Page 1 of 1

Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Fri Jan 13, 2023 3:10 pm
by JBS
Goeie middag......
Ek het onlangs n 30-30 Win Marlin geweertjie bekom en is opsoek na lading vir vark- en bok jag.
Sou graag die 170gr Sierra FN wil probeer, maar is skrikerig dat die snelhede baie laag gaan wees.

Groete,

Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Sun Jan 15, 2023 10:35 pm
by Ds J
Naand JBS, ek het gou na Somchem se tabelle gekyk. Die 168gr koeëls lewer ongeveer 1700vps - 1900vps.

Selfs met 130gr koeëls is die trompsnelheid ongeveer 2200vps.

Dit lyk dus in beginsel na n stadiger kaliber wat jou een van twee keuses gee: druk hom so vinnig as moontlik met ligte, monolitiese koeëls; of kry n sagte koeël wat deeglik sal vervorm.

Ek sou sê dat jou beplande skiet-afstand n redelike groot faktor sal wees.

Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Mon Jan 16, 2023 1:55 am
by jacojrdn
Goeie dag. Soos Ds J se gaan die afstand wat jy wil skiet bepaal wat om te gebruik. Kyk ook na Hornady se FTX leverlution koeels. Hulle is gemaak vir lever aksie gewere en het n rubber punt sodat die skerp punt nie die patroon voor hom af sit met terugskop nie. As jy verder afstande wil skiet help hulle baie agv die koeel se vorm.

Ek gebruik hulle in my XVR 460 Mag. 200gr teen 2400vps. Het al n paar groot diere gejag tussen 100 en 200m en hulle hou mooi by mekaar.

Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Mon Jan 16, 2023 2:16 pm
by Cobus Wessels
Hallo
Basiese probleem is die teoretiese moontlikheid van koeëls wat in 'n buismagasyn mekaar kan ontsteek. Meeste toetse wys egter dit is super onwaarskynlik.
Desnieteenstaande is die profiel van punte vir die 3030 oor die algemeen aërodinamiese beroerd.
Verder het die ammunisie vervaardigers aanvanklik probeer om 150gr en 170g punte min of meer dieselfde impakpunt te gee sodat die oop visiere nie vervang hoef te word nie.
Kyk na die FTX mono punte. 150g.
Gee redelik werkbare trajek tot 150m.
Vir baie naby (tot 100m?) werk die plat neus 170 grein punte goed.
Ek gaan binnekort Peregrine se VRG3 punte probeer maar wonder of ek dalk gaan sukkel met die voermeganisme (mag dalk lank laai).
Geniet daai geweertjie. Hulle het hulle eie persoonlikheid.
Groete
Cobus

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk


Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Mon Jan 16, 2023 6:29 pm
by JJV
JBS wrote:Goeie middag......
Ek het onlangs n 30-30 Win Marlin geweertjie bekom en is opsoek na lading vir vark- en bok jag.
Sou graag die 170gr Sierra FN wil probeer, maar is skrikerig dat die snelhede baie laag gaan wees.

Groete,
Ek skiet nou al baie jaare met my Marlin 30-30, 31gr S335 op die 170gr Sierra Pro Hunter Flatnoses. Dodelik op koedoe en vlakvark, Dit is nie lang afstand geweer nie, so ek sal nie verder as 180-200m met hom skiet nie, onthou die Somchem spoed is met Contender 14” loop geskiet. Die cronie het +~ 2150 fps gewys alhoewel ek nie met sekerheid sal sê hy is 100% akkuraat nie. My geweer wou niks vd Hornady 160gr rubber punte weet nie. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Mon Jan 16, 2023 9:16 pm
by Ds J
Of jy moet hom maar laat Ackley :laugh: :laugh:

Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Tue Jan 17, 2023 5:07 pm
by wrm
In my Marlin.
150gr Sierra, 33.7gr S341, 2200fps (CCI), 2250fps (Win LRM) (Dis die "akkurate" lading, het so hoog soos 35.5/2400 gegaan)
170gr Sierra, 32.5gr S335, 2300fps

Dis met poeier van lank gelede toe mens nog kon poeier kry.

Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Tue Jan 17, 2023 6:08 pm
by Vleisie
Ek help n vriend laai, vir sy Winchester Ranger 30-30 laai ons 160gr Hornady FTX met 31gr S321 vir 2200fps.
Ek is maar versigtig om die ouer Winchester aksie harder te druk as dit, maar die meer moderne Marlins dink ek is gebou vir hoër drukking.

Re: Marlin 30-30 WIn - Resep vir jag

Posted: Thu Jan 26, 2023 9:29 am
by JBS
Baie dankie vir die raad.... Sien uit om die roertjie se potensiaal te sien.
Sal n foto plaas as die bok geval het!