Page 1 of 1
Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Tue Jul 04, 2023 4:38 pm
by Conna Howa
Goeie middag Almal
Ek Wil graag bietjie by julle hoor wat is die afstand op wat julle Lading ontwikkeling doen en Hoekom spesifiek daardie afstand
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Tue Jul 04, 2023 5:10 pm
by Giepie
Ek luister ook, maar ek dink dit hang ag van watter metode jy gebruik. As jy die "ladder" metode gebruik, doen jy dit op 300m maar ek doen op 100m met Quickload. Op 100m kan ek sien wat die groepe maak. Meeste van my jag geleenthede is in elk geval op ongeveer 100m. Wanneer ek op 100m tevrede is, gaan ek oor na 200m om te kyk wat dit daar doen, dan 300m.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Tue Jul 04, 2023 5:23 pm
by Klein Karoo
Ontwikkel op 100m met behulp van Gordon, daarna verifieer groepe en spoed op 300m
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Tue Jul 04, 2023 6:47 pm
by Gawie(13mm)
Ek, QL en 100m loop soos Branna's, Coke en ys!
Wanneer hul mooi in een gat skiet op 100, pak ek die teiken weg in laat lui die gonge tot op 350. Indien ek die 100mm gong op 300m konstant laat swaai, weet ek ek het 'n wenner.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Wed Jul 05, 2023 1:46 am
by JF123
100m. Dit is al wat ek kon gebruik vir ń lang tyd.
Dis vêr genoeg om ń groep te skiet en naby genoeg dat die wind nie te veel lol nie. So lank as wat dit kwaliteit koeëls is en ES binne perke bly sal die lading goed genoeg wees vir 900m skiet.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Wed Jul 05, 2023 3:55 am
by Chris (vdB)
Dit hang seker ook maar af oor jou teleskoop se vergroting en of dit SFP of FFP is. Met die nuwe FFP teleskope raak die kruis ook maar dik op 100 meter om fyn te mik vir groepies op papier skiet. Dis nou op die Meopta R1 3-12x56 wat op my 30-06 is. Ek glo met hoër vergroting FFP teleskope sal dit nie n' probleem wees nie.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Wed Jul 05, 2023 4:31 pm
by Gideonviljoen
Hang af wat se toetse/ proses tydens lading ontwikkeling:
TPL toetse 100m
Ladings 200m
Ladder 500m
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Thu Jul 13, 2023 7:21 pm
by Arnold
Ek gebruik 'n taamlike interessante manier van ladingontwikkeling op 100m. 'n Kombinasie van OBT en OCW
Ek meet spoed en skiet een skoot per teiken maar gebruik dieselfde mikpunt (teiken wat ek gebruik het is regs onder). Ek lê dan die teikens oormekaar en kyk na die groepe van opeenvolgende skote saam met die spoed en hoe GRT dit vir my bevestig.
Ek doen hierdie in 'n teken program soos Photoshop maar het dit als hier op een prentjie probeer vasvang om te demonstreer.
GRT bevestig dat lading 4 meriete verdien vir verdere ondersoek so ek het dieselfde met die seating diepte gedoen om die optimaal te vind.
223Rem.jpg
Ek sal die eindresultaat kom deel as ek weer kon laai en skiet. Hierdie metode verg meer tyd om die resultate te analiseer maar minder tyd/komponente op die skietbaan.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Thu Jul 13, 2023 9:18 pm
by Ds J
O gonna! Ek is geheel en al uit die oude doos
My geweer is n 50-jarige BRNO in 308, en my teleskoop n 40-jarige Schmidt & Bender (6x40) met n dik kruishaar. Ek kan dus nie fyn genoeg skiet om sinvolle ladders op 300m te skiet nie.
My jag- en oefenladings het ek enkele jare gelede met QL op 100m uitgewerk, en dit hou nog.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Jul 14, 2023 9:49 am
by OupaZA
Gawie(13mm) wrote: Tue Jul 04, 2023 6:47 pm
Ek, QL en 100m loop soos Branna's, Coke en ys!
Wanneer hul mooi in een gat skiet op 100, pak ek die teiken weg in laat lui die gonge tot op 350. Indien ek die 100mm gong op 300m konstant laat swaai, weet ek ek het 'n wenner.
