Page 1 of 1

Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Sun Feb 12, 2012 10:24 pm
by 168 Supremacy
Naand manne

Is die jaar opsoek na 'n een van die twee bok soorte om te gaan jag vir trofee. Dit hoef nie noodwendig 'n Rowland Ward te wees nie, 'n goeie verteenwoordiger sal ook doen. Laat weet my as julle weet van iemand wat wel die spesie aan hou. Sit nou alreeds met 26 verskillende trofee in my Lapa en sal graag die twee ook wil byvoeg.

Groete
Wynand.

Re: Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Mon Feb 13, 2012 6:46 am
by tripodmvr
Het die naweek tussen Kroonstad en Welkom verby Lechwe Lodge gery en beide kere lechwe vanaf die pad gesien. Kyk of jy hulle nie kan opspoor in Google nie.

Re: Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Mon Feb 13, 2012 6:54 am
by Frederik
Wynand, as jy kan jy weet die beste plek vir daardie twee spesies is in Zambia en in die selfde area ook.
Anders weet ek daar is paar mooi plekke vir Lechwe's in Mpumalanga en Tsesebe gaan jy maar kry in die noord westelike dele van die ou transvaal. Onthou Tsesebe is 'n TOPS dier, terwyl jy die Lechwe net onder eienaar toestemming sal kan jag omdat dit 'n uitheemse boksoort is dit is nou binne RSA.

Re: Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Mon Feb 13, 2012 7:04 am
by Kallie404
Hello Wynand

Nou nie dat ek jou finansies betwyfel nie ;) maar ek glo jy weet dat jy jou sal moet reg maak vir spesifiek n rooi lechwe vir omtrent R 20 000 tot R 25 000 en vir n Tsessebe omtrent  R 12 000.00 tot omtrent  R 18 000.00. En dan praat ek van jag in suid afrika en net vir die trofees alleen,nog geen dag fooie ens bygereken nie.  Beslis nie n goedkoop speletjie nie !!  Ek was gelukkig genoeg om ,soos Frederik se ,  twee lecwe spesies te kon jag en n Tsetssebe in Zambie vir goedkoop ongeveer  15 jaar gelede.

Re: Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Mon Feb 13, 2012 7:35 am
by Geno
Wynand,
Ek kan moontlik help met 'n tsessebe. Een van die plase waar ek jakkalse skiet het 'n klompie.
Ek sal die eienaar kontak en uitvind.
Lechwe's is ook redelik maklik. Vosman en 'n pel van hom gaan volgende maand saam my takbok jag. Daar is lechwes op die plaas (gewees toe ek 3 jaar terug my takbok geskiet het). Ek sal kyk of daar nog oor is.

Groete,
Eugene

Re: Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Fri Feb 17, 2012 6:54 am
by Frederik
Wynand deur my goed bietjie rondgekrap bel die man Nico Fick 072 383 3963
Ek het in 2010 mooi lechwe met klient daar geskiet hy het klompie Fallows ook daar.

Re: Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Fri Feb 17, 2012 6:57 am
by 168 Supremacy
Dankie manne

Waardeer die terugvoer sal die manne 'n lui of twee gee en uitkyk wie my kan help.

Groete

Re: Tsessabe en Red Lechwe

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:14 am
by DWB
Nic Fick is besig om sy grond te verkoop as ek dit reg verstaan (Dis nou as dit die een hier by Panbult is), so jy moet dalk maar redelik haastig wees as jy met hom wil praat