Page 1 of 1

Mid week wegbreek...

Posted: Sat May 20, 2023 10:56 am
by Ben Remington
Hartlike goeie oggend aan almal..

Die temperatuur begin nou mooi saamspeel vir die jagtery...die karkasse kan al saans buite hang. ;D

Ek en Myburgh en 'n maat het vroegoggend vertrek ...skool is mos darem nie als nie...my maat het hierdie mooi ou gemsbok koei geskiet ...omtrent nie 'n tand in haar bek oor nie , maar kondisie lyk heel goed. Ek kon die jong sog skiet...het sommer so vinnige draai geloop terwyl anner manne rustig was onder 'n Kameelboom ...Die gemsbok was so 160m weg ..skuins na ons gedraai...my maat het 'n mooiskoot geskiet en die bok nog so 80m gehardloop ..Ruger het ons mooi gehelp met die spoor in redelike dik bos..die WHT ras se neuse is baie goed...hys al 12 jaar oud ....en heel doof...maar
sy neus is onomstootlik presies.. ;D Ek sal die ou mis as hy eendag nie maar saam met my is nie.

Hier is so paar kikies.

Groetnis

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Sat May 20, 2023 10:57 am
by Ben Remington
....

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Sat May 20, 2023 10:58 am
by Ben Remington
....

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Sat May 20, 2023 2:43 pm
by Capt. Yoda
Baie mooi bok Ben. Gee jy om as ek vra wie se plaas julle op gejag het?

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Sat May 20, 2023 3:53 pm
by Ben Remington
Capt. Oblivious wrote: Sat May 20, 2023 2:43 pm Baie mooi bok Ben. Gee jy om as ek vra wie se plaas julle op gejag het?

Hallos...

Kyk asb jou pm.

Groetnis

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Sat May 20, 2023 3:57 pm
by Capt. Yoda
Dankie

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Sat May 20, 2023 4:24 pm
by Gideon@1
Ben, jy is geseën met die voorreg om so lekker te gaan jag!! En dan nog sommer in die middel van die week…
Pragtige fotos!!

Groetnis

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Wed May 24, 2023 5:21 pm
by partner
Groot dankies vir die deel Ben.

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Wed May 24, 2023 6:02 pm
by Trompie
Altyd lekker Ben

Sent from my LM-G850 using Tapatalk


Re: Mid week wegbreek...

Posted: Thu May 25, 2023 7:43 am
by Toyrsi
Dankie vir die deel Ben.
Ek is ook beskikbaar deur die week ;) :laugh:

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Thu May 25, 2023 10:02 am
by benniemyburgh73
Toyrsi wrote:Dankie vir die deel Ben.
Ek is ook beskikbaar deur die week ;) Image
ImageImageImageImage

Sent from my SM-A736B using Tapatalk


Re: Mid week wegbreek...

Posted: Mon May 29, 2023 6:23 am
by Frederik
Netjies dalk tyd om tweede hond te kry en dan kan leer van die meester.

Re: Mid week wegbreek...

Posted: Mon May 29, 2023 9:26 am
by KalahariKlong
Die man lyk baie bekend. Lyk soos my oud buurman se seun. Is dit n Rossouw wat daar langs jou sit?