Page 1 of 1

jag die naweek

Posted: Tue Feb 07, 2012 1:40 pm
by kopskoot
Manne ,ek het onlangs my lesensie gekry vir 'n nuwe 338 Lapua, en ek is bitter lus vir bloedtrek. Weet enige iemand van 'n plek naby (omtrent 300km) Pretoria, waar ek die naweek
" 'n ding kan loop sta skiet " soos hulle in die karoo se!

enige iets van 'n springbok en groter!

Re: jag die naweek

Posted: Tue Feb 07, 2012 2:12 pm
by Geno
Kopskoot,
Hoe ver wil jy skiet?

Re: jag die naweek

Posted: Tue Feb 07, 2012 2:29 pm
by BLOK
Geno as ek reg verstaan 300km hahaha

Re: jag die naweek

Posted: Tue Feb 07, 2012 4:25 pm
by Dippies
As n man met daai gun gaan skiet is daar baie reelings wat getref moet word. Daai 338 slaan seker plague van jou tande af. Nogals goeie idee om so n roer he, dan spaar met op tandepaste en borsel, kan liewers ammo koop dan.

Jy sal moet toestemming kry op die plaas waar jy gaan staan en skiet dan toestemming by die plaas waaroor jy gaan skiet en toestemming by die boer op wie se grond die bok staan, ;D ;D ;D ;D ;D

Geniet daai kanon

Dippies

Re: jag die naweek

Posted: Tue Feb 07, 2012 6:17 pm
by kopskoot
Geno

Man so 300m sal werk, of dalk iets verder.( net tot voor dit oneties raak ha-ha)

Dippies

Die gun skop minder as my 25 06, so sorry,jy sal moet aanhou tandepasta koop as jy een aanskaf

Groete