Goeiedag
Ek is tans besig om n lading vir my .30-06 te ontwikkel met VV N560 kruit en hornady se 178gr ELD-X punte maar ek is kan noe data vir hierdie kombinasie vind nie.
Het iemand moontlik met die kombinasie al gelaai wat bereid is om raad te gee?
Ek gebruik normale PMP doppe en CCI Lrg rifle primers.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
.30-06 laai data vir 178gr ELD-X met VV N560
-
SkollieDuToit
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Mon Oct 31, 2022 7:58 pm
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: .30-06 laai data vir 178gr ELD-X met VV N560
Jy kry moontlik nie data nie omdat N560 te stadig is en N550 beter gaan werk. N560 gaan nie volledig ontbrand nie en moontlik vir jou baie wisselvallige spoed gee.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .30-06 laai data vir 178gr ELD-X met VV N560
Welkom by ons.
VV se webtuiste gee baie weersprekende ladings wat mens bang maak om raad te gee. Ek sou kyk wat 56gr en die 178ELDX maak. Dit kan dalk help om Magnum slagdoppe te gebruik en ook die langste praktiese TPL. N560 brand stadig en daarom word die dop gou vol. My lading kom vanaf Quick Load en vergelyking met VV se voorstelle. Meet asb. die spoed, want daarmee kan mens beter raad gee.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
SkollieDuToit
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Mon Oct 31, 2022 7:58 pm
Re: .30-06 laai data vir 178gr ELD-X met VV N560
Hello hello
Ek het al 2 itterasies gelaai deur die voorgestelde ladings vir die 180gr punte waarvoor daar data is. Ek het huidiglik dit gebring tot by 4 moontlike ladings wat goed groepeer in my geweer (56.2, 56.5, 56.8, 57.1)grs. Ladings bo 57.6 grs het effe tekens van druk begin wys (geen krake of so maar wel platter gedrukte primers as gewoonlik) so ek het besluit om 57.1 grs as 'n maksimum te gebruik.
Sover kon ek net die 56.8grs skiet (die wind het my ingedoen die naweek) en sy snelheid lê rondom 2660 fps.
Ek het gejag met die lading die afgelope naweek (nadat ek bevestig het die lading gropeer onder 2 duim op 100m in die wind) en die akuraatheid was meer as voldoende vir jag. Ek sal die ander ladings in 'n week of so gaan skiet om op 'n finale, meer akkurate lading te eindig.
Ek sal wel nadat die VV N560 op is oorweeg om oor te skuif na iets soos die VV N550 wat julle voorgestel het.
Sal julle op hoogte hou van die volgende itterasie.

- avo
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm
Re: .30-06 laai data vir 178gr ELD-X met VV N560
Probeer gerus IMR 4350 saam jou 178/180 gr
Spoed wat jy soek is 2650vt/s en behoort rondom 54 tot 55 gr Imr te wees [skiet jou eie Ladder]
Jy kry baie beter dopvulling asook minder druk.
n verdere bonus is die kruit is effens goedkoper asook meer gereeld beskikbaar as N550.
As jou geweer nie met IMR 4350 en 180 grein punte groepeer nie - Gooi weg jou geweer .