51 am
by tripodmvr
'n Ligte geweer byt partykeer lelik, veral met 180gr koele !!!!!
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 12:21 pm
by Cobus Wessels
Ek skiet van sandsakke af. Alles is moontlik maar ek het redelike warm 7x64 ladings terselfdertyd geskiet (ook sonder knaldemper) met mooi groepe.
Maar ek is die eerste om te erken dat dit ek kan wees. My instink sê die manne is reg....nog so klein bietjie oemf en hy gaan werk.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 12:22 pm
by Cobus Wessels
Jy is reg Tripod maar ek is al meer as dertig jaar getroud.....pyn is maar relatief
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Mon Aug 07, 2023 5:01 pm
by tripodmvr
As ek my 375 van die sakke af skiet, sit ek beskerming teen my skouer. Jou brein reageer onbewustelik en jy deins weg van die terugslag of trek 'n swak skoot af. Kolfvorm en skokkussing speel hier 'n groot rol. Die geweerband hegstuk (sling stud) kan ook die groepe beinvloed as dit aan die sakkie haak.
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Wed Aug 09, 2023 5:54 pm
by Cobus Wessels
As wetenskaplike glo ek dat alle inligting gepubliseer moet word al is dit nie wat 'n mens voor gehoop het nie. Dit help dalk iemand anders op 'n ander manier....
So ek het toe CFE223 46.1 baie versigtig gelaai.
Gem spoed: 2687
SD 11
Maar verskriklik swak....Sien foto van 10 skote.
Om seker te maak dit is nie ek of die geweer nie skiet ek toe sommer rak S+B 180g deur die vuurwarm loop. Gem spoed 2383
Sien foto van 3 skote.
20230809_170916.jpg
20230809_170322.jpg
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Wed Aug 09, 2023 8:27 pm
by tripodmvr
Waarmee word spoed gemeet ?
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Thu Aug 10, 2023 5:59 am
by Dash431
Hy het genoem dat dit gemeet is met n Labradar (dink post nr 7). Partykeer hou n geweer net nie van n sekere kruit of koeel of kombinasie daarvan nie. Ek wonder of dit maar hier die geval is nie. Het jy al n ander koeel geskiet uit die geweer uit met goeie resultate? Dalk is dit die moeite werd om die S335 te probeer met die Oryx koeel en kyk of dit beter lyk…
Re: QL hulp gevra vir 308win
Posted: Thu Aug 10, 2023 6:19 am
by Cobus Wessels
Reeds S335 gelaai met die hoop om dalk vanaand kans te kry om te gaan skiet. Ook besluit dat daardie lae snelhede nie Oryx regverdig nie. Gaan S+B se SPCE punte gebruik. So die stert jaag gaan voort
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk