Page 1 of 1
Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Tue Aug 01, 2023 9:15 pm
by toxicsox
Enige voorstelle waar ek ‘n loop 1/18 kan sny in Pretoria?
Iemand dalk onlangs gedoen en die koste kan Onthou?
Dankie
Re: Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Tue Aug 01, 2023 9:24 pm
by Giepie
Die meeste van die wapensmede kan dit doen. Ek is in Centurion en het by Gun Warrior dit laat doen, as ek reg onthou was dit so R850.
Re: Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Tue Aug 01, 2023 10:49 pm
by Jaco Naude
Giepie wrote:Die meeste van die wapensmede kan dit doen. Ek is in Centurion en het by Gun Warrior dit laat doen, as ek reg onthou was dit so R850.
Ek het myne ook by hulle laat doen. Wat ek van hulle gehou het, is dat ek my geweer in die oggend kon aflaai en weer die middag kon optel.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Wed Aug 02, 2023 6:58 am
by Dash431
Danie Joubert se werk is puik. Hy is in Lynnwood.
Re: Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Wed Aug 02, 2023 7:54 am
by Toxxyc
Ek het myne by Brothers Arms ingegee. Hulle stuur hom weg. Ek het so paar dae gewag, maar dit was vinnig. Was ook R850, insluitend die thread cap.
Danie Joubert het ander goed op my geweer vir my gedoen. Die Oom weet van.
Re: Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Wed Aug 02, 2023 9:40 am
by toxicsox
Dankie!
Re: Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Wed Aug 02, 2023 7:14 pm
by Cobus Wessels
Andy by LA Arms in Soutpansbergweg. Nog SANDF opgeleide wapensmid
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Knaldemper loop sny - Pretoria
Posted: Thu Aug 03, 2023 8:11 am
by DeVilliers
Ek het myne destyds by Numenor laat sny. Net hier om die hoek in Wapadrand.