Page 1 of 1

8 twist howa 223 rem

Posted: Fri Nov 04, 2022 2:00 pm
by Henlo
Is hier iemand wat al met n nuwe 8 twist howa 223 rem skiet? Sal graag wil hoor watse punte julle skiet teen watse spoed, en natuurlik die akkuraatheid

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Fri Nov 04, 2022 2:37 pm
by Nico Harris
Mini aksie?

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Fri Nov 04, 2022 4:39 pm
by Henlo
Gewone kort aksie, maar ek sien daai mini van jou loop oop

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Fri Nov 04, 2022 8:43 pm
by Apie
Henlo wrote:Is hier iemand wat al met n nuwe 8 twist howa 223 rem skiet? Sal graag wil hoor watse punte julle skiet teen watse spoed, en natuurlik die akkuraatheid
‘n Dop vol S321/RifleX met 53gr Vmax @ 3380fps


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Nov 05, 2022 6:38 am
by Henlo
Dankie Liaan, weet jy of hulle die swaarder punte ook mooi skiet?

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Nov 05, 2022 6:45 am
by Johan Nel
Henlo wrote: Sat Nov 05, 2022 6:38 am Dankie Liaan, weet jy of hulle die swaarder punte ook mooi skiet?
Dit wil voorkom dat jy dalk 'n bepaalde grein koeël reeds ingedagte het. Dalk kan jy sê wat jy in gedagte het, dan kan die manne wat weet beter raad gee.

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Nov 05, 2022 6:49 am
by Apie
Henlo wrote:Dankie Liaan, weet jy of hulle die swaarder punte ook mooi skiet?
Hy sal ja!

Varget agter ‘n 75gr ElmM @ 2940/2950fps werk ook gaaf.

Die 53gr VMaxe is baie lank so jy moet hom oor 3300fps uit ‘n 12 twist skiet om hom mooi te stabiliseer.

Die 8 twist is lekker aanpasbaar.

Jy kan ook 70gr Rdf lekker gooi uit om uit.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Nov 05, 2022 7:42 am
by tripodmvr
Apie wrote: Fri Nov 04, 2022 8:43 pm
Henlo wrote:Is hier iemand wat al met n nuwe 8 twist howa 223 rem skiet? Sal graag wil hoor watse punte julle skiet teen watse spoed, en natuurlik die akkuraatheid
‘n Dop vol S321/RifleX met 53gr Vmax @ 3380fps


Sent from my iPhone using Tapatalk
Watter lengte loop het jou geweer?

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Nov 05, 2022 8:49 am
by Henlo
Dankie, ek het juis gekyk na die 75 gr eld m, of dalk n 80 gr matchking, ek het nog nooit great resultate met hornady eldm's gekry nie. Die een wat ek gekoop het het n 24 duim loop

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Nov 05, 2022 9:45 am
by Hercules Louw
Vir die 75gr en swaarder ELdM om te werk moet jou patroonlengte langer wees as wat die normale magasynlengte is. Maksimun gespesifiseerde patroonlengte vir n 223 is 57.4mm. Teen daai lengte is die ogief van die 75gr EldM binne die dop. Selde probleem met 80gr Sierra's. 70gr Nosler RDF het n beter profiel en steeds van die hoogste bc's in sy gewigsklas. 3000ft/s word maklik behaal met 70gr RDF en S321 uit n 24duim loop.

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Nov 05, 2022 11:54 am
by tripodmvr
My vraag oor looplengte. Hiermee berekening met 24 duim loop. Druk begin na die hoë kant gaan en looptyd dui op die 1/2 node tussen Nodes 3 en 2. Ek skiet gewoonlik op Node 3 wat naby 3250vps is.
Temp223.png

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sun Nov 06, 2022 8:04 pm
by Alwin
Howa het nou 3 verskillende 223 gewere in die mark met 1:8" groefdraai:
1. Mini aksie met 20"loop.
2. Kort aksie met standaard profiel 22" loop.
3. Kort aksie met dik (varmint profiel) 24" loop. Hierdie ene kom met 'n 1/2" 28TPI skroefdraad en -beskermer.

Met my beperkte ondervinding wil die Hornady 75gn ELDM nie mooi werk nie, waarskylik omdat ek die spoed nie hoog genoeg gejaag kan kry nie.
Die Howa gebruik 'n dikker slagpen as meeste ander op sy 223 gewere, wat probleme gee met slagdoppies wat deurblaas as die druk te hoog gaan. Sien my draad elders oor my stryd met die verskynsel.

Tot dusver het ek skaflike resultate gekry met Nosler se 80gn CC en Varget teen 2760fps.
Op Hercules se aanbeveling het ek 'n paar Nosler 70gn RDF aangeskaf om te probeer. Kom ons hou duim vas...

Die swaarder koeëls verander die 223 se terminale verrigting dramaties. Die lang koeëls gee baie beter penetrasie en baie minder wind-defleksie.

