Page 1 of 1

Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 6:09 am
by win270
Goeiedag almal,

Ek is besig om bietjie huiswerk te doen vir 'n knaldemper vir een of selfs twee van my jaggewere - .270 en .308. Begroting is maksimum R5,000. Doel is om beide terugskop en klank te demp, dus iets wat redelik goed is in albei hierdie aspekte.

Is daar onlangs op Jaracal of selfs elders op groepe 'n paar vergelykings gemaak en toetse gedoen wat ek kan lees en bedink?

Sal waardeer as jul my kan bekendstel aan goeie inligting en "reviews" wat ek kan bestudeer oor die onderwerp. Produkte moet noodwendig plaaslik beskikbaar wees en naverkoopdiens is ook belangrik sou iets dalk aandag nodig het.

Baie dankie by voorbaat.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 8:00 am
by dennisinpe
Hier in Oos-Kaap word die Recoil Reaper baie hoog aangeslaan. Sal dit vir enigeen aanbeveel.
Dit het my 308 Norma Magnum n plesier gemaak om te skiet.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 8:03 am
by RUPERT
Ek is eker daar is dalk beter opsies daar buite maar Henk van Silent Hunter sal elke keer my keuse wees
ir n bekostigbare en lokale produk. Diens altyd uitstekend.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 8:13 am
by pwdejager
Daar was 'n ruk gelede 'n volledige review gedoen deur (ek dink) SA Jagters, ek heg hierby aan. Dit is nou al oud en baie ander is al op die mark.

Ek het self al 'n paar probeer:

1. Helber se Achmed: Baie geniet, sal weer koop;
2. NextLevel: Thread was sleg gesny, die wyse waarop die "tuner" werk hou ek nie van nie (hy kom los en verloor sy setting), sal nie weer koop nie;
3. Mute: Thread is sleg gesny, maar anders baie nice silencer. Sal ek weer koop? ek is nie seker nie;
4. Gunwarrior: ek het paar van hulle, uitstekende kwaliteit en resultate, sal defnitief weer koop;
5. APW Warbird: great kwaliteit en resultate, sal defnitief weer koop.

Daar is verkeie wat ek nog glad nie probeer het nie, maar ek is so beindruk met Gunwarrior en APW dat ek nie eers belangstel om iets anders te probeer nie.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 8:38 am
by avo
Ek kan silent hunter beaam. regtig waarde vir geld.

ek het my silent hunterop 30 06 vervang met n warrior met al die extras by. en om eerlik te wees die silent hunter was beslis sagter. Die silent hunter is ligter.en die recoil vermindering is daar so min verskil tussen twee maar hier wen die warrior. as die nie was vir die -tuner- funksie op warrior nie sou ek warrior maklik verkoop en silent hunter terug sit.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 8:50 am
by LUAN
Kyk maar hoeveel skote daardie silent hunter se baffels hou voor hulle begin roes ivm die ander. Ek sal die Recoil reaper hoogs aanbeveel en dan Gun warrior. Die ander een wat ook goed gemaak is en prys nie sleg is die Accurate arms sniper tec.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 10:32 am
by ruaanb
Nooit weer n Achmed van Helber nie. Krom getrek en geen na verkope diens nie.

Silent Hunter doen sy ding op my 6mm.
GunWarrior doen sy ding op my 300.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 10:44 am
by win270
Waardeer al die insette!! Baie dankie. Gee maar nog kommentaar om my te help met 'n keuse asb. :)

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 10:53 am
by Charles7x57
Beslis Silent Hunter.
Ek het een op my 30-06. Vat die recoil baie weg en het n fluit geluid as die skoot afgaan.
Op die 7x57 het ek een van Arm in Pretoria. Hy maak weer n blaas geluid amper soos in die flieks.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 12:28 pm
by jdpretorius
Ek't die korter Hunt Buddy van Silent Hunter op my 338wm wat Henk mooi getune het vir minder recoil. Hy't oor 800 skote deur sonder moeilikheid. Hy's al 2 keer 'skoon' gemaak, en het hom net gespoel met parafien om roes te verhoed.

