Page 1 of 1

Klein ladings vir stadige nodes

Posted: Mon Feb 13, 2012 10:48 pm
by Cobus(Cobb)
Hallo almal.

As 'n ou jou ladings laag maak om jou stadiger nodes te slaan, met baie laer druk en spoed natuurlik...mors 'n ou jou tyd of is daar tog iets daaruit te wenne??
Of is die goue reel om jou vinnigste node met die veiligste lading te kry??

Luister graag

Cobus

Re: Klein ladings vir stadige nodes

Posted: Tue Feb 14, 2012 5:39 am
by tripodmvr
Die mikpunt is sekerlik om die maksimum spoed te verkry met veilige drukperke vir die kere wat jy die platste trajek soek. Akkuraatheid moet dan egter nog geld. Die laer nodes kan dan gebruik word vir spesifieke toepassings dws minder terugslag as kinders of vrouens die geweer gebruik, skiet van subsoniese ammunisie of skiet van wild op kort afstande. (die lekker eksperimenteer word ook nie uitgesluit nie)

Re: Klein ladings vir stadige nodes

Posted: Tue Feb 14, 2012 6:47 pm
by Jagtersdok
As jy teen laer snelhede laai helpit ook om fragmetasie te probeer beperk op van jou sagter koeels.

Onthou net dat mens ook nie te laag moet gaan sonder om vuller te gebruik nie want dan gaan jy pypbom bou

Re: Klein ladings vir stadige nodes

Posted: Tue Feb 14, 2012 7:37 pm
by TOKELOS
Jagtersdok,

By hoeveel % dopvulling begin dit laag en gevaarlik raak?

Re: Klein ladings vir stadige nodes

Posted: Tue Feb 14, 2012 9:00 pm
by Jagtersdok
So by 75% probeer ek maar altyd dacron filler gebruik om seker te maak dat die kruit in posisie bly

Re: Klein ladings vir stadige nodes

Posted: Tue Feb 14, 2012 9:10 pm
by TOKELOS
Dankie!!!!

Re: Klein ladings vir stadige nodes

Posted: Wed Feb 15, 2012 7:24 am
by pietjacobs
Ek het noudie dag gestaan en luister hoe die ouens ook oor die ding gesels. Ek neem aan Cobb wil skere maar net klein bietjie stadiger laai vir redes soos boskiet of so iets, maar die ouens wou kalibers gebruik vir vekeerde doeleindes. Hulle wil bv 'n 222-50 gebruik om soos 'n 308 te skiet en 'n 308 om soos 'n 222-50 te skiet.

My 1 vriend se altyd, "Gebruk die geweer waarvoor hy gebou is". As hy moet hardloop, jaag hom, as hy nie so vinning is nie, moet hom nie probeer vinning maak nie.

Groete,
Piet