Page 1 of 2
Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Sat Jun 24, 2023 6:09 pm
by Giepie
Ek en my seun wou vanoggend gou Swat skietbaan toe voor hy gaan jag. Daar aangekom is die hek met dik kettings gesluit. Blykbaar is die perseel verlede jaar op 'n veiling verkoop, maar die skietbaan bestuur het nog 'n huur kontrak vir 'n verdere paar jare.
Ek het net Dinsdag my lidmaatskap hernu vir 'n jaar.

Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Sat Jun 24, 2023 7:20 pm
by GustavSnyman1
Die eienaar het lank baklei oor die skietbaan. Die munisipaliteit het ook talle kere probeer inmeng met klagtes van geraasversteuring en “zoning” probleme. SWAT het nog altyd die grond gehuur. Die dag van die veiling is SWAT se eienaar verhoed om die grond te koop.
Klomp gebeure wat saamgekom het en ongelukkig dink ek nie SWAT sal weer sy deure oopmaak nie. Ek wens die regslui wat betrokke was het harder baklei!
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Sat Jun 24, 2023 8:02 pm
by Giepie
Ai tog. Dit is jammer. Die ander moontlike bekostigbare skietbane is ongelukkig verder weg en nie op dieselfde standaard nie. Maar dankie vir die inligting.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Sun Jun 25, 2023 5:24 pm
by Alwyn
Dis nou nie lekker nuus on op n Sondag aand telees nie. Dis laat n groot leemte!!
Waar gan skiet n man dan nou?
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Mon Jun 26, 2023 8:50 am
by blaser
jy kan nie iemand verhoed om te koop nie
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Jun 29, 2023 4:48 pm
by Giepie
Ek het by my seun gehoor Swat skietbaan is weer oop, so was vanoggend daar en alles werk weer soos gewoonlik. Ek kon ongelukkg nie agterkom wat die issue is nie.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Jun 29, 2023 6:51 pm
by jdpretorius
Die van af SA Gunsite
https://www.gunsite.co.za/forums/showth ... still-open
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Jun 29, 2023 7:45 pm
by Giepie
Dankie JD. Ek dink die nuwe eienaar was nie bewus van die sinkgat gevare daar nie. Daar was 'n ander baan, agter die kantoor langs die 70m baan, wat toegemaak is omdat dit 'n sinkgat al gekry het. Dit is omdat dit dolomiet omgewing is dat dit as skietbaan ontwikkel kon word, behuising of kantoorgebou mag nie daar gebou word nie.
Die ander saak is dat die Skietbaan blykbaar nog 'n bestaande kontrak het, ek dink vir nog 7 jaar vir die gebruik van die terrein. Sover ek weet kan 'n nuwe eienaar nie 'n bestaande kontrak sommer net kanselleer nie, maar moet dit eerbiedig.
Maar na alles, dit sal uiters jammer wees as dit permanent gesluit word. Waarna toe dan?
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Feb 27, 2025 8:31 am
by Maroelas
Môre môre,
Ek sien SWAT het weer toegemaak, met die belofte dat hulle skuif na 'n nuwe perseel. Het enige iemand al inligting ontvang van waar die nuwe perseel is?
Ek wou my jaarlikse lidmaatskap hernu, maar het gelukkig besluit om 'n maand te wag. Heelwat ander ouens was nie so gelukkig nie en het nou net lidmaatskap hernu, sonder dat die baan hulle inlig hulle gaan skuif /sluit.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Feb 27, 2025 8:36 am
by Toxxyc
Ek weet van baie manne in ons skiet-omgewing wat wag op antwoorde. Al die pad van Gunsite af tot op ons WhatsApp groepe. Niemand het al antwoord gekry nie. Ek sal bietjie met 'n man opvolg wat dalk kan weet.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Feb 27, 2025 9:57 am
by DeVilliers
Ag nee man. Ek was nou juis Saterdag of Sondag oppad soontoe.
Waarheen nou? Krokkedilspruit vêr, en Magnum het te min plek.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Feb 27, 2025 10:06 am
by Maroelas
DeVilliers, daar is Sahara in Pretoria Wes, maar ek was nog nooit daar nie.
