Page 1 of 1

Mystery 300 win Howa 26"HB

Posted: Mon Oct 24, 2022 8:19 pm
by Diesel Dog
Vandag n man gehelp met nuwe Howa 300 win met HB 26" 1-10 twist loop,nie geweet daar bestaan so iets nie.

Lapua doppe 91gr
ELDM 208GR
TPL 92.1MM
LADING 75.5 GR N570( LABRADAR)2730FPS


Kan die kombo by 2950 fps uitkom?

DD

Re: Mystery 300 win Howa 26"HB

Posted: Mon Oct 24, 2022 8:28 pm
by Ockert1992
Jy het .308's met sulke lope opgekry....

Re: Mystery 300 win Howa 26"HB

Posted: Mon Oct 24, 2022 9:37 pm
by Gawie(13mm)
N570 brand te stadig vir die kombinasie. Node is op 77 grein @ 2798 vps. Dopvulling is 104 % met 94 % verbranding.
N560 is 'n beter roep en sal jou naby 2870 vps kry.

Re: Mystery 300 win Howa 26"HB

Posted: Mon Oct 24, 2022 10:12 pm
by Diesel Dog
Dankie Gawie presies wat ek vir die man gese het , maar you tube maak die mense slim . :laugh: :laugh:

DD

Re: Mystery 300 win Howa 26"HB

Posted: Tue Oct 25, 2022 6:51 am
by Gawie(13mm)
Dit is dieselfde rede hoekom pasiĆ«nte met dokters en aptekers stry.šŸ¤”šŸ¤£
My tandarts vertel van die jong persoon wat daar by hom kom aanklop met tandpyn en synde die persoon klaar die diagnose gemaak het moet daar sekerlik 'n stewige afslag wees.
Die tandarts trek toe die spuit vol papbeksop en skakel die suig-apperaat aan. Hy pak die boor, spieƫltjie en griffels uit en staan uit sy stoeltjie op met die woorde: "...as jy klaar is, stuur my 'n Whatsapp; ek gaan bank toe!"

Re: Mystery 300 win Howa 26"HB

Posted: Tue Oct 25, 2022 9:37 am
by Arnold
Retumbo sal jou antwoord hierso wees. Met iewers in die omgewing van 77gr gaan jy daai node anderkant 2900fps slaan ;)