Maak ook so

Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Jul 14, 2023 10:25 am
by Forester
Ek het onlangs die Berger No BS BC podcasts geluister, waarvan Bryan Litz spesifiek deel was. Ek hou baie van sy benadering omdat dit wetenskaplik is en hy alles al getoets het. Die grootste probleem is dat ons samples nie groot genoeg is om statisties relevant te wees nie en dus nie herhaalbare resultate gee nie. Hy noem 'n spesifieke voorbeeld van iemand by AB wat ladder toetse gedoen het, hy het die persoon gevra om die toets 2 keer te herhaal. Die sweet spot het elke keer verskil en as mens die drie resultate saam oorweeg, was daar glad nie 'n sweet spot nie. Emil Praslick het genoem dat hy lading ontwikkelling doen deur die ladder metode te gebruik, maar hy skiet 3 skote met elke lading i.p.v. 1 (sover ek kan onthou skiet hy die ladder op 300m). Persoonlik toets ek TPL op 100m en die lading op 300m.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Jul 14, 2023 12:09 pm
by Capt. Yoda
Jong Bryan Litz is baie slim maar hy weier om iets te glo as hy dit nie met stats kan bewys nie. Hy glo vas tuners werk nie omdat hy dit nie op papier kan bevestig nie maar miljoene mense oor die wereld bewys tog dit werk. Ek stem saam dat dit help om n groter sample te grbruik maar die beste 1000m BR skuts doen ladders op 1000m vir hul lading ontwikkeling en hul skiet bitter klein groepies met daai ladings so daar moet tog iets daar in wees. Groot rede hoekom ek my lading ontwikeing verander het van ladders skiet op 500 of 600m is maar net weens die feit dat kondiesies so vinnig verander dat dit moeilik is om 2 10 skoot ladders in n ogend in die selfde kondiesies te skiet. N groot ding wat baie ouens uit laat is om met vlae te skiet, as jy nie die wind kan lees nie gaan jy ammo mors op 500m met n ladder of enige toets for that matter
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Jul 14, 2023 12:28 pm
by Chris (vdB)
Waar en hoe koop mens nou deesdae QL aan, nou dat die rekenaars nie meer CD-ROM's het nie?
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Jul 14, 2023 12:34 pm
by tripodmvr
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Jul 14, 2023 12:57 pm
by Arnold
Bryan Litz het 'n magdom kennis en ek het al na baie van die goed wat hy sê geluister insluitende die podcasts.
Met statistiek kan jy bewys net wat jy wil
As jy dus wapenrusting vir die weermag wil voorsien gaan jy bewys dat stelsels minder sensitief is vir sekere veranderinge as ander en ek vind nie fout hiermee nie.
As ek die dinge so luister klink dit nie of hy weet watse klein groepies en hoe konstant ouens dit kan skiet deesdae nie. Wat duidelik is uit al sy praat en skrywe is dat akuraatheid minder van 'n rol speel en ek dink dit is ook hoekom hy minder daarop fokus.
Na my mening is die voorbeelde wat hy gebruik nie van toepassing op die top kompeterende skuts nie want hulle skroef daai loop af as hy nie meer kwartduim skiet nie. Hulle berei hulle ladings noukeurig voor en het al bemeester om die wind te lees en met al hierdie kan hulle verskille waarneem wat meeste nooit sal kan genereer nie.
Om deur data te sif is vandag se moeilikheid en nie om data te kry nie

Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Jul 14, 2023 2:39 pm
by Gerhardu
Lading ontwikkeling op 100m. Kry gorep. Skiet dan vir spoed meet en dan verify op 1000m met n lekker groot gong.
Re: Afstande vir Lading ontwikkeling
Posted: Wed Jul 19, 2023 10:44 am
by Arnold
Arnold wrote:Ek gebruik 'n taamlike interessante manier van ladingontwikkeling op 100m. 'n Kombinasie van OBT en OCW
Ek meet spoed en skiet een skoot per teiken maar gebruik dieselfde mikpunt (teiken wat ek gebruik het is regs onder). Ek lê dan die teikens oormekaar en kyk na die groepe van opeenvolgende skote saam met die spoed en hoe GRT dit vir my bevestig.
Ek doen hierdie in 'n teken program soos Photoshop maar het dit als hier op een prentjie probeer vasvang om te demonstreer.
GRT bevestig dat lading 4 meriete verdien vir verdere ondersoek so ek het dieselfde met die seating diepte gedoen om die optimaal te vind.
223Rem.jpg
Ek sal die eindresultaat kom deel as ek weer kon laai en skiet. Hierdie metode verg meer tyd om die resultate te analiseer maar minder tyd/komponente op die skietbaan.
Bevestiging van die lading, hopelik kry ek dit reg om hom nog kleiner te skiet
Sent from my SM-A528B using Tapatalk