Page 1 of 1

Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 11:38 am
by Henlo
Ons groep was die afgelope langnaweek op ons jaarlikse jag tussen Alldays en Musina. Die manne her lekker baie bokke geskiet en ek het kans gekry om n rooibok ram en n blouwildebees bull met my 357 Herrett te skiet. Rooibok was op omtrent 30m geskiet en die blouwildebees op so 50m
Ek sukkel om fotos op te laai as ek dit vir iemand kan stuur om te laai sal dit gaaf wees dankie

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 1:16 pm
by Hano243
Henlo 3.jpg
Henlo 2.jpg
Henlo 1.jpg

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 1:18 pm
by Henlo
Dankie Hano

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 1:20 pm
by Hano243
Henlo wrote: Thu May 04, 2023 1:18 pmDankie Hano
Mooi geskiet daar, baie geluk.

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 1:51 pm
by Toyrsi
Baie geluk.

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 3:54 pm
by sako 30-06
Baie geluk, dis n mooi gat daai deur die middel van die hart.

Ek neem aan die bok het nie baie ver gegaan nie?

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 6:27 pm
by Henlo
Hy het nogsteeds so 40 of 50m gehardloop na die skoot

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Thu May 04, 2023 7:31 pm
by Klein Chris
Wat se koeël en gewig laai jy? Teen hoeveel voete draf die koeël?

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Fri May 05, 2023 7:26 am
by Henlo
180 gr hornady interlock teen so 1950fps

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Fri May 05, 2023 7:44 am
by Lapua
Netjies, baie geluk.

Re: Contender Bwb en rooibok

Posted: Fri May 05, 2023 8:21 am
by Henlo
Ek moet se die is n lelike gogga as hy jou byt, ek het so paar jaar terug n rooibok en n vlakvark met my super blackhawk 44 mag geskiet, masr hierdie is vir my baie lekkerder. Nou soek ek iemand wat contender lope kan inbring dan gaan ek lekker speel