Irene Link het ook 'n ondergrondse baan, maar weet nie hoe lank hy is nie.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Feb 27, 2025 10:09 am
by DeVilliers
Maroelas wrote: Thu Feb 27, 2025 10:06 am
DeVilliers, daar is Sahara in Pretoria Wes, maar ek was nog nooit daar nie.
Irene Link het ook 'n ondergrondse baan, maar weet nie hoe lank hy is nie.
Jy noem so al die duur bane, hehehehe, maar ja, die opsies is maar min. Of n ou moet maar ry.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Feb 27, 2025 10:17 am
by Capt. Yoda
Maroelas wrote: Thu Feb 27, 2025 10:06 am
DeVilliers, daar is Sahara in Pretoria Wes, maar ek was nog nooit daar nie.
Irene Link het ook 'n ondergrondse baan, maar weet nie hoe lank hy is nie.
200M
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Thu Feb 27, 2025 9:29 pm
by Giepie
Maroelas wrote: Thu Feb 27, 2025 8:31 am
Môre môre,
Ek sien SWAT het weer toegemaak, met die belofte dat hulle skuif na 'n nuwe perseel. Het enige iemand al inligting ontvang van waar die nuwe perseel is?
Ek wou my jaarlikse lidmaatskap hernu, maar het gelukkig besluit om 'n maand te wag. Heelwat ander ouens was nie so gelukkig nie en het nou net lidmaatskap hernu, sonder dat die baan hulle inlig hulle gaan skuif /sluit.
Ek het November hernu, so nog klomp maande oor. Daar is baie rumours. Een is dat die "nuwe" eienaars nou deu die hof afgesit is, dat hulle eers kan oopmaak na die hofsaak afgehandel is, en dat die baan paar opknappings moet doen voor dit weer oopgemaak kan word. Ek het geen amptelike kennis gekry nie, ek het ook emails gestuur en probeer bel om uit te vind wat is die pad vorentoe, maar die foon word net dood gedruk en kry geen antwoord op die email nie. Wag in spanning om weer te gaan skiet, toets ladings was reeds gelaai. Sal maar eendag deurgaan Krokodilspruit toe waar ek rustig kan gaan skiet, of die binnenshuise bane vir 'n uur op 'n slag gaan gebruik.
Sahara is 100m, en Irene Link tot 200m.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Fri Feb 28, 2025 6:26 am
by Ratel
'n Mens sou sekerlik verwag as op betaalde lede nie daar kan skiet of 'n alternatief gebied word nie dat ledegeld prorata terug gegee word.
Vir die ouens wie ver wil skiet sal ek aanbeveel ons klub baan buite Rustenburg. SA Veldsport. Die baan is 1000 yards en het 'n dedicated handwapen, lug geweer, .22 en inskiet bane.
Baie gerieflike braai area met klein winkeltjie. Nie lede betaal R150 vir die hele dag se gebruik. Baan is Sondae en Maandae toe. Baie mense bring hulle familie vir die dag baan toe.
Hierdie skakel het mooi fotos. Die baan is intussen baie verbeter deur Herman en die bestuur. Die fotos op die voorblad sluit ook in kompetisie op ander bane.
https://safieldsport.org/
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Fri Feb 28, 2025 7:49 am
by Toxxyc
Ek het iemand gekontak wat meer weet wat aangaan. Ek mag nie uitpraat nie, maar daar is verseker bitter baie werk aan die gang agter hierdie storie, so hou dop en hou moed.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Fri Feb 28, 2025 7:59 am
by Capt. Yoda
So hy het uit gepraat?
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Fri Feb 28, 2025 11:01 am
by Toxxyc
Haha nie regtig nie, net gese dis nie die einde van die pad nie, so ons moet vasbyt en wag.
EDIT: Ek het gevra vir details, maar ek kon ook nie kry nie.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Fri Feb 28, 2025 7:52 pm
by Lategan1
Ratel wrote: Fri Feb 28, 2025 6:26 am
'n Mens sou sekerlik verwag as op betaalde lede nie daar kan skiet of 'n alternatief gebied word nie dat ledegeld prorata terug gegee word.
