Page 1 of 1

Cabanossi droewors

Posted: Wed Nov 02, 2022 11:25 am
by Chris (vdB)
Dagse Almal

Is daar van julle wat Cabanossi op hang om droewors te maak? Ek het onlangs n' stukkie geeet wat n' kennis vir my gegee het, maar hy het dit nie self gemaak nie, dit help dus nie ek vrae hom uit oor die prosses nie. Ek wil graag weet watse spice julle gebruik daarvoor, bv Cabanossi spice of die Cooked Russian/Salami spice, en of dit gerook word voor die tyd of netso op gehang word?

Dankie
Groete

Re: Cabanossi droewors

Posted: Wed Nov 02, 2022 11:36 am
by Riaan Kriel
Ek het die gewone cabanossi speserye gebruik en die resep gevolg op ide pakkie. Het vlakvarkvleis gebruik en dit normaalweg opgehang. Dit het heel goed geproe maar wel effens aan die droë kant na my smaak omrede daar nie ekstra vet bygevoeg was nie.

Het toe weer 'n mengsel gemaak met swartwildebees vleis en het so ongeveer 18-20% brisketvet bygemeng die keer. Dit was baie lekkerder volgens my smaak.

Geen koue rook of smokers-essence of iets gedoen nie. Hanteer soos droëwors en resep op die pak gevolg. Het wel gedink om moontlik volgende jaar weer te probeer maar dan wel smokers-essence by voeg om te proe

Re: Cabanossi droewors

Posted: Wed Nov 02, 2022 1:16 pm
by Chris (vdB)
Dankie Riaan

Nog n' vraag wat ek het is, ek sien Crown het twee verskillende Cabanossi spices, Counrty Cabanossi en Gold Crown Cabanossi. Watter een is die lekkerste?

Re: Cabanossi droewors

Posted: Wed Nov 02, 2022 2:32 pm
by Riaan Kriel
Ek het die Country een gevat as ek reg onthou... Was al wat toe by ons plaaslike winkel beskikbaar was