Page 1 of 1
Nuwe lid
Posted: Tue Aug 23, 2022 12:22 pm
by Monas
Hi my naam is Morne van Krugersdorp, dankie dat ek op groep kan gesels en ek doen maar die gewoone papgooi deel van visvang en hoop om so bietjie meer wys te word op groep en dalk so 1 of 2 vrae ook te kan antwoord

Re: Nuwe lid
Posted: Tue Aug 23, 2022 6:04 pm
by Heinz Petersen
Welkom. Ek weet nie van papgooi nie. Doen die rooiaas een.
Re: Nuwe lid
Posted: Tue Aug 23, 2022 6:22 pm
by Lategan1
Hierdie is ‘n jakkalsskiet forum. Dooie tarentaal of rooikat is die aas.
Welkom, lees, leer en deel saam.
Beste.
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Aug 24, 2022 8:51 am
by Skietstoel
Hier praat die manne van loodgooi maar hier is so hier en daar n papgooier tussen ons

Welkom by die forum!
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Aug 24, 2022 9:56 am
by tripodmvr
Welkom. Jag en spekskiet is die norm.
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Aug 24, 2022 10:17 am
by Capt. Yoda
Heinz Petersen wrote: Tue Aug 23, 2022 6:04 pm
Welkom. Ek weet nie van papgooi nie. Doen die rooiaas een.
Oom Heinz het my laas vertel sy geheim is kerrie deeg en blou trein mielies da van die strand af.
Mieliebom maak hy somer self en dip hom met n lekker FX sous op, net die ding vir kabeljou