Page 1 of 1
7 x 57 Poeier
Posted: Tue May 09, 2023 8:26 am
by GustavSnyman1
Hi Almal
Ek is opsoek na gepaste poeier vir my CZ550 7 x 57.
Ek het gedink S365. Sal dit werk?
Enige ander opsies in die mark?
Groete
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Tue May 09, 2023 8:37 am
by Johan Nel
Ek kan slegs gesels aangaande Somchem kruit waarmee ek ervaring het.
As jy kan kry is S355 die beste opsie.
S335 werk vir ligter koeëls, maar drukpieke kan voorkom. S365 kan gebruik word vir swaarder koeëls, maar die brandspoed is bietjie te stadig vir optimum spoed.
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Tue May 09, 2023 10:41 am
by Giepie
Wat se koeël beplan jy om te gebruik, gewig?
S365 sal kan werk, maar dalk bietjie stadige ontbranding, S355 gaan dalk weer te vining wees. As jy ingevoerde kruit wil gebruik kan jy kyk na Reloder 17.
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Tue May 09, 2023 11:37 am
by GustavSnyman1
Ek beplan om 156g Norma Oryx te skiet. In die toekoms wil ek graag by 170/175g bly.
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Tue May 09, 2023 12:36 pm
by tripodmvr
Hierdie mag dalk van hulp wees vir die 156gr Norma. Die laaste lotte van S365 ontbrand maar stadig en die dop kan dalk baie vol raak voor 'n praktiese node bereik word. Wat is die looplengte?
Temp 7x57.png
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Tue May 09, 2023 12:55 pm
by GustavSnyman1
Loop Lengte is 600mm (23.6 Inch)
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Tue May 09, 2023 1:25 pm
by tripodmvr
Dit lyk asof jy gemaklik so by 2800vps op Node 5 kan kom met S365. 'n Baie bruikbare spoed om mee te jag.
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Wed May 10, 2023 8:14 am
by GustavSnyman1
tripodmvr wrote: Tue May 09, 2023 1:25 pm
Dit lyk asof jy gemaklik so by 2800vps op Node 5 kan kom met S365. 'n Baie bruikbare spoed om mee te jag.
Baie Dankie!! Is dit met 48.7 grein poeier?
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Wed May 10, 2023 10:36 am
by Vissie
In myne(ook CZ550), laai ek 44.6gr S365 Dev (-0.1%) agter ‘n 162gr Hornady A-Max vir ‘n spoed van 2480fps.
Ek persoonlik dink die 2800fps kerf is een notch te vêr vir die kombinasie wat jy wil gebruik. Nie seker jy gaan gemaklik en akkuraat daar skiet nie, maar ek sien uit na jou resultate.
Groetnis,
Vissie
Re: 7 x 57 Poeier
Posted: Wed May 10, 2023 10:45 am
by tripodmvr
GustavSnyman1 wrote: Wed May 10, 2023 8:14 am
tripodmvr wrote: Tue May 09, 2023 1:25 pm
Dit lyk asof jy gemaklik so by 2800vps op Node 5 kan kom met S365. 'n Baie bruikbare spoed om mee te jag.
Baie Dankie!! Is dit met 48.7 grein poeier?
Die inligting bo is baie teoreties. Jy sal moet 'n lading ontwikkel.