Page 1 of 1
Dashcam vir padblokkades
Posted: Thu Apr 20, 2023 1:56 pm
by Eduard Venter
Dagsê. Is hier iemand wat 'n lekker dashcam gebruik wat die pad voor jou afneem, maar ook die korrupte spietkop wat jou onnodig teister? Ek soek maar so opsie. Kan iemand 'n aanbeveling maak?
Met ander woorde 'n dashcam met 2 kameras in en wat klank opneem. Moet alles kan sien wat by die drywer se venster gebeur. Ek is nou gaaivol vir polisie wat hulle mag misbruik om 'n paar rand uit jou uit te probeer maak. As die 2de lens onopsigtelik is sodat die poliesman dink hy neem net vorentoe af, nog beter.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Dashcam vir padblokkades
Posted: Thu Apr 20, 2023 5:35 pm
by Zuku
My twee R 100 se China shop dashcams werk al amper 7 jaar in my voertuie met goeie beeld en klank. Sien hulle stock nou ook Double lens dashcam vir so R 600.
Besoek jou naaste Electronic shop en vra watter opsies het hulle. Daar is self Dashcam waar jy n Slave camera agter in kattebak kan sit.
Re: Dashcam vir padblokkades
Posted: Thu Apr 20, 2023 8:13 pm
by Eduard Venter
Dankie, dis goed om te hoor.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Dashcam vir padblokkades
Posted: Thu Apr 20, 2023 10:02 pm
by Alwin
Zuku wrote: Thu Apr 20, 2023 5:35 pm
My twee R 100 se China shop dashcams werk al amper 7 jaar in my voertuie met goeie beeld en klank. Sien hulle stock nou ook Double lens dashcam vir so R 600.
Besoek jou naaste Electronic shop en vra watter opsies het hulle. Daar is self Dashcam waar jy n Slave camera agter in kattebak kan sit.
Sit bietjie fotos, name ens hier op asb?
Hier in die bos het die electronic shop nog net haasoor TV antennas.

Re: Dashcam vir padblokkades
Posted: Sun Apr 23, 2023 1:54 pm
by Zuku
Ek het my 2 Dashcams nog by een die 2 China malls naby Gold Reef City gekoop. Deesdae is daar n General Store (read China shop) in elke groot dorp omtrent. Daar stock selfs van die kleiner Chinese shops wat "trinkets" verkoop ook elektronies toerusting
Hierdie is die model ek gekoop het. Game het amper R 600 vir dieselfde model gevra dieselfde tyd.
https://futurama.co.za/volkano-street-s ... h-cam-720p
As jy die video direk op jou PC kyk vertoon die beeld en klank baie beter as Imgur se weergawe. Aktiveer die luidspreker vir klank.
https://imgur.com/a/Tbxp0CB
https://imgur.com/QCcH9N0
Die "Video clip" is met n Selfoon vanaf n "PC screen" opgeneem, dis hoekom kwaliteit so swak is
https://imgur.com/7buBlR0
Re: Dashcam vir padblokkades
Posted: Sun Apr 23, 2023 8:16 pm
by Capt. Yoda
Hier het nou n vars china shop by ons oop gemaak, sal bq gaan loer vir daai dashcam