Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post Reply
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post by klipspringer »

Hello Manne

Ek sal graag julle menings van bogenoemde teleskoop in terme van dag-, nag-, vlakte-, en bosskiet wil sien.

Neem gerus die volgende en meer in ag:

vergrotingsreeks van 2.5-16x,
objektiefgrootte van 50mm,
4A verligte kruishaar,
"eye relief" van 100mm,
sigveld van 14m op 100m @ 2.5x en 2.3m op 100m @ 16x,
verstelling van 78 MOA,
kliekwaarde van .36 MOA, ens.

http://www.bushnelloutdoorproducts.eu/w ... 0/652165e/

Trek hom uitmekaar, gee krediet, ens. asseblief.

Dankie.

Jan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post by muishond »

Hallo Klipspringer

Ek loer al lankal na hierdie scope, net die een sonder die verligte kruishaar. Hulle noem hom die fine duplex.
Wat ek nie kan verstaan nie is dat so min mense die scope in SA gebruik, kyk maar by die top 50 jaggeweer skieters is daar niemand wat hierdie scope gebruik nie. Ek dink hy is nog nie so bekend hier by ons nie, waar daar in US redelik met lof van die ELITE 6500 gepraat word.
Persoonlik dink ek dit behoort n baie lekker scope te wees, want sy prys vertel dit ook. Hy vergelyk met die MEOPTA MEOSTAR reeks en BURRIS BLACK DIAMOND reeks, wat top scopes is.
Ek hoop daar is iemand wat ons bietjie meer kan vertel wat die scope gebruik.

Groete
Muishond
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post by tafjak »

Mushond

Niel Viljoen skiet ook een.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post by LUAN »

Ek like hom ook en kyk hom al lank ;). Jy kry hom met 42mm objective en mildot kruishaar ook ek dink. Nogsteeds te veel geld vir my. Maar as dit nie n probleem is dink ek sal jy hom waardeer. Hy het alles wat jy wil he. 2.5 vergroting vir bos en 16xmag vir die lang skote. Sit hom op jou sniper .308 en jy het n baie "versatile scope" Dis maar hoe ek dink. Kom ons hoor wat se die manne wat weet.

Safari & outdoor het hom:http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... fine_multx
Last edited by LUAN on Sun Feb 05, 2012 6:47 pm, edited 1 time in total.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post by klipspringer »

Muishond, Tafjak en 303,

Ek kan se dat die 4.5-30x50 model uitstekend werk vir baanskiet en uitkenning tydens vlaktejag, en ek verwag dat die 2.5-16x model meer geskik vir meeste jagdoeleindes is.

Wat ek uit die spesifikasies en julle opmerkings aflei is dat die 2.5-16x vergroting model baie goed vir meeste jagafstande behoort te werk en die 50 mm objektief vir dag en nagtoestande geskik is. Die 100 mm "eye relief" lyk op papier baie goed teenoor die norm van ongeveer 90 mm. Die lense het baie goeie bedekkings wat skoonmaak vergemaklik, die aanpakking van stof en water verminder, en natuurlik weerkaatsing minimaliseer. Alles dui op 'n baie goeie teleskoop.

Persoonlik hou ek baie van die 4A kruishaar met verligte losstaande rooi kolletjie. Die dikte van die kruishaar, grootte van die kolletjie en intensiteitverstelling is vir my net reg.

As Niel of enigiemand anders wat 'n soortgelyke teleskoop gebruik wil kommentaar lewer, sal ek dit beslis waardeer.

Groete

Jan
Niel Viljoen
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Wed May 05, 2010 9:21 pm

Re: Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post by Niel Viljoen »

Klipspringer

Het ook al gewonder hoekom hier so min manne is wat hierdie scope gebruik.

Die Elite 6500 is volgens my n uitstekende scope, kom al so klompie jare met hom aan en ek kan regtig nie kla. Dag of nag sy glase is uitstekend en helderheid is ongelooflik. Selfs in n rooilig staan die scope nogal bietjie uit en identifisering in die nag is geensins n probleem.

Die bedekkings laag wat Bushnell op die glase sit vir vog doeleindes is nogal n groot pluspunt vir koue winternagte en dit werk !! Persoonlik hou ek nie van verligte kruishaar nie my ondervinding was dat my oog na week of wat se nagskiet begin moeg raak het en indien teiken in die nag 350m en verder was het skootplasing n probleem begin raak met die verligte kruishaar. Vir my is die Bushnell se glase goed genoeg sonder verligting op die kruishare.

Ek skiet die 2.5 *16 *50 en hy werk vir my!!

Groete
Niel

NS: Muishond ek het jou ge PM
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 (Illum. 4A)

Post by klipspringer »

Dankie Niel, ek waardeer.

Dit lyk of hierdie teleskoop vir baie aanwendings, insluitende nagjag, beslis in ag geneem moet word.

Laaste vraag: Gebruik jy die Multi-X of Mil-Dot kruishaar?

Groete

Jan
Post Reply