Page 1 of 1

Nuwe Kolf vir P14 Enfield

Posted: Wed Nov 09, 2022 12:35 am
by Blairadam
Ek het n P14 303 enkelskoot met n skyfskiet swaar loop. Die hout kolf het beter dae gesien en ek wil iets beter opsit want die geweer groepeer nog baie goed so gaan hom nog lank gebruik. Weet enige iemand dalk van n kolf wat sal pas?

Re: Nuwe Kolf vir P14 Enfield

Posted: Wed Nov 09, 2022 5:49 am
by ruaanb
Jy kan laat maak of jy kan n sintetiese kolf koop by Smoking Guns en opsit.

Re: Nuwe Kolf vir P14 Enfield

Posted: Wed Nov 09, 2022 11:52 am
by Blairadam
ruaanb wrote: Wed Nov 09, 2022 5:49 am Jy kan laat maak of jy kan n sintetiese kolf koop by Smoking Guns en opsit.
Dankie Ruaan, sal na hulle kyk.

Re: Nuwe Kolf vir P14 Enfield

Posted: Wed Nov 09, 2022 6:40 pm
by Blairadam
ruaanb wrote: Wed Nov 09, 2022 5:49 am Jy kan laat maak of jy kan n sintetiese kolf koop by Smoking Guns en opsit.
Dankie Ruaan, na hulle webblad gekyk en n paar goeie kola gesien. Het hulle n epos gestuur. Ek kom later die maand SA toe en gaan verby Potch oppad Kaap toe en sal by hulle aangaan. Ek sien daar is nog n maadskappy Armtec in Potch wat ook kolwe maak. Meskien altwee besoek. Sy gaan sommer baie mooi lyk in een van daai kolwe... :)

Re: Nuwe Kolf vir P14 Enfield

Posted: Wed Nov 09, 2022 7:58 pm
by junglejulian
Martin Van Smoking Guns het altyd vir Armtec gewerk so die kolwe het baie van dieselfde ontwerp en konstruksie.Albei is goeie kolwe.Miskien net bietjie swaar vir gewone loop en jag geweer maar goed vir bakkie en teiken skiet geweer

Re: Nuwe Kolf vir P14 Enfield

Posted: Wed Nov 09, 2022 11:53 pm
by Blairadam
junglejulian wrote: Wed Nov 09, 2022 7:58 pm Martin Van Smoking Guns het altyd vir Armtec gewerk so die kolwe het baie van dieselfde ontwerp en konstruksie.Albei is goeie kolwe.Miskien net bietjie swaar vir gewone loop en jag geweer maar goed vir bakkie en teiken skiet geweer
Dankie junglejulian, nou verstaan ek hoekom daar twee winkels in Potch is. Diensplig daar gedoen maar was meskien 24 jaar laas daar. Hou van n swaar kolf, help dat die kolf nie so maklik buig nie.