Page 1 of 1

12 Boor swart kruit

Posted: Mon Jan 30, 2023 7:05 pm
by Clemens
Naand almal.
Vermoed ek ken die antwoord, maar is daar moontlik n maatskappy wat swart kruit haelgeweer rondtes verkoop in Suid Afrika? Het al n paar gesien in die buite land.. Maar niks in ons geweste nie.

Re: 12 Boor swart kruit

Posted: Mon Jan 30, 2023 9:11 pm
by Ferdi Bam
Hi Clemens,

Daar is n maatskappy in Rustenburg wat net buskruit verkoop, dis nou as jy nie met patrone regkom nie en herlaai as n opsie sou wil oorweeg. Skakel met die SA Black Powder Shooting Union, besonderhede op die web. Hulle sal jou die nodige inligting kan gee. Nodeloos om te se; as jy nie oor die nodige bevoegdheid ens, beskik moet nie jou eie en hulle tyd mors nie.

Ek hoop jy kom reg.

Groete

Ferdi Bam

Re: 12 Boor swart kruit

Posted: Tue Jan 31, 2023 5:45 am
by Clemens
Baie dankie Ferdi. Ja biskruit bevoegtheid is op my 2023 lysie, maar het hom nog nie op die stadium nie.

Re: 12 Boor swart kruit

Posted: Tue Jan 31, 2023 7:25 am
by Askari
Jy kan my kontak. Ek laai my eie BP patrone vir my 1891 Greener SxS.

Re: 12 Boor swart kruit

Posted: Tue Jan 31, 2023 11:10 am
by Clemens
Baie dankie Askari, hulp sal opreg waardeer word.