Vir die ouens wie ver wil skiet sal ek aanbeveel ons klub baan buite Rustenburg. SA Veldsport. Die baan is 1000 yards en het 'n dedicated handwapen, lug geweer, .22 en inskiet bane.
Baie gerieflike braai area met klein winkeltjie. Nie lede betaal R150 vir die hele dag se gebruik. Baan is Sondae en Maandae toe. Baie mense bring hulle familie vir die dag baan toe.
Hierdie skakel het mooi fotos. Die baan is intussen baie verbeter deur Herman en die bestuur. Die fotos op die voorblad sluit ook in kompetisie op ander bane.
https://safieldsport.org/
Hierdie pryse is baie billik.
Haelgeweer klub se ledegeld alleen is nou R 5400!
Beste.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Sun Mar 02, 2025 4:54 pm
by jdpretorius
Ek hoop van harte die SWAT baan maak nie ook toe nie.....ek gerkies maar om bietjie in die opelug te sit speel.
Hierdie baan is so entjie se ry maar tog n lekker plek. Die mense by die klein winkelkie is ook baie aangenaam....laaste wat ek daar was kon jy tot n lekker vars gemaakte boerie daar te ete kry.
https://outthereadventures.co.za/sport- ... ting-club/
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Sun Mar 02, 2025 7:38 pm
by Giepie
Toxxyc wrote: Fri Feb 28, 2025 7:49 am
Ek het iemand gekontak wat meer weet wat aangaan. Ek mag nie uitpraat nie, maar daar is verseker bitter baie werk aan die gang agter hierdie storie, so hou dop en hou moed.
Klink belowend. Hoop net nie dit vat lank nie.

Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Mon Mar 03, 2025 5:27 am
by Frederik
jdpretorius wrote: Sun Mar 02, 2025 4:54 pm
Ek hoop van harte die SWAT baan maak nie ook toe nie.....ek gerkies maar om bietjie in die opelug te sit speel.
Hierdie baan is so entjie se ry maar tog n lekker plek. Die mense by die klein winkelkie is ook baie aangenaam....laaste wat ek daar was kon jy tot n lekker vars gemaakte boerie daar te ete kry.
https://outthereadventures.co.za/sport- ... ting-club/
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Tussen Magnum in Donkerhoek en Out There is dit maar die bane wat ek meestal gebruik.
SWAT was te ver van my af alhoewel ek verskeie kere daar was oor die jare laaste keer was laasjaar toe ek my stoeger M3K gaan toets het toe ek hom opgetel het die dag en site gehad het in Eldoraigne.
Maar vir die Centurion manne is daar die 200m binnehuise baan ook by Irene.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Mon Mar 03, 2025 7:19 am
by Toxxyc
Kyk ek het SWAT maar besoek vir die IPSC club toe ons nog daar was, maar vir my eie gebruik het ek gestop nadat ek amper 'n man daar raakgeskiet het. Ek het met my Rossi .357 Lever rifle op die 70m baan gesit en sy red dot ingestel, toe 'n man sommer terwyl ons sit en skiet vorentoe loop en sy chrony begin opstel. Ek het hom eers gesien toe hy buk en sy boude voor die rooi kolletjie inbeweeg.
Die baan het geen beheer nie, en toe ek die man vra wat hy dink hy doen, het hy my aangekyk asof ek onnosel was. Links van my was 'n man met 'n baie ou .303 wat sy kinders gebring het om bietjie daar te skiet, ek het gesien hy het ook net opgepak en geloop. Dis skrikwekkend hoe party mense nie die logika besit om nie voor 'n gelaaide wapen op 'n skietbaan in te loop nie.
Re: Swat skietbaan gesluit deur nuwe eienaar
Posted: Wed Mar 05, 2025 8:38 am
by spekieries
Goeie Môre Manne.
Ek het gister toevallig by SWAT verby gery. Ek het gestop en met die sekuriteitswag by die hek gepraat. Hy het gesê die skietbaan maak binnekort weer oop. Het enige iemand miskien vars inligting uit die perd se bek uit?