Page 1 of 1
Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 10:27 am
by wingover
Dags? Almal
My naam is Francois Badenhorst. Ek is n wilds,bees,skaap en boerbok boer hier in die Koedoeskop omgewing so 60 km voor Thabazimbi op die Brits pad (R 511). (As iemand ooit skade op die stuk pad opdoen agv van ons slegte pad kan julle my gerus op 0824653737 skakel vir enige hulp of bystand. Ek is seker baie van die Forum lede gaan jag in die Thabazimbi omgewing en veder op Ellisras se kant toe). Ek is n gekwalifiseerde beroepsjagter en baan offisier asook toegewyde jagter en sportskut . Ek jag en herlaai al vir 31 jaar. Ek laai vir al my wapens behalwe my .22 Brno de lux , 12 boor Lanber en .22 Ruger pistool. Die kalibers wat ek het en voor laai is .243 Win custom Mauser. 6.5x57 Mauser. 270 Win mod. 80. 308. Remington BDL. 700. 300 H&H pre 64. 30.378 Weatherby Mag. custom R.S.A. ( self gebou saam met Hennie Mulder van Krugersdorp) 375. H&H Brno ZKK 602. CZ 75 mm para. 30 Mauser c96 Broomhandle. 357 Uberti S.A. Ek sien uit om saam te kuier asook inligting en ervaaringe te deel met almal op die forum

Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 10:31 am
by Geno
Welkom Francois!
Ek glo jy sal dit geniet hierso! My tuisdorpie is Rooiberg, sommer naby aan jou.
Jy moet ons maar bel as die varke pla op die spilpunte daar langs die rivier!
Groete,
Eugene
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 10:32 am
by BLOK
Baie welkom
N man wat van n 300H&H hou sal dit virseker hier geniet. Ek is sommer bly ons word meer hier.
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 10:49 am
by Lourens
Baie welkom hier Francois, glo jy sal dit baie geniet!!
Groete,
Lourens
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 11:00 am
by Jakkalsgat
Welkom Francois en dankie vir jou aanbod vir hulp, ek is seker almal kry een of ander tyd iemand se hulp nodig.
Groete
Jaco
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 11:03 am
by Gerhard
Baie welkom op die forum.
Gereeld daar by jou verby gery oppad Dwaalboom se rigting toe.
Maar ry nou die Northam pad om.
Baie stiller en dan ook geen slag gate nie...
Jy gaan die forum baie geniet.
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:19 pm
by Ian
Hallo Francois
'n Blerrie klein wereld. Welkom hier op die forum. Daar is nie medisyne om jou te genees as jy eers op die forum is nie. Hier ontmoed jy nou die mense van die aarde. Geniet hom.
Groete Ian
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:25 pm
by Pvdw
Baie welkom Francois.
Hier gaan jy lekker kuier en lyk my sommer raad ook gee met jou klompie ondervinding.
Peet
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:33 pm
by Christo
Welkom Francois, jy sal dit geniet hier, dankie vir die nommer.
Geno wrote:
.....................My tuisdorpie is Rooiberg.............
Geno, ek het iewers in 1981 daar in daai wereld my mal gehardloop/berggeklouter/ afge...... en baie geleer van skietgoete. Lekkerste waartlemoene daar langs die pad ge-eet ook. Dit was in die goeie ou dae toe jy nie kon chicken nie, op amper ons eerste dag is een ou al ge"board" met stuk skrapnel in sy skouer. Toe het die good guys nog met lewendige ammo op jou geskiet om jy "man" te maak.
Ai hoe verlang ek nou.
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Tue Feb 07, 2012 4:27 pm
by theedge
Baie welkom en geniet dit saam ons - bly om kennis te maak
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Tue Feb 07, 2012 7:28 pm
by Marc
Dags? Francois
Baie welkom, jy gaan dit baie geniet hier
Groetnis
Marc
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Tue Feb 07, 2012 9:10 pm
by douw
Baie welkom
ek laaik jou versameling
groetnis
douw
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Wed Feb 08, 2012 8:35 am
by ablm468
Francois
Baie welkom op die forum, ek het al baie geleer en ek glo jy sal ook baie kan leer en ook miskien van jou ervaringe deel met ons.
Ek kom gereeld in daardie omgewing aangesien my broer 'n vakansiehuis op Leeuwpoort het, mooi area daai, het ook my jag hierdie jaar geboek in die Thabzimbi omgewing. Eerste keer in 'n lang tyd wat ek weer in die bosveld gaan jag, sien baie uit daarna.
Geniet die forum.
Groetnis
Hansman
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Wed Feb 15, 2012 9:25 am
by wingover
Dankie aan amal vir die verwelkoming. Ek sou graag meer tyd op die forum wil spandeer maar ongelukkig moet n ou ook so nou en dan maak of jy werk! Ek het n interesante ondervinding opgedoen met die herlaai vir die 30-378 wby en gaan dit met almal deel in die herlaai afdeling en hoor of iemand al dieselfde verskynsel gekry het as wat ek gekry het. Groete en hou die lope skoon.
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Fri Mar 23, 2012 1:20 pm
by Cz_apie
Bly om te hoor jy het die 30.378 Weatherby Mag se probleem uitgesorteer , as ek dit nie self op die skietbaan gesien het sou ek die probleem moeilik aan iemand kon beskryf - nog nooit n dop so iets sien doen nie - wag om dit in herlaai te sien , sal interesant wees om die ander se menings te sien

Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Fri Mar 23, 2012 10:42 pm
by visstok
Welkom, hoop jy geniet dit baie hier saam met ons! Groete visstok
Re: Nuwe Lid van Koedoeskop
Posted: Tue Mar 27, 2012 5:38 pm
by Ferdi
Baie Welkom
Groete
Ferdi