Page 1 of 1
Somchem S365 lot verskille
Posted: Wed Mar 15, 2023 10:17 am
by sako 30-06
Ek het altyd 42.4gr gelaai van lot 084 in my .243 met n spoed van so 3050fps.
Die nuwe lot 092 verskil heelwat van lot 084, nou is die vraag hoe moet ek my lading aanpas met die nuwe lot.
Lot 084 : .080
Lot 092 : -0.10
Re: Somchem S365 lot verskille
Posted: Wed Mar 15, 2023 10:55 am
by Capt. Yoda
Drop maar die lading met so 10% en kyk wat se spoed jy kry
Re: Somchem S365 lot verskille
Posted: Wed Mar 15, 2023 11:15 am
by tripodmvr
Ek sou dieselfde lading laai met drie patrone en kyk watter spoed ek kry. QL kan dan vir jou 'n vinnige antwoord gee.
Ek het al berekeninge gedoen met Lot 92 en dit was in 'n 6,5x55 gewees. Brandtempo was 5% laer as die normaal vir S365. Jy behoort dus 'n laer spoed te kry.
Re: Somchem S365 lot verskille
Posted: Wed Mar 15, 2023 12:17 pm
by Capt. Yoda
Ek soos my gat gekyk ek dog die ouer lot is stadiger, ek stem saam met Oom Tripod jy behoort ok te wees
Re: Somchem S365 lot verskille
Posted: Wed Mar 15, 2023 1:09 pm
by sako 30-06
Baie dankie julle, ek maak so.
Re: Somchem S365 lot verskille
Posted: Sun Apr 30, 2023 3:45 pm
by sako 30-06
Ek is nou so bietjie deurmekaar, ek het gister gou 3 patrone gaan skiet.
Lot het ek hierbo verkeerd gegee, moet eintlik lot #100 wees.
Spoed as volg lot #100
42.4gr
3046
3037
3023
Ek het ook net om seker te maak 3 van my ou patrone geskiet.
3067
3062
3051
Ek sou gedink het dat die spoed heelwat minder sou gewees met die nuwe lot.
Re: Somchem S365 lot verskille
Posted: Sun Apr 30, 2023 5:05 pm
by tripodmvr
Kyk hoe maak 42,7gr om jou by die 3050/60vps nodeband te kry.
Re: Somchem S365 lot verskille
Posted: Mon May 01, 2023 7:02 am
by sako 30-06
tripodmvr wrote: Sun Apr 30, 2023 5:05 pm
Kyk hoe maak 42,7gr om jou by die 3050/60vps nodeband te kry.
Baie dankie Oom, ek waardeer dit.