Page 1 of 1
Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 12:37 pm
by jdpretorius
N man op n ander groep beleef die vervorming van sy koeël se punt. Die koeël het blykbaar so beskadig in sy mag, a.g.v die geweer se terugskop ('n 338wm).
Hy seg dat hy nie van n 'sled' af skiet nie.
Sy kommer is egter dat die TPL beinvloed word....hy moet ook nou eers op sy ogief gaan meet en laat hoor...
Ek het so iets nog nie self beleef nie, maar dink die ou het rede vir ondersoek.
Die nek spanning wat ek gebruik is 0.001", skynbaar sonder probleme.....maar op die baan laai ek een-een, so kon dit nog nie op papier waarneem nie.
Is daar dalk manne wat al met dit gestoei het ?
Is dit dan nie dalk beter om nek spanning effe te verhoog nie ?
Screenshot_20230731_064635_Facebook.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 1:31 pm
by Malan123
Hierdie gebeur graag in my tikka 300 met polymer punte. Het ook daaroor geworry, maar op papier getoets en in my geval glad nie verskil aan groepperings gemaak nie. Indien hy hom so stamp dat punt dieper geseat word is neck tension dalk te min, maar dan moet hy een barshou skop. Polymer tips in my opinie moet ver makliker vervorm voordat die recoil die punt dieper seat.
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 2:09 pm
by Wouter Roets
Johan
Ek het hierdie al heelwat in my lewe beleef, veral in kalibers wat n geneigheid het om te skop. As jy nie krimp nie beveel ek altyd so 2mm spasie wat jou rondte moet he in die magesyn kas. Verder beveel ek ook aan dat jy jou rondtes gereeld moet roteer in jou magesynkas, selfs al krimp jy. Het dit al baie oorgekom waar jy op n trip elke keer net van bo af aanvul en daai onderste rondte lekker pak slae vat. Deur na hierdie twee goed op te let is daar nie nodigheid om met jou nekspanning te peuter nie.
Groetnis
Wout
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 2:30 pm
by jdpretorius
Wouter Roets wrote:Johan
Ek het hierdie al heelwat in my lewe beleef, veral in kalibers wat n geneigheid het om te skop. As jy nie krimp nie beveel ek altyd so 2mm spasie wat jou rondte moet he in die magesyn kas. Verder beveel ek ook aan dat jy jou rondtes gereeld moet roteer in jou magesynkas, selfs al krimp jy. Het dit al baie oorgekom waar jy op n trip elke keer net van bo af aanvul en daai onderste rondte lekker pak slae vat. Deur na hierdie twee goed op te let is daar nie nodigheid om met jou nekspanning te peuter nie.
Groetnis
Wout
Dankie Baas Wous, ...die ou in die voorbeeld het sowat 4.5mm spasie in die kassie.
Ek maak maar altyd magesynkas leeg wanneer ek by die kamp kom, wat dalk help met rotasie.
Ek krimp nie, en het toevallig omtrent 2mm spasie.
My denke is dat as daar meer spasie is, vir die koeël om te beweeg in die magesynkas, dan is die effek dalk groter ?
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 2:36 pm
by jdpretorius
Malan123 wrote:Hierdie gebeur graag in my tikka 300 met polymer punte. Het ook daaroor geworry, maar op papier getoets en in my geval glad nie verskil aan groepperings gemaak nie. Indien hy hom so stamp dat punt dieper geseat word is neck tension dalk te min, maar dan moet hy een barshou skop. Polymer tips in my opinie moet ver makliker vervorm voordat die recoil die punt dieper seat.
Is op jou bladsy.....met die Accubond & Sciroccos se polymer tip is dit nie ooglopend so (vir my)nie, so wonder of die Barnes dalk effe sagter is.
Dalk moet ek ook net noem dat my 338wm n KD op het, sowel as n "recoil arrestor" in die kolf, wat sy terugskop vergelykbaar maak aan n 30-06 of 270
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 6:34 pm
by Bigfoot
A 338WM with only 0.001' neck tension, you lucky the whole bullet isn't inside the case........
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 6:44 pm
by jdpretorius
Bigfoot wrote:A 338WM with only 0.001' neck tension, you lucky the whole bullet isn't inside the case........
A normal full length Die probably gives between 2 and 3 thou neck tension (mine measured 2.5 thou). The 1 thou neck tension helps (me) a lot with sub 10 ES, and have been shooting it that way for about 4 years, without issues

.....
it's not possible to move the bullet by hand at that setting, so never phased me.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 7:02 pm
by Capt. Yoda
jdpretorius wrote: Mon Jul 31, 2023 6:44 pm
Bigfoot wrote:A 338WM with only 0.001' neck tension, you lucky the whole bullet isn't inside the case........
A normal full length Die probably gives between 2 and 3 thou neck tension (mine measured 2.5 thou). The 1 thou neck tension helps (me) a lot with sub 10 ES, and have been shooting it that way for about 4 years, without issues

.....
it's not possible to move the bullet by hand at that setting, so never phased me.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ja maar jy skiet 270 ladings in hom
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Mon Jul 31, 2023 7:22 pm
by jdpretorius
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Tue Aug 01, 2023 6:10 am
by DWB
Hehehe jy moet sien wat maak ñ 450 Rigby met sy rondtes....
Selfs my 404 ook!
Ek laai hulle ook maar so lank as moontlik om beweging te beperk in die magasyn.
Re: Terugskop wat koeël in mag beinvloed
Posted: Tue Aug 01, 2023 6:44 am
by jdpretorius
Dankie vir daai Deon.
Dit klink my dan daai krimp wat baas Wout van praat is maar die tegte ding vir kalibers met bietjie raps, of n ou moet iets doen om die terugskop bietjie te tem.
Hmmm...ek's al lankal lus vir n mooi dubbel
Sent from my SM-A536E using Tapatalk