Baie van die gewere met 1:8" groefdraai het 'n langer vryboor om die langer koeëls te kan akkomodeer. Jy kan dus jou TPL dramaties verleng. Die magasyne maak egter nie daarvoor voorsiening nie en moet aangepas of vervang word.

Ek vind ook dat hierdie gewere oor die algemeen swak groepeer met konvensionele 50-55gn koeëls. Natuurlik is daar altyd uitsonderings. Toets om te kyk wat joune verkies.

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sun Nov 06, 2022 8:14 pm
by Lategan1
Ek en Tripod het jaar of wat gelede oor die SR primers gesels. Ek verbeel my dit was Mellies wat verder huiswerk oor die “piercing primers” sou doen.

Dit is nie net eie aan die Howa nie, my Remington mod 700 doen dit ook, dalk vir ander rede.

Beste.

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Mon Nov 07, 2022 8:17 am
by JF123
Alwin wrote: Sun Nov 06, 2022 8:04 pm ...

Baie van die gewere met 1:8" groefdraai het 'n langer vryboor om die langer koeëls te kan akkomodeer. Jy kan dus jou TPL dramaties verleng. Die magasyne maak egter nie daarvoor voorsiening nie en moet aangepas of vervang word.
...
Kan jy dalk vir my sê waar mens die .223 Rem gewere met die langer vryvoor in die hande kan kry?

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Mon Nov 07, 2022 11:38 am
by JohanNaude1902
62grn Nosler Varmaggedon, Riflex kruit en FED GM primers loop soos stroop in myne

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Mon Nov 07, 2022 3:09 pm
by Henlo
Ek het nou n pak van 500 nosler rdf 70gr punte gekoop om sommer die loop in te breek en te kyk of hulle nie dalk mooi gaan skiet nie, hulle is lekker cheap so dit sal nice wees as hulle mooi skiet

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Tue Nov 08, 2022 9:02 pm
by Alwin
JF123 wrote: Mon Nov 07, 2022 8:17 am
Alwin wrote: Sun Nov 06, 2022 8:04 pm ...

Baie van die gewere met 1:8" groefdraai het 'n langer vryboor om die langer koeëls te kan akkomodeer. Jy kan dus jou TPL dramaties verleng. Die magasyne maak egter nie daarvoor voorsiening nie en moet aangepas of vervang word.
...
Kan jy dalk vir my sê waar mens die .223 Rem gewere met die langer vryvoor in die hande kan kry?
Ek kry hulle sommer by my plaaslike wapenwinkel.

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Tue Nov 08, 2022 9:05 pm
by Alwin
Henlo wrote: Mon Nov 07, 2022 3:09 pm Ek het nou n pak van 500 nosler rdf 70gr punte gekoop om sommer die loop in te breek en te kyk of hulle nie dalk mooi gaan skiet nie, hulle is lekker cheap so dit sal nice wees as hulle mooi skiet
Gee asb terugvoer oor jou resultate?
Die internet-wysheid beweer dat die RDF's goed groepeer as hulle baie naby aan (+/-0.5mm) die groewe geplaas word, of baie ver (5mm+) vanaf die groewe.

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Wed Nov 09, 2022 7:48 am
by Henlo
Ek sal defnetief kom laatweet hoe hulle maak, ek het al in die verlede 140 gr rdf punte op met die 6.5 creedmoor probeer maar die resultate was glad nie goed nie

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sat Dec 03, 2022 5:20 pm
by Snorkelman
Middag, ek het 'n Tikka Super Varmint in .223 met 'n 1 in 8 twist. Skiet 'n 75 gr ELDM met n TPL 61.5 teen 2950 met 24.2 gr S321. Moes wel 'n Waters magasyn kry om die hele ding te laat werk. DIe magasyn is die "T3 223 base 6R 2.6" OAL" model. Hoop dit help. Hy gooi ook die die 53 gr Vmaxe mooi teen 3380 met S321. Die magsyne maak 'n wesenlike verskil.

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sun Dec 04, 2022 12:28 am
by JF123
Ek gebruik die 75 ELD-M met 25.6gr S341. Tikka T3x Super varmint met 1:8" loop van 23.7". Kry 2910fps. Groepering is so 3/4 moa.

Nie briljant op kort afstand nie, maar doennogal goed op pang afstand as jy kan wind lees

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sun Dec 04, 2022 6:48 am
by JohanvB
Ai, ek sou nou hou van so geweertjie met 22” lopie…

Waar sou ek gaan kyk vir een??

Re: 8 twist howa 223 rem

Posted: Sun Dec 04, 2022 8:17 am
by Martiens Bekker
JohanvB wrote: Sun Dec 04, 2022 6:48 am Ai, ek sou nou hou van so geweertjie met 22” lopie…

Waar sou ek gaan kyk vir een??
Enige 24" loop + ystersaag + sny nuwe kroon. Siedaar, 22" loop.