Op n 30-06 het ek n Warrior laat op sit, bloot oor die barrel tuner & muzzle break kombo...anders was dit weer n Hunt Buddy

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 12:32 pm
by Dash431
+1 vir APW Warbird. Fantastiese produk

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 1:18 pm
by Lategan1
Ek het Silent Hunt Buddy op 7mm Rem Mag wilde perd vir jag. Vir die prys en effektiwiteit op ‘n werksgeweer, baie tevrede.

Skote so 300.

Beste.

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 1:53 pm
by Capt. Yoda
My eerste Silincers was Nightro's gewees, deur die jare is ek deur n paar verskillindes maar ek gebruik nog die eerste Nightro wat ek gekoop het vir my 30.06 en hy doen alles wat hy moet.
As ek weer koop sal dit Freyr & Devik wees net omdat hulle so lekker lig en kompak is en nog baie goed vaar as dit by klank en recoil demp kom maar hulle is bq duurder as R5000 elk, as jy hul gaan gebruik vir jag en bq tyken skiet is daar niks fout met Hunt Buddy nie hulle raak net vir my bq te vinnig warm as jy baie skote skiet en as hy eers lekker warm geraak het vat hy lank om af te koel, sit nou nog n groot vergroting scope bo op jou geweer dan raak dit bq n gesukkel met erge mirage.

Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 2:09 pm
by Toyrsi
Jy kan gerus na die Ph Precision kyk.( Soek hulle op Faceboek)
Word hier in Kathu deur Pieter vd Westhuizen gemaak.
Die produk is puik en die prys ook.
Daar is 3 grotes beskikbaar en jy kan n 'leather wrap" op hulle kry vir mirage.
Hier is 40 skote geskiet en kroon is nog redelik skoon.
Hulle kan ook basies enige iets vir jou op laser.Image

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Mon Apr 24, 2023 8:19 pm
by Jacques.308
LUAN wrote:Kyk maar hoeveel skote daardie silent hunter se baffels hou voor hulle begin roes ivm die ander. Ek sal die Recoil reaper hoogs aanbeveel en dan Gun warrior. Die ander een wat ook goed gemaak is en prys nie sleg is die Accurate arms sniper tec.
Ek het een met 3000 skote deur en skiet nog elke week met hom. Jy sal nie beter na verkope diens as Henk kry nie. Ondersteun hom nog altyd. Ek het wel 'n hele paar ander silencers probeer en ek is maar weer terug by Henk

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Tue Apr 25, 2023 6:47 am
by Klein Chris
Capt. Oblivious wrote: Mon Apr 24, 2023 1:53 pm As ek weer koop sal dit Freyr & Devik wees net omdat hulle so lekker lig en kompak is en nog baie goed vaar as dit by klank en recoil demp kom maar hulle is bq duurder as R5000 elk,
Hier stem ek saam met Cappie. As daar n "thread adapter" is sodat ek die 150 gram een op beide my gewere kan pas koop ek vandag een

Vir tyd en wyl doen die recoil reaper en accurate arms se recoil noise buster goeie werk

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Tue Apr 25, 2023 6:58 am
by win270
RUPERT wrote: Mon Apr 24, 2023 8:03 am Ek is eker daar is dalk beter opsies daar buite maar Henk van Silent Hunter sal elke keer my keuse wees
ir n bekostigbare en lokale produk. Diens altyd uitstekend.
Kan iemand dalk Henk se foonnommer / epos-adres vir my gee?

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Tue Apr 25, 2023 7:54 am
by Gian_dP
win270 wrote:
RUPERT wrote: Mon Apr 24, 2023 8:03 am Ek is eker daar is dalk beter opsies daar buite maar Henk van Silent Hunter sal elke keer my keuse wees
ir n bekostigbare en lokale produk. Diens altyd uitstekend.
Kan iemand dalk Henk se foonnommer / epos-adres vir my gee?
http://silenthunter.co.za/contact/

Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Tue Apr 25, 2023 8:04 am
by Capt. Yoda

Re: Onlangse vergelykings - knaldemper / silencer

Posted: Tue Apr 25, 2023 8:27 am
by win270
Capt. Oblivious wrote: Tue Apr 25, 2023 8:04 am henk@silenthunter.co.za
081 018 5444
Baie dankie.