Page 1 of 1

Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Tue May 23, 2023 5:53 am
by Frederik
[youtube]https://youtu.be/Q8Nccb-vlhU[/youtube]

Was weer lekker dag op die baan gewees hier is 'n idee wat julle kan verwag op ons skietdae.
Lekker pret en uitdagende bane wat jou en jou toerusting toets.

Re: Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Tue May 23, 2023 7:13 am
by DWB
Was 'n baie lekker dag!!!!

Re: Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Tue May 23, 2023 9:01 am
by Capt. Yoda
Watse kaliber is daai Sako wat daai 2de man gebruik het, darem n mooi stuk geweer daai

Re: Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Tue May 23, 2023 9:33 am
by Frederik
Ek neem aan dis die 450 Rigby by die renoster baan en dis 'n CZ550 met nuwe custom houtkolf.

Re: Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Tue May 23, 2023 9:40 am
by Capt. Yoda
Dankie, ek sien nou die agterkant van die slot. Bitter mooi kolf op daai CZ

Re: Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Tue May 23, 2023 1:47 pm
by Jaco vdW
Sjoe dit lyk heerlik.
Altyd pret om met die groot gewere te skiet. Sou nogal goed wees om weer so tipe skiet hier in die Kaap te doen...

Re: Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Tue May 23, 2023 2:16 pm
by Frederik
Jaco vdW,

Safari Outdoor doen mos 'n DGS kiet so een keer 'n jaar daar of nie.
Maar ek hoor die manne sukkel daar om genoeg groot kalibers bymekaar te kry. :laugh: :laugh: ++>:

Re: Video - BASA skietdag 20 Mei 2023

Posted: Wed May 24, 2023 8:58 am
by Jaco vdW
Safari Outdoor het inderdaad n DGS aangebied op Durbanville skietbaan vir so 4 of 5 jaar. Ek het aan die eerste 4 deelgeneem, en dit was ongelooflike lekker skiet dae. Goeie gees, uitdagende bane en mooi gewere. Het darem 2 pette om vir my moeite te wys ++>:

Die laaste een moes in 2016 of 2017 wees as ek reg onthou.