Page 1 of 1
Op soek na gemerbier resep dankie vir die moeite..
Posted: Mon Feb 06, 2012 8:23 pm
by dan
Dagse kerels ek sal dit regtig waardeer as jul vir my n gemer bier resep op kan sit ek wil bietjie probeer om dit te maak.ek het probeer maar daardie probeerslag was baie gevaarlik dankie
Re: Op soek na gemerbier resep dankie vir die moeite..
Posted: Mon Feb 06, 2012 8:53 pm
by molopohunter
Hehe, het die emmer ontplof.
Ek sal gou more my skoonma sn opsit. Dis maklik en vrek lekker.
Dis ook nie gevaarlik nie want dit kom van my skoonma af en ek leef nog.
Groete
Peet
Re: Op soek na gemerbier resep dankie vir die moeite..
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:06 pm
by Christo
1 gelling lou water
3 koppies syker
half pakkie kremetart
kwart pakkie tartaric acid
1 eetlepel fyn gemmer
kwart koekie saamgepersde suurdeeg
5 rosyne
Wanneer die rosyne begin dryf gooi af deur moselien doek en gemmerbier is gereed.
Die resep kom nog van ouma af. Net so oorgetik hier. Jy kan maar die metrieke aanpassings self maak. Moet nie kurk proppe gebruik en moet nie op warm plek stoor.
Daar is nie lekkerder gemmerbier as die nie.